A A A A A
Genese 22
13
Abraham kyk op en sien ’n ram wat met sy horings in ’n bos vassit. Hy neem die ram en offer dit as brandoffer op die altaar in die plek van sy seun.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
Toe Abraham rondkyk, sien hy 'n skaap-ram. Die ram se horings was vas in 'n bos. Abraham het gegaan en hy het die ram gevat en hy het die ram in sy seun se plek ge-offer.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
Net toe Abraham opkyk, hoor hy ’n geritsel tussen die takke. Dit was ’n ram waarvan die horings in die digte takke vasgehaak het. Hy het nader gestap, die ram geslag en dit as ’n brandoffer op die altaar geoffer. So is die ram toe in Isak se plek geslag.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
Toe Abraham weer kyk, sien hy agter hom 'n skaapram wat aan sy horings in 'n bos vasgevang is. Hy het die ram gaan vat en hom in die plek van sy seun as brandoffer geoffer.
Afrikaanse Bybel 1983

13
En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens 'n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.
Afrikaanse Bybel 1933/1953