A A A A A
Genese 22
5
“Bly ’n bietjie hier by die donkie,” sê Abraham vir die slawe. “Ek en die seun sal ’n entjie verder gaan. Ons sal daar aanbid en dan terugkom.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

5
Toe sê Abraham vir sy slawe: “Bly hier by die donkie. Ek en my seun gaan daarnatoe. As ons klaar die Here aanbid het, dan sal ons terugkom na julle toe.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

5
Toe het hy vir sy werkers gesê: “Bly julle hier. Pas die donkie en al ons goed mooi op. Ek en die seun gaan net daar anderkant offer en as ons klaar is, kom ons terug.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

5
Toe sê hy vir sy slawe: “Wag hier met die donkie. Ek en die seun gaan daar aanbid, dan kom ons terug na julle toe.”
Afrikaanse Bybel 1983

5
En Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun wil daarheen gaan om te aanbid en dan na julle terugkom.
Afrikaanse Bybel 1933/1953