A A A A A

Bybel in een jaar


Junie 13


2 Konings 14:1-29
1. In die tweede jaar van Joas, die seun van Joahas, die koning van Israel, het Am sia, die seun van Joas, die koning van Juda, koning geword.
2. Vyf en twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het; en nege en twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jo ddan van Jerusalem.
3. En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, hoewel nie soos sy vader Dawid nie; net soos sy vader Joas gedoen het, het hy gedoen.
4. Net die hoogtes is nie afgeskaf nie: die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.
5. En sodra die koningskap in sy hand bevestig was, het hy sy dienaars, die moordenaars van sy vader, die koning, omgebring.
6. Maar die kinders van die moordenaars het hy nie laat doodmaak nie, soos geskrywe is in die wetboek van Moses, waar die HERE dit beveel het: Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; maar elkeen moet vir sy eie sonde sterwe.
7. Hy het die Edomiete in die Soutdal verslaan, tien duisend man, en Sela in die oorlog verower en dit Jokteël genoem, tot vandag toe.
8. Toe stuur Am sia boodskappers na Joas, die seun van Joahas, die seun van Jehu, die koning van Israel, om te sê: Kom, laat ons mekaar se aangesig sien.
9. Maar Joas, die koning van Israel, het Am sia, die koning van Juda, d¡t laat weet: Die distel wat op die L¡banon is, het die seder wat op die L¡banon is, laat weet: Gee jou dogter aan my seun as vrou! Maar die diere van die veld wat op die L¡banon is, het verbygegaan en die distel vertrap.
10. U het inderdaad die Edomiete verslaan, daarom is u hart hoogmoedig; geniet die eer en bly tuis. Waarom wil u u tog in die ongeluk stort, dat u sou val, u en Juda saam met u?
11. Maar Am sia het nie geluister nie. Toe trek Joas, die koning van Israel, op; en hy en Am sia, die koning van Juda, het mekaar se aangesig gesien by Bet-Semes wat aan Juda behoort.
12. En Juda is voor Israel verslaan, en hulle het gevlug elkeen na sy tente toe.
13. En Joas, die koning van Israel, het Am sia, die koning van Juda, die seun van Joas, die seun van Ah sia, by Bet-Semes gevang; en hy het in Jerusalem gekom en vier honderd el van die muur van Jerusalem afgebreek, van die Efraimspoort af tot by die Hoekpoort.
14. En hy het al die goud en die silwer geneem, en al die voorwerpe wat in die huis van die HERE en in die skatkamers van die huis van die koning te vinde was, en ook die gyselaars, en omgedraai na Samar¡a.
15. En die verdere geskiedenis van Joas, wat hy gedoen het, en sy magtige dade en hoe hy teen Am sia, die koning van Juda, geveg het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
16. En Joas het ontslaap met sy vaders en is begrawe in Samar¡a by die konings van Israel; en sy seun Jerobeam het in sy plek koning geword.
17. En Am sia, die seun van Joas, die koning van Juda, het n die dood van Joas, die seun van Joahas, die koning van Israel, vyftien jaar gelewe.
18. En die verdere geskiedenis van Am sia, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
19. En hulle het 'n sameswering in Jerusalem teen hom gesmee, sodat hy na Lagis gevlug het; maar hulle het agter hom aan gestuur na Lagis en hom daar gedood.
20. En hulle het hom op perde vervoer, en hy is begrawe in Jerusalem by sy vaders in die stad van Dawid.
21. En die hele volk van Juda het As rja geneem, wat toe sestien jaar oud was, en hom koning gemaak in die plek van sy vader Am sia.
22. Hy het Elat gebou en weer aan Juda teruggebring, nadat die koning met sy vaders ontslaap het.
23. In die vyftiende jaar van Am sia, die seun van Joas, die koning van Juda, het Jerobeam, die seun van Joas, die koning van Israel, in Samar¡a koning geword -- een en veertig jaar lank.
24. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, hy het nie afgewyk van al die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.
25. Hy het die grondgebied van Israel herower van die ingang na Hamat af tot by die see van die Vlakte, volgens die woord van die HERE, die God van Israel, wat Hy gespreek het deur die diens van sy dienskneg Jona, die seun van Am¡ttai, die profeet, wat uit Gat-Hefer was.
26. Want die HERE het gesien dat die ellende van Israel baie bitter was en dit met almal sonder uitsondering gedaan was en Israel geen helper gehad het nie.
27. En die HERE het nog nie gespreek dat Hy die naam van Israel onder die hemel sou uitdelg nie; daarom het Hy hulle verlos deur Jerobeam, die seun van Joas.
28. En die verdere geskiedenis van Jerobeam en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy geveg en hoe hy Damaskus en Hamat van Juda aan Israel teruggebring het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
29. En Jerobeam het ontslaap met sy vaders, met die konings van Israel, en sy seun Sagar¡a het in sy plek koning geword.

Psalms 73:10-20
10. Daarom draai hulle mense hul hierheen, en waters in volheid word deur hulle geslurp.
11. En hulle sê: Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?
12. Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!
13. Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.
14. Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre .
15. As ek gesê het: Ek wil ook so spreek -- dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders!
16. Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë,
17. totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het.
18. Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val.
19. Hoe word hulle in 'n oomblik 'n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!
20. Soos 'n droom nadat 'n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!

Spreuke 18:18-19
18. Die lot laat die geskille ophou en maak sterkes uitmekaar.
19. 'n Broer teen wie oortree is, is erger as 'n sterk stad; en geskille is soos die grendel van 'n paleis.

Johannes 20:1-31
1. En op die eerste dag van die week kom Maria Magdal,na vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was.
2. Sy hardloop toe en kom by Simon Petrus en by die ander dissipel vir wie Jesus liefgehad het, en sê vir hulle: Hulle het die Here uit die graf weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.
3. Toe gaan Petrus en die ander dissipel uit en kom by die graf.
4. En die twee het saam gehardloop, en die ander dissipel het vooruit gehardloop, vinniger as Petrus, en eerste by die graf gekom.
5. En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lê; maar hy het nie ingegaan nie.
6. Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lê;
7. en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke lê nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.
8. Daarop het ook die ander dissipel wat eerste by die graf gekom het, ingegaan, en hy het gesien en geglo.
9. Want hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Hy uit die dode moes opstaan nie.
10. En die dissipels het weer huis toe gegaan.
11. Maar Maria het buitekant by die graf gestaan en ween; en terwyl sy ween, buk sy na die graf toe
12. en sien twee engele daar sit met wit klere aan, een by die hoof en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelê het.
13. En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.
14. En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en sy het nie geweet dat dit Jesus was nie.
15. Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem.
16. Jesus sê vir haar: Maria! Sy draai haar om en sê vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester.
17. Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.
18. Maria Magdal,na het aan die dissipels gaan vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy dit vir haar gesê het.
19. En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!
20. En nadat Hy dit gesê het, wys Hy hulle sy hande en sy sy. En die dissipels was bly toe hulle die Here sien.
21. Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.
22. En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.
23. As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.
24. En Thomas wat genoem word D¡dimus, een van die twaalf, was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie.
25. Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.
26. En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en gesê: Vrede vir julle!
27. Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.
28. En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God!
29. Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.
30. Nog baie ander tekens het Jesus voor sy dissipels gedoen wat in hierdie boek nie beskrywe is nie;
31. maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam.