49 |
Nou wil ek graag weet: Sal julle lojaal en getrou wees aan my meester, of nie? Sê vir my ja of nee sodat ek kan weet wat my te doen staan.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
49 |
En nou, as julle goed wil wees vir my eienaar, sê dit vir my. Of as julle nie wil nie, sê dit ook vir my, sodat ek kan weet wat ek moet doen.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
49 |
“As u vandag my meester eer en liefhet, moet u dit asseblief vir my sê. As u nie so dink nie, moet u dit ook asseblief vir my sê.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
49 |
“As u nou u verantwoordelikheid as familie teenoor my eienaar wil nakom, sê my dan. As u weier, sê my dit sodat ek kan omdraai, waarheen ook al.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
49 |
As julle dan nou guns en trou aan my heer wil bewys, sê dit vir my; en so nie, sê dit vir my, dat ek regs of links kan gaan. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|