27 |
“Aan die Here, die God van my meester Abraham, kom toe die lof,” sê hy. “Die Here was goed vir my en getrou aan Abraham, want hy het my reguit na my meester se bloedverwante toe gelei.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
27 |
en gesê: “Ek prys U, Here, God van my eienaar Abraham. U was goed vir my eienaar en U het gedoen wat U belowe het. U het my gelei na my eienaar se broer toe.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
27 |
“Loof die Here, die God van my eienaar Abraham, want Hy is getrou. Prys Hom, want Hy het gedoen wat Hy belowe het. Maak sy Naam groot, want Hy het my sommer reguit na meneer Abraham se mense toe gelei.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
27 |
“Aan die Here die God van Abraham wie se slaaf ek is, kom die lof toe! Die Here het nie sy troue liefde van my eienaar weerhou nie en vir my het die Here reguit gelei na die huis van my eienaar se broer toe.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
27 |
met die woorde: Geloofd sy die HERE, die God van Abraham, my heer, wat sy goedertierenheid en sy trou aan my heer nie onttrek het nie. Wat my aangaan, die HERE het my op die weg gelei na die huis van die broers van my heer. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|