A A A A A
Genese 24
23
“Wie se dogter is jy?” vra hy. “Het jou pa dalk plek waar ons vannag kan slaap?”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

23
Hy vra toe: “Wie se dogter is jy? Sê asseblief vir my, is daar slaapplek vir ons in jou pa se huis?”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

23
Daarna het hy haar gevra: “Wie is jou pa? Is daar dalk plek in sy huis vir my en my mense om te oornag?”
Afrikaanse Bybel DB 2006

23
en hy vra: “Wie se dogter is jy? Sê my tog, is daar in jou pa se huis plek vir ons om te oornag?”
Afrikaanse Bybel 1983

23
En hy sê: Wie se dogter is jy? Vertel my tog. Is daar plek vir ons in die huis van jou vader om te vernag?
Afrikaanse Bybel 1933/1953