A A A A A

Bybel in een jaar


Junie 4


1 Konings 17:1-24
1. En El¡a, die Tisbiet, uit Tisbe in G¡lead, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord!
2. Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê:
3. Gaan hiervandaan weg en draai jou na die ooste toe en steek jou weg by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is;
4. en jy moet uit die spruit drink, en Ek het aan die kraaie bevel gegee om jou daar te onderhou.
5. En hy het gegaan en gehandel volgens die woord van die HERE: hy het gaan bly by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is.
6. En die kraaie het vir hom smôre ns brood en vleis gebring, en saans brood en vleis, en hy het uit die spruit gedrink.
7. Maar n verloop van tyd het die spruit opgedroog, want daar was geen reën in die land nie.
8. Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê:
9. Maak jou klaar, gaan na Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan 'n weduwee bevel gegee om jou te onderhou.
10. Daarop het hy hom gereedgemaak en na Sarfat gegaan; en toe hy by die ingang van die stad kom, was 'n weduwee juis besig om daar houtjies bymekaar te maak. En hy roep haar en sê: Gaan haal tog vir my 'n bietjie water in die kan, dat ek kan drink.
11. Terwyl sy loop om dit te gaan haal, roep hy na haar en sê: Bring tog vir my 'n stukkie brood saam.
12. Maar sy antwoord: So waar as die HERE u God leef, ek het nie 'n broodkoek nie, net maar 'n handvol meel in die pot en 'n bietjie olie in die kruik; en hier maak ek nou 'n paar houtjies bymekaar; dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe.
13. En El¡a sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my 'n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jou en jou seun iets klaarmaak.
14. Want so sê die HERE, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die HERE reën op die aarde sal gee.
15. En sy het gegaan en gehandel volgens die woord van El¡a; en sy het geëet -- sy en hy en haar gesin dae lank:
16. die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van El¡a gespreek het.
17. N hierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword; en sy siekte was baie ernstig, totdat daar geen asem meer in hom oorgebly het nie.
18. Toe sê sy vir El¡a: Wat het ek met u te doen, man van God! U het na my gekom om my ongeregtigheid in gedagtenis te bring en my seun dood te maak!
19. Maar hy antwoord haar: Gee jou seun vir my. En hy het hom van haar skoot af geneem en hom opgedra na die bo-kamer waar hy self gewoon het, en hom op sy bed neergelê;
20. en hy het die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, het U selfs oor die weduwee by wie ek as vreemdeling vertoef, 'n onheil gebring deur haar seun te laat sterwe?
21. Daarop het hy hom drie maal uitgestrek oor die kind en die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, laat die siel van hierdie kind tog in hom terugkeer.
22. En die HERE het El¡a verhoor; en die siel van die kind het in hom teruggekeer, sodat hy weer lewendig geword het.
23. Daarop neem El¡a die kind en bring hom af uit die bo-kamer in die huis en gee hom aan sy moeder; en El¡a sê: Kyk, jou seun lewe!
24. En die vrou sê vir El¡a: Nou weet ek dit dat u 'n man van God is en dat die woord van die HERE in u mond waarheid is.

1 Konings 18:1-46
1. En geruime tyd daarna het die woord van die HERE in die derde jaar tot El¡a gekom en gesê: Gaan heen, vertoon jou aan Agab, dan wil Ek reën gee op die aarde.
2. En El¡a het gegaan om hom aan Agab te vertoon. En die hongersnood was swaar in Samar¡a.
3. Toe laat Agab Ob dja, wat oor die paleis was, roep. En Ob dja het die HERE baie gevrees.
4. Want toe Is,bel die profete van die HERE uitgeroei het, het Ob dja honderd profete geneem en hulle vyftig by vyftig man in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou.
5. En Agab het vir Ob dja gesê: Trek deur die land na al die waterfonteine en na al die spruite; miskien sal ons gras kry, sodat ons die perde en muile in die lewe kan hou en van die vee nie hoef uit te roei nie.
6. En hulle het die land onder mekaar verdeel om dit deur te trek: Agab het afsonderlik met een pad getrek, en Ob dja het afsonderlik met 'n ander pad getrek.
7. Terwyl Ob dja op pad was, kom El¡a hom meteens tegemoet; en toe hy hom herken, val hy op sy aangesig en vra: Is dit u, my heer El¡a?
8. En hy sê: Dit is ek; gaan sê aan jou heer: El¡a is daar.
9. Maar hy vra: Wat het ek gesondig, dat u u dienaar oorgee in die hand van Agab om my om die lewe te bring?
10. So waar as die HERE u God leef, daar is geen nasie of koninkryk waar my heer nie heen gestuur het om u te soek nie; en as hulle sê: Hy is nie hier nie -- dan laat hy die koninkryk en die nasie sweer dat hulle u nie kon vind nie.
11. En nou beveel u: Gaan sê aan jou heer: El¡a is daar!
12. As ek nou van u af weggaan en die Gees van die HERE u wegneem -- ek weet nie waarheen nie -- en ek kom om Agab berig te bring en hy vind u nie, dan sal hy my doodmaak; en u dienaar vrees die HERE van sy jeug af.
13. Is dit nie aan my heer meegedeel wat ek gedoen het toe Is,bel die profete van die HERE gedood het nie: dat ek van die profete van die HERE honderd man, vyftig by vyftig, in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou het?
14. En nou beveel u: Gaan sê aan jou heer: El¡a is daar! dat hy my kan doodmaak!
15. Maar El¡a sê: So waar as die HERE van die leërskare leef, voor wie se aangesig ek staan, ek sal my verseker vandag aan hom vertoon!
16. En Ob dja het Agab tegemoetgegaan en hom dit meegedeel; en Agab het El¡a tegemoetgegaan.
17. En net toe Agab El¡a sien, vra Agab vir hom: Is dit jy, jou beroerder van Israel?
18. Toe sê hy: Ek het Israel nie in beroering gebring nie, maar u en u familie, deurdat u die gebooie van die HERE verlaat het en agter die Ba„ls aan geloop het.
19. Stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die berg Karmel, ook die vier honderd en vyftig profete van Ba„l en die vier honderd profete van Asj,ra wat aan die tafel van Is,bel eet.
20. En Agab het gestuur onder al die kinders van Israel en die profete op die berg Karmel bymekaar laat kom.
21. En El¡a het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Ba„l dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.
22. Toe sê El¡a vir die volk: Ek het alleen oorgebly as profeet van die HERE, terwyl die profete van Baäl vier honderd en vyftig is.
23. Maar laat hulle vir ons twee bulle gee; dan kan hulle vir hul een bul uitkies en dit in stukke verdeel en op die hout sit, maar sonder om vuur te maak; en ,k sal die ander bul gereedmaak en op die hout sit, maar ek sal geen vuur maak nie.
24. Roep julle dan die naam van julle god aan, en ,k sal die Naam van die HERE aanroep; en die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed.
25. Verder het El¡a aan die profete van Baäl gesê: Kies vir julle een bul uit en maak dit eerste gereed, want julle is die meeste; en roep die naam van julle god aan, maar julle mag geen vuur maak nie.
26. En hulle het die bul wat hy hulle gegee het, geneem en dit gereedgemaak en die naam van Ba„l van die môre tot die middag aangeroep en gesê: o Ba„l, gee ons antwoord! Maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. En hulle het rondgespring by die altaar wat hulle gemaak het.
27. En toe dit middag was, het El¡a met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos 'n god! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word.
28. En hulle het hard geroep en hulleself volgens hul gebruik met swaarde en spiese stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het.
29. En toe die middag verby was, het hulle begin raas tot op die tyd dat die spysoffer gebring word; maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie, en geen opmerksaamheid nie.
30. Toe sê El¡a vir die hele volk: Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van die HERE herstel wat afgebreek was.
31. Daarop neem El¡a twaalf klippe volgens die getal van die stamme van Jakob se kinders tot wie die woord van die HERE gekom het om te sê: Israel sal jou naam wees --
32. en hy bou met die klippe 'n altaar in die Naam van die HERE. Daarna het hy 'n sloot gemaak rondom die altaar, 'n ruimte vir omtrent twee mate saad,
33. en die hout gerangskik en die bul in stukke verdeel en bo-op die hout gelê.
34. Toe sê hy: Maak vier kruike vol water en giet dit op die brandoffer en op die hout. En hy sê: Doen dit vir die tweede maal. En hulle het dit vir die tweede maal gedoen. En hy sê: Doen dit vir die derde maal. En hulle het dit vir die derde maal gedoen,
35. sodat die water rondom die altaar geloop het; en ook die sloot het hy vol water gemaak.
36. En op die tyd dat hulle die spysoffer bring, het die profeet El¡a nader gekom en gesê: HERE, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit vandag bekend word dat U God in Israel is, en ek u kneg, en dat ek al hierdie dinge op u woord gedoen het.
37. Antwoord my, HERE, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, HERE, God is, en dat U hulle hart tot U laat terugkeer.
38. Daarop het die vuur van die HERE neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek.
39. En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die HERE, Hy is God, die HERE, Hy is God!
40. Maar El¡a sê vir hulle: Gryp die profete van Ba„l! Laat niemand van hulle vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en El¡a het hulle afgebring na die spruit Kison en hulle daar geslag.
41. Toe sê El¡a vir Agab: Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën!
42. En Agab het opgetrek om te eet en te drink; maar El¡a het op die top van die Karmel geklim en hom op die grond neergebuig en sy aangesig tussen sy knieë gesteek.
43. Daarop sê hy vir sy dienaar: Klim tog op, kyk uit na die see. En hy het opgeklim en uitgekyk en geroep: Daar is niks nie. Toe sê hy: Gaan weer -- sewe maal.
44. En die sewende maal roep hy: Daar gaan 'n wolkie soos 'n man se hand op uit die see. Toe sê hy: Gaan op, sê vir Agab: Span in en trek af, dat die reën jou nie terughou nie.
45. En in 'n oogwink was die hemel swart van wolke en wind, en 'n groot reën het gekom; en Agab het op die wa geklim en weggetrek na J¡sreël;
46. maar die hand van die HERE was oor El¡a, sodat hy sy heupe omgord en voor Agab uit geloop het in die rigting na J¡sreël.

Psalms 69:29-36
29. Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie.
30. Maar ek is ellendig en in pyn: laat u hulp, o God, my beskerm!
31. Ek wil die Naam van God prys met 'n lied en Hom groot maak met danksegging;
32. en dit sal die HERE welgevalliger wees as beeste, as stiere wat horings en gesplitste kloue het.
33. As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na God soek, laat julle hart lewe!
34. Want die HERE luister na die behoeftiges en verag sy gevangenes nie.
35. Laat hemel en aarde Hom prys, die see en alles wat daarin roer.
36. Want God sal Sion verlos en die stede van Juda bou; en daar sal hulle woon en dit besit. [ (Psalms 69:37) En die nageslag van sy knegte sal dit beërwe, en die liefhebbers van sy Naam sal daarin woon. ]

Spreuke 17:27-28
27. Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand.
28. Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.

Johannes 13:21-38
21. Toe Jesus dit gesê het, het Hy in sy gees ontsteld geword en getuig en gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.
22. En die dissipels het na mekaar begin kyk, in twyfel omtrent die een van wie Hy dit sê.
23. En een van sy dissipels, hy vir wie Jesus liefgehad het, het aan tafel teen die bors van Jesus gelê.
24. Simon Petrus knik toe vir hom dat hy moet vra wie dit kon wees van wie Hy spreek.
25. En hy val op die bors van Jesus en sê vir Hom: Here, wie is dit?
26. Jesus antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Judas Isk riot, die seun van Simon.
27. En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Jesus sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.
28. Maar waarom Hy dit vir hom gesê het, het niemand van die wat aan tafel was, verstaan nie.
29. Want sommige het gedink, terwyl Judas die beurs gehad het, dat Jesus vir hom sê: Koop wat ons nodig het vir die fees; of dat hy iets aan die armes moes gee.
30. Toe hy dan die stukkie geneem het, het hy dadelik uitgegaan. En dit was nag.
31. En toe hy buite was, sê Jesus: Nou is die Seun van die mens verheerlik, en God is in Hom verheerlik.
32. As God in Hom verheerlik is, sal God Hom ook in Homself verheerlik en Hy sal Hom dadelik verheerlik.
33. My kinders, nog 'n klein tydjie is Ek by julle. Julle sal My soek, en soos Ek vir die Jode gesê het: Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie -- so sê Ek nou ook vir julle.
34. 'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.
35. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
36. Simon Petrus sê vir Hom: Here, waar gaan U heen? Jesus antwoord hom: Waar Ek heengaan, kan jy My nou nie volg nie, maar later sal jy My volg.
37. Petrus sê vir Hom: Here, waarom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U gee.
38. Jesus antwoord hom: Sal jy jou lewe vir My gee? Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, die haan sal sekerlik nie kraai voordat jy My drie maal verloën het nie.