A A A A A
Genese 24
39
“‘Maar sê nou ek kan nie ’n meisie kry wat bereid is om saam met my terug te gaan nie?’ het ek gevra.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

39
Ek het vir my eienaar gesê: ‘Maar miskien sal die vrou nie saam met my wil kom nie.’
Afrikaanse Bybel ABA 2007

39
Ek was bang en het geantwoord: ‘Sê nou sy wil nie saamkom nie? Wat dan?’
Afrikaanse Bybel DB 2006

39
Ek het vir my eienaar gesê: ‘Dalk sal die vrou nie saam met my wil kom nie,’
Afrikaanse Bybel 1983

39
Toe het ek aan my heer gesê: Miskien sal die vrou my nie volg nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953