A A A A A

Bybel in een jaar

Junie 6

1 Konings 21:1-29
1. En n hierdie dinge het d¡t gebeur: Nabot, 'n Jisreëliet, het in J¡sreël 'n wingerd gehad, wat langs die paleis van Agab, die koning van Samar¡a, was.
2. En Agab het met Nabot gespreek en gesê: Gee my jou wingerd, dat dit my groentetuin kan word, want dit is naby, langsaan my huis; dan sal ek jou in die plek daarvan 'n wingerd gee wat beter is; of as dit goed is in jou oë, sal ek jou die koopprys daarvan in silwer gee.
3. Maar Nabot het vir Agab gesê: Mag die HERE my daarvoor bewaar dat ek die erfdeel van my vaders aan u sou gee!
4. Toe kom Agab in sy huis, verbitterd en toornig oor die woord wat Nabot, die Jisreëliet, met hom gespreek het, naamlik: Ek mag nie die erfdeel van my vaders aan u gee nie. En hy het op sy bed gaan lê en sy gesig omgedraai en geen brood geëet nie.
5. Daarop kom sy vrou Is,bel by hom en sê vir hom: Waarom is jou gees dan so verbitterd dat jy geen brood eet nie?
6. En hy antwoord haar: Omdat ek met Nabot, die Jisreëliet, gespreek en aan hom gesê het: Gee my jou wingerd vir geld, of as jy wil, sal ek jou 'n wingerd in die plek daarvan gee -- maar hy het gesê: Ek mag my wingerd nie aan u gee nie.
7. Toe sê sy vrou Is,bel vir hom: Oefen jy nou die koningskap oor Israel uit? Staan op, eet brood, en laat jou hart vrolik wees: ek sal jou die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, gee.
8. Daarop het sy briewe in die naam van Agab geskrywe en met sy seël dit verseël en die brief gestuur aan die oudstes en die edeles wat in sy stad was, wat by Nabot gewoon het.
9. En in die briewe het sy dit geskrywe: Roep 'n vasdag uit, en sit Nabot vooraan onder die volk;
10. en sit twee manne, deugniete, teenoor hom, wat teen hom getuig en sê: Jy het God en die koning gevloek! Lei hom dan uit en stenig hom, dat hy sterwe.
11. Die manne van sy stad, die oudstes en die edeles wat in sy stad gewoon het, maak toe soos Is,bel hulle laat weet het, soos geskrywe was in die briewe wat sy aan hulle gestuur het.
12. Hulle het 'n vasdag uitgeroep en Nabot vooraan onder die volk gesit.
13. Toe kom die twee manne, deugniete, en gaan sit teenoor hom; en die deugniete het teen hom, teen Nabot, voor die volk getuig en gesê: Nabot het God en die koning gevloek. Daarop lei hulle hom buitekant die stad uit en stenig hom, sodat hy gesterf het.
14. Daarna laat hulle Is,bel weet: Nabot is gestenig en is dood.
15. Net toe Is,bel hoor dat Nabot gestenig en dood was, sê Is,bel vir Agab: Staan op, neem die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, in besit wat hy geweier het om vir geld aan jou te gee; want Nabot leef nie, maar is dood.
16. Net toe Agab hoor dat Nabot dood was, het Agab opgestaan om na die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, af te gaan om dit in besit te neem.
17. Maar die woord van die HERE het tot El¡a, die Tisbiet, gekom en gesê:
18. Maak jou klaar, gaan af Agab, die koning van Israel, wat in Samar¡a is, tegemoet; kyk, hy is in die wingerd van Nabot, waarheen hy afgegaan het om dit in besit te neem.
19. En jy moet met hom spreek en sê: So sê die HERE: Het jy doodgeslaan en ook in besit geneem? Verder moet jy met hom spreek en sê: So spreek die HERE: Op die plek waar die honde die bloed van Nabot gelek het, sal die honde ook jou eie bloed lek.
20. Daarop sê Agab vir El¡a: Het jy my gekry, my vyand? En hy antwoord: Ek het u gekry, omdat u uself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE!
21. Kyk, Ek gaan onheil bring oor jou en jou skoon wegvee; en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering.
22. En Ek sal jou huis maak soos die huis van Jerobeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Ba,sa, die seun van Ah¡a; weens die geterg waarmee jy My geterg het, en dat jy Israel laat sondig het.
23. En ook oor Is,bel het die HERE gespreek en gesê: Die honde sal Is,bel eet by die voorskans van J¡sreël.
24. Die een wat van Agab in die stad sterwe, hom sal die honde eet, en wie in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet.
25. Waarlik, daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE nie, omdat sy vrou Is,bel hom verlei het.
26. En hy het baie afskuwelik gehandel deur agter die drekgode aan te loop net soos die Amoriete gedoen het wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.
27. En toe Agab hierdie woorde hoor, het hy sy klere geskeur en 'n roukleed om sy lyf gebind en gevas; hy het ook met die roukleed geslaap en stadig rondgeloop.
28. Toe kom die woord van die HERE tot El¡a, die Tisbiet, en sê:
29. Het jy gesien dat Agab hom voor my aangesig verneder het? Omdat hy hom voor my aangesig verneder het, sal Ek die onheil in sy dae nie bring nie; in die dae van sy seun sal Ek die onheil oor sy huis bring.

1 Konings 22:1-53
1. Hulle het toe drie jaar lank stil gesit, dat daar geen oorlog was tussen Aram en Israel nie.
2. Maar in die derde jaar het Josafat, die koning van Juda, afgekom na die koning van Israel.
3. En die koning van Israel vra sy dienaars: Weet julle dat Ramot in G¡lead aan ons behoort? En ons sit stil sonder om dit uit die hand van die koning van Aram te neem!
4. Daarna sê hy vir Josafat: Sal u saam met my in die oorlog trek na Ramot in G¡lead? En Josafat antwoord die koning van Israel: Ek is soos u, my volk soos u volk, my perde soos u perde.
5. Verder het Josafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE.
6. Toe laat die koning van Israel die profete bymekaarkom, omtrent vier honderd man, en hy sê aan hulle: Sal ek teen Ramot in G¡lead trek om te veg of dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
7. Maar Josafat sê: Is hier nie nog 'n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie?
8. En die koning van Israel antwoord Josafat: Daar is nog een man om deur hom die HERE te raadpleeg; maar ,k haat hom, omdat hy oor my niks goeds profeteer nie, maar onheil: Miga, die seun van Jimla. En Josafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!
9. Daarop roep die koning van Israel 'n hofdienaar en sê: Gaan haal Miga gou, die seun van Jimla.
10. Onderwyl die koning van Israel en Josafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, bekleed met koninklike klere, op 'n dorsvloer by die ingang van die poort van Samar¡a, en al die profete voor hulle profeteer,
11. het Sedek¡a, die seun van Kena„na, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek die HERE: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is.
12. En al die profete het so geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in G¡lead en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
13. Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom d¡t: Kyk tog, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord tog wees soos die woord van een van hulle, en spreek goeie dinge.
14. Maar Miga sê: So waar as die HERE leef, voorwaar, wat die HERE vir my sê, dit sal ek spreek!
15. Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in G¡lead trek om te veg, of sal ons dit laat staan? En hy antwoord hom: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
16. En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die HERE tot my moet spreek nie?
17. Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.
18. Toe sê die koning van Israel vir Josafat: Het ek u nie gesê nie -- hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil?
19. Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan, aan sy regter-- en aan sy linkerhand.
20. En die HERE het gesê: Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in G¡lead? En die een het so gesê, en die ander weer so.
21. Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee?
22. En hy sê: Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.
23. En nou, kyk, die HERE het 'n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee, en die HERE het onheil oor u gespreek.
24. Daarop kom Sedek¡a, die seun van Kena„na, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Hoe dan het die Gees van die HERE van my af weggegaan om met jou te spreek?
25. En Miga antwoord: Kyk, jy sal dit sien op dieselfde dag as jy van kamer tot kamer sal gaan om jou weg te steek.
26. Maar die koning van Israel sê: Neem Miga en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by Joas, die seun van die koning.
27. En jy moet sê: So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom.
28. Daarop sê Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het die HERE nie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam!
29. En die koning van Israel en Josafat, die koning van Juda, het opgetrek na Ramot in G¡lead.
30. En die koning van Israel het vir Josafat gesê: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek u maar u eie klere aan. So het die koning van Israel hom dan onkenbaar gemaak en in die geveg gegaan.
31. En die koning van Aram het aan die owerstes van sy twee en dertig strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van Israel alleen.
32. En sodra die owerstes van die waens Josafat sien, sê hulle: Dit is sekerlik die koning van Israel! En hulle het weggeswaai om teen hom te veg; maar Josafat het geskreeu.
33. En toe die owerstes van die waens sien dat dit nie die koning van Israel was nie, draai hulle agter hom weg.
34. Toe het 'n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan sy drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond.
35. En die geveg het die dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs; maar in die aand het hy gesterwe, en die bloed van die wond het in die wa se bak gevloei.
36. En teen sonsondergang gaan 'n geskreeu deur die leër: Elkeen na sy stad en elkeen na sy land toe!
37. En die koning het dood in Samar¡a aangekom, en die koning is in Samar¡a begrawe.
38. En toe hulle die wa uitspoel by die dam van Samar¡a, het die honde sy bloed gelek terwyl die hoere hulle daarin was, volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het.
39. En die verdere geskiedenis van Agab en alles wat hy gedoen het, en die ivoorhuis wat hy gebou het, en al die stede wat hy gebou het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
40. En Agab het ontslaap met sy vaders, en sy seun Ah sia het in sy plek koning geword.
41. En Josafat, die seun van Asa, het koning geword oor Juda in die vierde jaar van Agab, die koning van Israel.
42. Josafat was vyf en dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf en twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Asuba, die dogter van Silhi.
43. En hy het geheel en al in die weg van sy vader Asa gewandel -- daarvan het hy nie afgewyk nie -- deur te doen wat reg was in die oë van die HERE.
44. Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.
45. En Josafat het vrede gesluit met die koning van Israel.
46. En die verdere geskiedenis van Josafat en sy magtige dade wat hy gedoen het, en hoe hy oorlog gevoer het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
47. Ook die skandseuns wat uit die dae van sy vader Asa nog oor was, het hy uit die land uitgeroei.
48. Daar was toe nie 'n koning in Edom nie; 'n plaasvervanger was regeerder.
49. Josafat het Tarsis-skepe gebou om in Ofir goud te gaan haal; maar hulle het nie gegaan nie, want die skepe het in seon-Geber skipbreuk gely.
50. Toe sê Ah sia, die seun van Agab, vir Josafat: Laat my dienaars saam met u dienaars op die skepe gaan. Maar Josafat wou nie.
51. En Josafat het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Joram het koning geword in sy plek.
52. Ah sia, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samar¡a in die sewentiende jaar van Josafat, die koning van Juda, en het twee jaar oor Israel geregeer.
53. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE -- hy het gewandel in die weg van sy vader en in die weg van sy moeder en in die weg van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het. [ (I Kings 22:54) En hy het Ba„l gedien en voor hom neergebuig en die HERE, die God van Israel, geterg, net soos sy vader gedoen het. ]

Psalms 71:1-8
1. By U, o HERE, skuil ek: laat my nie vir altyd beskaamd staan nie!
2. Red my deur u geregtigheid en bevry my; neig u oor tot my en verlos my!
3. Wees vir my 'n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.
4. My God, red my uit die hand van die goddelose, uit die mag van hom wat onreg doen, en van die geweldenaar.
5. Want U is my verwagting, Here HERE, my vertroue van my jeug af.
6. Op U het ek gesteun van die geboorte af, van die moederskoot af is U my bevryder; oor U is my lof altyddeur.
7. Ek was vir baie soos 'n wonder; maar U is my magtige toevlug.
8. My mond is vol van u lof, die hele dag van u roem.

Spreuke 18:3-5
3. As die goddelose kom, kom ook veragting; en saam met die skande, versmading.
4. Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid.
5. Om vir die goddelose partydig te wees, om die regverdige in die gereg weg te stoot, is nie goed nie.

Johannes 15:1-27
1. Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
2. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, die maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
3. Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
4. Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
5. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
6. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
7. As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
8. Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
9. Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.
10. As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
11. Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.
12. Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.
13. Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
14. Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.
15. Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
16. Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
17. Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.
18. As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.
19. As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.
20. Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: 'n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar.
21. Maar al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van my Naam, omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.
22. As Ek nie gekom en met hulle gespreek het nie, sou hulle geen sonde hê nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hul sonde nie.
23. Wie my haat, haat ook my Vader.
24. As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat.
25. Maar die woord wat in hulle wet geskrywe is, moet vervul word: Hulle het My sonder oorsaak gehaat.
26. Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.
27. En julle getuig ook, omdat julle van die begin af met My is.