17 |
dat Ek jou oorvloedig sal seën. Ek sal jou nageslag vermenigvuldig tot ’n ontelbare menigte, soos die sterre aan die hemel en die sand aan die see en hulle sal hulle vyande oorwin. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
17 |
dat Ek jou baie sal seën. Ek sal jou nageslag baie maak, so baie soos die sterre in die lug en so baie soos die sand langs die see. Jou nageslag sal hulle vyande se stede oorwin. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
17 |
dat Ek jou sal seën. Jou kinders sal so baie wees soos die sterre in die hemel en die sand van die see. Jou kinders sal ook nog eendag hulle vyande se sterk stede oorneem. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
17 |
*** |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
17 |
dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|