A A A A A
Genese 22
2
God sê vir hom: “Neem jou seun, jou enigste seun, ja, vir Isak wat jy so liefhet, en gaan na die land Moria. Offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal wys.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

2
Toe sê God: “Neem jou seun, jou enigste seun vir wie jy lief is, neem vir Isak en gaan na Moria-land. Jy moet jou seun daar vir My offer. Hy moet die brand-offer wees. Jy moet hom offer op een van die berge wat Ek vir jou sal wys.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

2
God het toe vir hom gesê: “Vat jou seun Isak, die een vir wie jy baie lief is, en gaan na die land Moria toe. Daar moet jy hom op een van die hoë plekke op een van die berge as ’n brandoffer gaan offer. Ek sal jou daar wys waar jy hom moet offer.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

2
God het vir hom gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer daar op een van die berge wat Ek vir jou sal aanwys.”
Afrikaanse Bybel 1983

2
Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Mor¡a en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.
Afrikaanse Bybel 1933/1953