43 |
Hier staan ek nou by die fontein. Ek sal vir ’n meisie wat kom water haal, vra: ‘Gee my asseblief water om te drink!’ |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
43 |
Ek is nou hier by die fontein en ek sal vir die meisie wat water kom skep, sê: “Laat my asseblief 'n bietjie water uit jou waterkruik drink.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
43 |
Here, ek gaan hier by die fontein bly staan en as hier ’n jongmeisie aankom, gaan ek haar vra om vir my water uit haar kruik te gooi. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
43 |
Hier staan ek by die fontein waar 'n jongmeisie van die stad sal kom water skep. Ek sal vir haar vra om my 'n bietjie water uit haar kruik te laat drink, |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
43 |
ek staan hier by die fontein laat dit nou tog gebeur: die jongmeisie wat uitkom om te skep en aan wie ek sal sê: Laat my tog 'n bietjie water uit jou kruik drink -- |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|