A A A A A

Biblija u jednoj godini


Srpanj 22


Esra 5:1-17
1. Maar H ggai, die profeet, en Sagar¡a, die seun van Iddo, die profete, het vir die Jode wat in Juda en Jerusalem was, geprofeteer in die Naam van die God van Israel wat oor hulle was.
2. Toe het Serubb bel, die seun van Se ltiël, en J,sua, die seun van Josadak, klaargemaak, en hulle het begin om die huis van God wat in Jerusalem was, te bou, en saam met hulle was die profete van God wat hulle ondersteun het.
3. In die tyd het Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, en Setar-Bosenai en hulle partygenote na hulle gekom en so aan hulle gesê: Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur te voltooi?
4. So het ons dan vir hulle gesê wat die name was van die manne wat hierdie gebou oprig.
5. Maar die oog van hulle God was oor die oudstes van die Jode, sodat hulle hul nie verhinder het nie, totdat die berig voor Dar¡us sou kom, en dan daaroor 'n brief teruggebring sou word.
6. 'n Afskrif van die brief wat Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, en Setar-Bosenai en sy partygenote, die Afarsega‹ete wat wes van die Eufraat was, aan koning Dar¡us gestuur het.
7. Hulle het aan hom 'n berig gestuur, en so was daarin geskrywe: Aan koning Dar¡us -- alle heil!
8. Aan die koning word bekend gemaak dat ons na die provinsie Juda, na die huis van die grote God, gegaan het; en dit word van groot klippe gebou, en hout word teen die mure gelê, en daardie werk word sorgvuldig gedoen en vorder goed onder hulle hande.
9. Toe het ons daardie oudstes gevra; so het ons aan hulle gesê: Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur te voltooi?
10. Verder het ons vir hulle ook hul name gevra om u bekend te maak, dat ons die name van die manne wat aan hul hoof staan, kan skrywe.
11. En hulle het ons die volgende antwoord gegee en gesê: Ons is knegte van die God van hemel en aarde, en ons bou die huis wat baie jare gelede gebou is, wat 'n groot koning van Israel gebou en voltooi het.
12. Maar omdat ons vaders die God van die hemel vertoorn het, het Hy hulle oorgegee in die hand van Nebukadn,sar, die koning van Babel, die Chaldeër; hy het hierdie huis verwoes en die volk na Babel weggevoer.
13. Maar in die eerste jaar van Kores, die koning van Babel, het koning Kores bevel gegee om hierdie huis van God te bou.
14. En ook die goue en silwervoorwerpe van die huis van God wat Nebukadn,sar uit die tempel in Jerusalem weggevoer en in die tempel van Babel gebring het, dit het koning Kores uit die tempel van Babel uitgehaal, en dit is oorhandig aan een, met die naam van S,sbassar, wat hy as goewerneur aangestel het;
15. en hy het vir hom gesê: Neem hierdie voorwerpe, gaan sit dit in die tempel in Jerusalem, en laat die huis van God gebou word op sy plek.
16. Toe het hierdie S,sbassar gekom, hy het die fondamente van die huis van God in Jerusalem gelê, en van toe af tot nou toe is daar gebou, maar dit is nog nie voltooi nie.
17. As die koning dit nou goedvind, laat dan nagesoek word in die skathuis van die koning daar in Babel, of dit so is dat deur koning Kores bevel gegee is om hierdie huis van God in Jerusalem te bou; en mag die koning sy beslissing hieroor aan ons stuur.

Esra 6:1-22
1. Toe het koning Dar¡us bevel gegee, en hulle het nagesoek in die argief waar hulle in Babel die skatte wegbêre.
2. En in Agm,ta, in die vesting wat in die provinsie M,dië lê, is 'n skrifrol gevind, en so was daarin geskrywe: Oorkonde.
3. In die eerste jaar van koning Kores het koning Kores bevel gegee: Die Godshuis in Jerusalem -- die huis moet gebou word as 'n plek waar hulle offers bring, en sy fondamente moet gelê word; sy hoogte moet sestig el, sy breedte sestig el wees;
4. met drie lae groot klippe en een laag nuwe hout; en die onkoste sal deur die huis van die koning gedra word.
5. En ook die goue en silwervoorwerpe van die huis van God wat Nebukadn,sar uit die tempel in Jerusalem weggevoer en na Babel gebring het, moet hulle teruggee, dat dit in die tempel in Jerusalem op hulle plek kan kom, en jy moet dit in die Godshuis sit.
6. Tattenai, goewerneur wes van die Eufraat, Setar-Bosenai met hulle partygenote, die Afarsega‹ete wes van die Eufraat -- julle moet daar nou ver van af bly.
7. Laat die werk aan daardie Godshuis toe; die goewerneur van die Jode en die oudstes van die Jode mag daardie huis van God op sy plek bou.
8. En deur my word bevel gegee hoe julle met hierdie oudstes van die Jode moet handel om daardie huis van God te bou, naamlik: Uit die inkomste van die koning, uit die belasting van die westelike gebied van die Eufraat moet die onkoste aan daardie manne sorgvuldig vergoed word sonder vertraging.
9. En wat nodig is, jong bulle sowel as ramme en lammers vir brandoffers aan die God van die hemel, koring, sout, wyn en olie moet aan hulle volgens opgawe van die priesters in Jerusalem sonder versuim dag vir dag gelewer word,
10. dat hulle welgevallige offers kan bring aan die God van die hemel en kan bid vir die lewe van die koning en van sy seuns.
11. En deur my word bevel gegee dat van elkeen wat hierdie bevel oortree, 'n balk uit sy huis geruk sal word, en dat hy daaraan opgehang en vasgeslaan sal word, en van sy huis hieroor 'n puinhoop gemaak sal word.
12. En mag God wat sy Naam daar laat woon het, elke koning en volk neerwerp wat sy hand uitsteek om dit te oortree, om naamlik hierdie Godshuis in Jerusalem te verwoes. Ek, Dar¡us, gee bevel; sorgvuldig moet dit uitgevoer word.
13. Toe het Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, Setar-Bosenai en hulle partygenote sorgvuldig net so gehandel soos koning Dar¡us laat weet het.
14. En die oudstes van die Jode het gebou en goed gevorder deur die profetiese werksaamheid van die profeet H ggai en Sagar¡a, die seun van Iddo; en hulle het gebou en voltooi op bevel van die God van Israel en op bevel van Kores en Dar¡us en Artas sta, koning van Persië.
15. En hierdie huis was klaar op die derde dag van die maand Adar; dit was die sesde jaar van die regering van koning Dar¡us.
16. En die kinders van Israel, die priesters en die Leviete en die ander, uit die ballingskap afkomstig, het die inwyding van hierdie huis van God met vreugde gevier.
17. En hulle het geoffer by die inwyding van hierdie huis van God: honderd bulle, twee honderd ramme, vier honderd lammers en twaalf bokke as sondoffer vir die hele Israel volgens die getal van die stamme van Israel.
18. En hulle het die priesters aangestel volgens hulle afdelings en die Leviete volgens hulle afdelings vir die diens van God in Jerusalem, volgens die voorskrif van die boek van Moses.
19. En die ballinge het die pasga gehou op die veertiende van die eerste maand.
20. Want die priesters en die Leviete het hulle soos een man gereinig -- hulle almal was rein -- en die paaslam geslag vir al die ballinge en vir hulle broers, die priesters, en vir hulleself.
21. En die kinders van Israel wat uit die ballingskap teruggekeer het, het dit geëet en elkeen wat hom van die onreinheid van die nasies van die land afgesonder het om saam met hulle die HERE, die God van Israel, te soek.
22. Hulle het ook die fees van die ongesuurde brode met blydskap sewe dae lank gehou; want die HERE het hulle verbly en die hart van die koning van Assirië na hulle omgewend, om hul hande te versterk in die werk aan die huis van God, die God van Israel.

Psalms 87:1-7
1. Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied. Sy grondvesting is op heilige berge.
2. Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.
3. Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela.
4. Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filist,a en Tirus saam met Kus -- hierdie een is daar gebore.
5. En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.
6. Die HERE sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.
7. En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!

Spreuke 21:19-20
19. Dit is beter om in 'n woeste land te woon as by 'n twisgierige vrou en ergernis.
20. 'n Kosbare skat en olie is in die woning van die regverdige, maar 'n dwase mens bring dit deur.

Handelinge 23:1-15
1. En Paulus het die oë op die Raad gehou en gesê: Broeders, ek het met 'n volkome goeie gewete voor God gewandel tot op hierdie dag.
2. Maar die hoëpriester Anan¡as het bevel gegee aan die wat by hom staan, om hom op die mond te slaan.
3. Toe sê Paulus vir hom: God sal u slaan, gewitte muur! U sit tog om my volgens die wet te oordeel, en beveel u in stryd met die wet dat ek geslaan moet word?
4. En die wat daarby staan, sê: Skel jy die hoëpriester van God uit?
5. Daarop sê Paulus: Ek het nie geweet, broeders, dat hy hoëpriester is nie, want daar staan geskrywe: Van 'n owerste van jou volk mag jy nie kwaad spreek nie.
6. En omdat Paulus geweet het dat die een deel uit Sadduseërs en die ander uit Fariseërs bestaan, het hy in die Raad uitgeroep: Broeders, ek is 'n Fariseër, die seun van 'n Fariseër. Oor die hoop en die opstanding van die dode staan ek voor die gereg.
7. En toe hy dit sê, het daar twis ontstaan tussen die Fariseërs en die Sadduseërs, en die menigte het verdeeld geraak.
8. Want die Sadduseërs sê dat daar geen opstanding is nie, ook geen engel of gees nie; maar die Fariseërs bely albei.
9. Toe was daar 'n groot geroep, en die skrifgeleerdes van die party van die Fariseërs het opgestaan en heftig gestry en gesê: Ons vind geen kwaad in hierdie man nie; en as 'n gees met hom gespreek het, of 'n engel, laat ons nie teen God stry nie.
10. En toe daar 'n groot twis ontstaan het en die owerste oor duisend gevrees het dat Paulus deur hulle verskeur sou word, het hy die soldate bevel gegee om te gaan en hom met geweld weg te neem onder hulle uit en in die kamp te bring.
11. En die volgende nag het die Here by hom gestaan en gesê: Hou goeie moed, Paulus, want soos jy aangaande My in Jerusalem kragtig getuig het, so moet jy in Rome ook getuig.
12. En toe dit dag geword het, het sommige van die Jode saamgespan en hulleself vervloek deur te sê dat hulle nie sou eet of drink totdat hulle Paulus doodgemaak het nie.
13. En daar was meer as veertig wat hierdie sameswering gemaak het.
14. Hulle het na die owerpriesters en die ouderlinge gegaan en gesê: Ons het ons met vervloeking verwens om niks te gebruik totdat ons Paulus doodgemaak het nie.
15. Laat dan nou, saam met die Raad, aan die owerste oor duisend weet om hom môre af te bring na u toe, asof u oor sy saak noukeuriger ondersoek wil doen. En ons is gereed om hom uit die weg te ruim voordat hy by u kom.