37 |
Hy het my met ’n eed laat belowe dat ek nie sou toelaat dat Isak met een van die Kanaänitiese meisies trou waar hy woon nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
37 |
Maar my eienaar het vir my gesê: ‘Ek woon in die land van die Kanaäniete, maar ek wil nie hê my seun moet met een van hulle dogters trou nie.’ “Ek moes dit belowe. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
37 |
My meneer het my toe met ’n eed laat belowe dat ek nooit vir Isak ’n jongmeisie in Kanaän waar ons bly, sal gaan soek nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
37 |
My eienaar het my 'n eed laat aflê toe hy vir my gesê het: ‘Jy mag nie my seun laat trou met 'n dogter van die Kanaäniete in wie se land ek woon nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
37 |
En my heer het my laat sweer en gesê: Jy moet vir my seun geen vrou neem uit die dogters van die Kanaäniete in wie se land ek woon nie; |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|