A A A A A

Bybel in een jaar


Julie 18


2 Kronieke 32:1-33
1. N hierdie dinge en hierdie bewys van getrouheid het S nherib, die koning van Assirië, gekom en Juda binnegedring en die vaste stede beleër en bedoel om hulle vir hom te verower.
2. En toe Jehisk¡a sien dat S nherib kom met die doel om teen Jerusalem te veg,
3. het hy raad gehou met sy owerstes en sy helde, om die fontein-oë buitekant die stad toe te stop; en hulle het hom gehelp:
4. baie mense het byeengekom en al die oë toegestop, ook die spruit wat dwarsdeur die land stroom, met die gedagte: Waarom moet die konings van Assirië kom en baie water vind?
5. En hy het moed geskep en die hele muur opgetrek wat afgebreek was, en daar torings op gebou, ook die ander muur buitekant het hy gebou; en hy het Millo in die stad van Dawid versterk en werpspiese en skilde in menigte laat maak.
6. En hy het krygsowerstes oor die manskappe aangestel en hulle by hom op die plein van die stadspoort byeen laat kom en na hulle hart gespreek en gesê:
7. Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vanweë die koning van Assirië of vanweë die hele menigte wat saam met hom is nie; want by ons is meer as by hom.
8. By hom is 'n vleeslike arm, maar by ons is die HERE onse God om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woorde van Jehisk¡a, die koning van Juda.
9. Hierna het S nherib, die koning van Assirië -- hy self en sy hele ryksmag was saam met hom by Lagis -- sy dienaars na Jerusalem gestuur, na Jehisk¡a, die koning van Juda, en na die hele Juda wat in Jerusalem was, om te sê:
10. So sê S nherib, die koning van Assirië: Waarop vertrou julle, dat julle daar ingesluit bly sit in Jerusalem?
11. Verlei Jehisk¡a julle nie, om julle van honger en dors te laat sterwe deur te sê: Die HERE onse God sal ons red uit die hand van die koning van Assirië?
12. Het dieselfde Jehisk¡a nie sy hoogtes en sy altare verwyder en aan Juda en Jerusalem dit gesê nie: Voor ,,n altaar moet julle jul neerbuig en daarop offerrook laat opgaan?
13. Weet julle nie wat ,k en my vaders aan al die volke van die lande gedoen het nie? Het die gode van die nasies van die lande ooit hulle land uit my hand kon red?
14. Wie was daar onder al die gode van daardie nasies wat my vaders met die banvloek getref het, wat sy volk uit my hand kon red -- dat julle God julle uit my hand sou kan red?
15. Laat Jehisk¡a julle dan nou nie bedrieg en julle nie op so 'n manier verlei nie; en glo hom nie, want geen enkele god van enige nasie of koninkryk het sy volk uit my hand of uit die hand van my vaders kon verlos nie; hoeveel minder sal julle God julle uit my hand kan verlos?
16. Sy dienaars het nog meer teen die HERE God gespreek en teen sy kneg Jehisk¡a.
17. Hy het ook 'n brief geskrywe om die HERE, die God van Israel, te smaad en teen Hom te spreek deur te sê: Soos die gode van die nasies van die lande wat hulle volk uit my hand nie gered het nie, so sal die God van Jehisk¡a sy volk uit my hand nie red nie.
18. En hulle het hardop in die Joodse taal geroep na die manskappe van Jerusalem wat op die muur was, om die bevrees en verskrik te maak, sodat hulle die stad kon inneem.
19. En hulle het oor die God van Jerusalem gespreek soos oor die gode van die volke van die aarde -- 'n maaksel van mensehande.
20. Maar toe koning Jehisk¡a en die profeet Jesaja, die seun van Amos, hieroor gebid en na die hemel geroep het,
21. stuur die HERE 'n engel, en die het al die dapper helde en bevelhebbers en owerstes in die laer van die koning van Assirië verdelg, sodat hy met 'n beskaamde aangesig na sy land teruggegaan het; en toe hy in die huis van sy god kom, het die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met die swaard neergeslaan.
22. En die HERE het Jehisk¡a en die inwoners van Jerusalem verlos uit die hand van S nherib, die koning van Assirië, en uit die hand van almal, en hulle rondom tot rus gebring.
23. En baie het geskenke aan die HERE na Jerusalem gebring en kosbare geskenke aan Jehisk¡a, die koning van Juda, sodat hy daarna in die oë van al die nasies hoog gestaan het.
24. In die dae het Jehisk¡a dodelik siek geword, maar hy het tot die HERE gebid, en Hy het met hom gespreek en hom 'n wonderteken gegee.
25. Maar Jehisk¡a het die weldaad wat aan hom bewys is, nie vergeld nie; want sy hart het hoogmoedig geword. Daarom was daar 'n toorn oor hom en oor Juda en Jerusalem.
26. Maar Jehisk¡a het hom verootmoedig in die hoogmoedigheid van sy hart, hy en die inwoners van Jerusalem, sodat die toorn van die HERE nie oor hulle gekom het in die dae van Jehisk¡a nie.
27. En Jehisk¡a het buitengewoon baie rykdom en eer besit en vir hom skatkamers gemaak vir silwer en goud en edelgesteentes en vir speserye en skilde en allerhande kosbare voorwerpe;
28. ook pakhuise vir die opbrings van koring en mos en olie; en stalle vir allerhande soorte vee en krale vir die troppe vee.
29. Ook het hy vir hom stede aangelê; verder was daar besittings van kleinvee en beeste in menigte, want God het hom baie goed gegee.
30. Dieselfde Jehisk¡a het ook die boonste uitloop van die water van die Gihon toegestop en dit gelei na onder toe, westelik na die stad van Dawid. En Jehisk¡a was voorspoedig in al sy werk.
31. So ook in die geval van die gesante van die vorste van Babel -- wat na hom gestuur het om ondersoek te doen na die wonderteken wat in die land gebeur het -- het God hom net verlaat om hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was.
32. En die verdere geskiedenis van Jehisk¡a en sy vrome dade, kyk, dit is beskrywe in die Gesig van die profeet Jesaja, die seun van Amos, in die Boek van die konings van Juda en Israel.
33. En Jehisk¡a het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe teen die hoogte van die grafte van die seuns van Dawid; en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het hom eer bewys by sy dood; en sy seun Manasse het in sy plek koning geword.

2 Kronieke 33:1-25
1. Manasse was twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf en vyftig jaar in Jerusalem geregeer.
2. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.
3. En hy het die hoogtes weer gebou wat sy vader Jehisk¡a afgebreek het, en altare opgerig vir die Ba„ls en heilige boomstamme gemaak en hom neergebuig voor die hele leër van die hemel en hulle gedien;
4. ook altare gebou in die huis van die HERE waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal my Naam vir ewig wees.
5. En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in altwee die voorhowe van die huis van die HERE.
6. Ook het hy self sy seuns deur die vuur laat deurgaan in die dal van die seun van Hinnom en met goëlery en verklaring van voortekens en towery omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, om Hom te terg.
7. Hy het ook 'n gesnede afgodsbeeld wat hy gemaak het, in die huis van God opgestel waarvan God aan Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek uit al die stamme van Israel verkies het, sal Ek vir ewig my Naam vestig.
8. En Ek sal die voet van Israel nie meer laat wyk van die grond wat Ek vir julle vaders bestem het nie, as hulle net sorgvuldig doen alles wat Ek hulle beveel het volgens die hele wet en die insettinge en verordeninge deur die diens van Moses.
9. Maar Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdelg het.
10. En die HERE het met Manasse en met sy volk gespreek, maar hulle het nie geluister nie.
11. Daarom het die HERE die leërowerstes van die koning van Assirië oor hulle gebring, en die het Manasse met hake gevang en hom met koperkettings geboei en hom na Babel vervoer.
12. Maar in sy benoudheid het hy die aangesig van die HERE sy God om genade gesmeek en hom diep verootmoedig voor die aangesig van die God van sy vaders
13. en tot Hom gebid; en Hy het hom verhoor en na sy smeking geluister en hom na Jerusalem in sy koningskap teruggebring. Toe het Manasse erken dat die HERE God is.
14. En daarna het hy 'n buitemuur vir die stad van Dawid gebou, westelik van die Gihon in die dal tot by die ingang na die Vispoort en dit om die Heuwel getrek en baie hoog gemaak, en leërowerstes in al die versterkte stede in Juda aangestel.
15. En hy het die vreemde gode en die afgodsbeeld uit die huis van die HERE verwyder, ook al die altare wat hy op die berg van die huis van die HERE en in Jerusalem gebou het, en dit buitekant die stad gegooi.
16. En hy het die altaar van die HERE weer opgerig en daar dankoffers en lofoffers op gebring en aan Juda bevel gegee om die HERE, die God van Israel, te dien.
17. Tog het die volk nog op die hoogtes geoffer, maar net aan die HERE hulle God.
18. En die verdere geskiedenis van Manasse en sy gebed tot sy God en die woorde van die sieners wat tot hom gespreek het in die Naam van die HERE, die God van Israel, kyk, dit is in die Geskiedenis van die konings van Israel.
19. En sy gebed en hoe hy verhoor is en al sy sonde en sy ontrou en die plekke waar hy hoogtes gebou en die heilige boomstamme en gesnede beelde opgerig het voor sy verootmoediging, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van Hosai.
20. En Manasse het ontslaap met sy vaders, en hy is in sy huis begrawe; en sy seun Amon het in sy plek koning geword.
21. Amon was twee en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en twee jaar het hy in Jerusalem geregeer.
22. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos sy vader Manasse gedoen het; en aan al die gesnede beelde wat sy vader Manasse gemaak het, het Amon ywerig geoffer en hulle gedien.
23. Maar hy het hom nie verootmoedig voor die aangesig van die HERE soos sy vader Manasse hom verootmoedig het nie; maar hy, Amon, het die skuld vermeerder.
24. En sy dienaars het teen hom saamgesweer en hom in sy huis gedood.
25. Maar die volk van die land het almal doodgeslaan wat teen koning Amon saamgesweer het, en die volk van die land het sy seun Jos¡a in sy plek koning gemaak.

Psalms 85:8-13
8. Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons u heil!
9. Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie!
10. Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon.
11. Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar.
12. Trou spruit uit die aarde en geregtigheid kyk uit die hemel neer.
13. Ook gee die HERE die goeie, en ons land lewer sy opbrings. [ (Psalms 85:14) Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe. ]

Spreuke 21:12-12
12. Die regverdige let op die huis van die goddelose; Hy stort die goddelose in die ongeluk.

Handelinge 20:17-38
17. En van Mil,te het hy gestuur na fese en die ouderlinge van die gemeente laat roep.
18. En toe hulle by hom kom, sê hy vir hulle: Julle weet hoe ek, van die eerste dag af dat ek in Asië aangekom het, die hele tyd by julle gewees het
19. en die Here gedien het met alle nederigheid en baie trane en beproewinge wat oor my gekom het deur die komplotte van die Jode;
20. hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise,
21. terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus.
22. En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie,
23. behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.
24. Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.
25. En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.
26. Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag dat ek rein is van die bloed van almal.
27. Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.
28. Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.
29. Want ek weet dit, dat n my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.
30. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.
31. Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie.
32. En nou, broeders, dra ek julle op aan God en aan die woord van sy genade, wat magtig is om julle op te bou en julle 'n erfdeel te gee onder al die geheiligdes.
33. Niemand se silwer of goud of klere het ek begeer nie;
34. maar julle weet self dat hierdie hande voorsien het in die behoeftes van my en die wat by my was.
35. Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.
36. En n hierdie woorde het hy neergekniel en met hulle almal saam gebid.
37. En daar het 'n groot geween ontstaan van almal, en hulle het Paulus om die hals geval en hom gesoen,
38. veral bedroef oor die woord wat hy gesê het, dat hulle sy aangesig nie meer sou sien nie. En hulle het hom na die skip begelei.