15 |
Hy was nog besig om te bid toe ’n meisie met die naam Rebekka daar aankom met ’n waterkruik op haar skouer. Haar pa se naam was Betuel, die seun van Abraham se broer Nahor en sy vrou Milka. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
15 |
Hy was besig om dit te sê, toe kom Rebekka daar. Sy het haar waterkruik op haar skouer gedra. Sy was die dogter van Betuel, en Betuel was die seun van Abraham se broer Nahor en sy vrou Milka. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
15 |
Voordat hy nog klaar gebid het, het Rebekka met ’n waterkruik op haar skouer daar aangekom. Sy was die dogter van Betuel. En Betuel was die seun van Abraham se broer Nahor en sy vrou, Milka. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
15 |
Voor hy nog klaar gebid het, kom Rebekka met die waterkruik op haar skouer daar aan. Sy was die dogter van Betuel, seun van Milka die vrou van Nahor, Abraham se broer. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
15 |
Hy het nog nie klaar gespreek nie, of daar kom Rebekka uit wat vir B,tuel, die seun van Milka, die vrou van Nahor, Abraham se broer, gebore is, met haar kruik op haar skouer. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|