A A A A A

Bybel in een jaar


Julie 9


2 Kronieke 13:1-22
1. In die agttiende jaar van koning Jerobeam het Ab¡a oor Juda koning geword.
2. Drie jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Mig ja, die dogter van Uriël uit G¡bea. En daar was oorlog tussen Ab¡a en Jerobeam.
3. En Ab¡a het die oorlog begin met 'n leër van dapper krygsmanne, vier honderd duisend jong manskappe; en Jerobeam het hom in slagorde teen hom opgestel met agt honderd duisend jong manskappe, dapper helde.
4. Toe gaan Ab¡a bo-op die berg Semar im staan wat in die gebergte van Efraim is, en sê: Luister na my, Jerobeam en die hele Israel!
5. Behoort julle nie te weet dat die HERE, die God van Israel, die koningskap oor Israel aan Dawid vir ewig gegee het, aan hom en sy seuns as 'n soutverbond nie?
6. Maar Jerobeam, die seun van Nebat, die dienaar van Salomo, die seun van Dawid, het opgestaan en teen sy heer gerebelleer.
7. En ligsinnige manne, deugniete, het by hom vergader en hulle versit teen Reh beam, die seun van Salomo; en Reh beam was jonk en week van hart, sodat hy hulle geen teëstand kon bied nie.
8. En nou dink julle om teëstand te bied aan die koningskap van die HERE in die hand van die seuns van Dawid, omdat julle 'n groot menigte is en daar goue kalwers by julle is wat Jerobeam vir julle as gode gemaak het.
9. Het julle nie die priesters van die HERE, die seuns van A„ron, en die Leviete verdrywe en vir julle priesters gemaak soos die volke van die lande nie? Elkeen wat kom met 'n jong bul en sewe ramme om hom te laat aanstel, die het priester geword van die wat geen gode is nie.
10. Maar ons -- die HERE is onse God, en ons het Hom nie verlaat nie; en as priesters dien die seuns van A„ron die HERE, en die Leviete is in die dienswerk.
11. En hulle steek brandoffers vir die HERE aan die brand, elke môre en elke aand, en reukwerk van speserye, en hulle sorg vir die toonbrode op die rein tafel en vir die goue kandelaar met sy lampe, om dit elke aand op te steek; want ons onderhou die ordening van die HERE onse God, maar julle het Hom verlaat.
12. En kyk, by ons is God aan die hoof en sy priesters met die alarmtrompette om teen julle alarm te blaas. Kinders van Israel, voer tog nie oorlog teen die HERE, die God van julle vaders nie, want julle sal nie voorspoedig wees nie.
13. Maar Jerobeam het die hinderlaag laat omtrek om hulle van agter by te kom, sodat hulle voor Juda was en die hinderlaag agter hulle.
14. En toe Juda omdraai, was die geveg meteens voor en agter hulle; en hulle het die HERE aangeroep, terwyl die priesters op die trompette blaas.
15. Daarop hef die manskappe van Juda 'n krygsgeskreeu aan; en toe die manskappe van Juda die krygsgeskreeu aanhef, het God Jerobeam en die hele Israel voor Ab¡a en Juda verslaan.
16. En die kinders van Israel het gevlug vir Juda, en God het hulle in hul hand gegee.
17. En Ab¡a met sy manskappe het 'n groot slag onder hulle geslaan, sodat van Israel vyf honderd duisend jong manskappe as gesneuweldes geval het.
18. En die kinders van Israel is in die tyd verneder, maar die kinders van Juda het sterk geword, omdat hulle op die HERE, die God van hulle vaders, gesteun het.
19. En Ab¡a het Jerobeam agternagejaag en stede van hom afgeneem: Bet-el met sy onderhorige plekke, en Jes na met sy onderhorige plekke, en Efron met sy onderhorige plekke.
20. En Jerobeam het geen krag meer behou in die dae van Ab¡a nie, en die HERE het hom swaar getref, sodat hy gesterf het.
21. Maar Ab¡a het hom versterk; en hy het vir hom veertien vroue geneem en die vader van twee en twintig seuns en sestien dogters geword.
22. En die verdere geskiedenis van Ab¡a, sy weë en sy woorde, is beskrywe in die Uitleg van die profeet Iddo.

2 Kronieke 14:1-15
1. En Ab¡a het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid, en sy seun Asa het in sy plek koning geword. In sy dae het die land tien jaar gerus.
2. En Asa het gedoen wat goed en reg was in die oë van die HERE sy God:
3. hy het die vreemde altare en die hoogtes verwyder en die klippilare stukkend gebreek en die heilige boomstamme omgekap
4. en aan Juda gesê om die HERE, die God van hulle vaders, te soek en om die wet en die gebod te doen.
5. Ook het hy uit al die stede van Juda die hoogtes en die sonpilare verwyder, en die koninkryk het gerus onder hom.
6. Verder het hy versterkte stede gebou in Juda, want die land was rustig; en daar was geen oorlog teen hom in daardie jare nie, omdat die HERE hom rus verskaf het.
7. Daarom het hy aan Juda gesê: Laat ons hierdie stede opbou en met 'n muur omring en met torings, poorte en grendels, terwyl die land nog vry voor ons lê; want ons het die HERE onse God gesoek -- ons het gesoek, en Hy het ons rus verskaf rondom. Hulle het toe gebou en was voorspoedig.
8. En Asa het 'n leër gehad wat skild en spies dra: uit Juda drie honderd duisend man, en uit Benjamin, wat die skild dra en die boog span, twee honderd en tagtig duisend; hulle was almal dapper helde.
9. En Serag, die Kusiet, het teen hulle uitgetrek met 'n leër van 'n miljoen met drie honderd strydwaens; en hy het gekom tot by Mar,sa.
10. Toe trek Asa uit hom tegemoet, en hulle het die slagorde opgestel in die dal Sef ta by Mar,sa.
11. En Asa het die HERE sy God aangeroep en gesê: HERE, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, HERE onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; HERE, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie.
12. En die HERE het die Kusiete voor Asa en Juda verslaan, en die Kusiete het gevlug.
13. En Asa en die manskappe wat by hom was, het hulle agtervolg tot by Gerar; en van die Kusiete het soveel geval, dat daar vir hulle geen herstel moontlik was nie; want hulle was gebreek voor die aangesig van die HERE en voor sy leër. En hulle het 'n baie groot buit geneem;
14. en al die stede rondom Gerar oorweldig; want die skrik vir die HERE was op hulle. En hulle het al die stede geplunder, want daar was 'n groot buit in.
15. Hulle het ook die tente met die vee oorweldig en kleinvee in menigte en kamele weggevoer. Daarna het hulle na Jerusalem teruggekeer.

Psalms 81:1-5
1. Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Asaf.
2.
3. Hef aan 'n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp.
4. Blaas die basuin op nuwemaan, op volmaan vir ons feesdag.
5. Want dit is 'n insetting vir Israel, 'n verordening van die God van Jakob.

Spreuke 20:22-23
22. Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! Wag op die HERE, dat Hy jou help.
23. Twee soorte gewig is vir die HERE 'n gruwel, en 'n valse weegskaal is nie goed nie.

Handelinge 15:22-41
22. Toe het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antioch¡ë te stuur saam met Paulus en B rnabas, naamlik Judas, met die bynaam van B rsabas, en Silas, manne wat voorgangers onder die broeders was.
23. En hulle het deur hul bemiddeling d¡t geskrywe: Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antioch¡ë en S¡rië en Cil¡cië: Groete!
24. Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou,
25. het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde B rnabas en Paulus --
26. manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus.
27. Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling dieselfde berig te bring.
28. Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:
29. dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!
30. So is hulle dan weggestuur en het in Antioch¡ë gekom, en hulle het die menigte bymekaargeroep en die brief afgelewer.
31. En toe hulle dit gelees het, was hulle bly oor die bemoediging.
32. En Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broeders met baie woorde bemoedig en versterk.
33. En nadat hulle 'n tyd daar deurgebring het, het die broeders hulle met vrede na die apostels laat gaan.
34. Maar Silas het besluit om daar te bly.
35. En Paulus en B rnabas het in Antioch¡ë gebly en, saam met nog baie ander, onderrig gegee en die blye boodskap van die woord van die Here verkondig.
36. En 'n paar dae daarna het Paulus vir B rnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoek in al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan.
37. En B rnabas wou Johannes, wat Markus genoem word, saamneem.
38. Maar Paulus het dit nie reg geag om hom saam te neem wat van Pamf¡lië af hulle verlaat het en nie saam met hulle na die werk gegaan het nie.
39. Daar het toe 'n verbittering ontstaan, sodat hulle van mekaar geskei het; en B rnabas het Markus saamgeneem en na Ciprus uitgeseil.
40. Maar Paulus het Silas gekies en afgereis nadat hy deur die broeders aan die genade van God opgedra was.
41. En hy het S¡rië en Cil¡cië deurgegaan en die gemeentes versterk.