A A A A A

Bybel in een jaar


Junie 11


2 Konings 9:1-37
1. Toe roep die profeet El¡sa een van die profete-seuns en sê vir hom: Gord jou heupe en neem hierdie kruik met olie in jou hand en gaan na Ramot in G¡lead.
2. As jy daar kom, kyk dan waar Jehu, die seun van Josafat, die seun van Nimsi, is; en gaan in en laat hom opstaan onder sy broers uit en bring hom in 'n binnekamer;
3. neem dan die kruik met olie en giet dit op sy hoof uit en sê: So spreek die HERE: Ek salf jou tot koning oor Israel. Maak dan die deur oop en vlug en vertoef nie.
4. En die jongman, die dienaar van die profeet, het gegaan na Ramot in G¡lead.
5. Toe hy aankom, het die owerstes van die leër juis daar gesit; en hy sê: Ek het 'n woord vir u, owerste. En Jehu vra: Vir wie van ons almal? En hy antwoord: Vir u, owerste!
6. En hy het opgestaan en in die huis ingegaan. Toe giet hy die olie op sy hoof uit en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek salf jou as koning oor die volk van die HERE, oor Israel.
7. En jy sal die huis van Agab, jou heer, verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte, die profete, en die bloed van al die knegte van die HERE op Is,bel kan wreek;
8. en die hele huis van Agab sal omkom, en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering.
9. Want Ek sal die huis van Agab maak soos die huis van Jerobeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Ba,sa, die seun van Ah¡a.
10. En die honde sal Is,bel eet op die dorpsgrond van J¡sreël, en daar sal niemand wees wat haar begrawe nie. Daarna het hy die deur oopgemaak en gevlug.
11. Daarop gaan Jehu uit na die dienaars van sy heer, en hulle sê vir hom: Gaan dit goed? Waarom het hierdie kranksinnige by u gekom? En hy antwoord hulle: Julle self ken die man en sy gepraat.
12. Maar hulle sê: Leuens! Vertel ons tog. En hy antwoord: So en so het hy met my gespreek en gesê: So spreek die HERE: Ek salf jou as koning oor Israel.
13. Toe neem hulle gou elkeen sy kleed en lê dit onder hom somaar op die trappe neer; en hulle blaas op die ramshoring en sê: Jehu is koning!
14. Daarop het Jehu, die seun van Josafat, die seun van Nimsi, 'n sameswering gesmee teen Joram. En Joram was besig om by Ramot in G¡lead wag te hou, hy en die hele Israel, teen H sael, die koning van Aram.
15. Intussen het koning Joram teruggegaan om hom in J¡sreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het in die oorlog teen H sael, die koning van Aram. En Jehu het gesê: As julle dit goedvind, laat geen vlugteling uit die stad uitgaan om dit in J¡sreël te gaan vertel nie.
16. Toe klim Jehu op die strydwa en trek na J¡sreël, want Joram het daar gelê; en Ah sia, die koning van Juda, het afgekom om Joram te besoek.
17. En terwyl die wag op die toring in J¡sreël staan, sien hy die skare van Jehu, terwyl hy aankom, en sê: Ek sien 'n skare. Toe sê Joram: Neem 'n ruiter en stuur hulle tegemoet, en laat hom vra: Is dit vrede?
18. En die perderuiter het hom tegemoetgegaan en gesê: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my! En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie.
19. Daarop stuur hy 'n ander perderuiter; en toe die by hulle kom, sê hy: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my!
20. En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Hy het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Maar die drywe is soos die drywe van Jehu, die seun van Nimsi, want hy dryf soos 'n kranksinnige.
21. Toe sê Joram: Span in. En hulle het sy wa ingespan; en Joram, die koning van Israel, het uitgetrek, en Ah sia, die koning van Juda, elkeen op sy wa -- hulle het uitgetrek Jehu tegemoet en hom aangetref op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet.
22. En net toe Joram Jehu sien, sê hy: Is dit vrede, Jehu? Maar hy antwoord: Wat? Vrede, solank as die hoererye van jou moeder Is,bel en haar towerye so baie is?
23. Toe ruk Joram om en vlug en sê vir Ah sia: Verraad, Ah sia!
24. Maar Jehu het die boog gespan en Joram tussen sy arms geskiet, sodat die pyl deur sy hart uitgegaan en hy in sy wa inmekaargesak het.
25. Daarop sê hy aan sy adjudant Bidkar: Tel op, gooi hom op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet; want onthou hoe ek en jy saam langs mekaar agter sy vader Agab gery het en die HERE oor hom hierdie uitspraak gegee het:
26. Voorwaar, Ek het die bloed van Nabot en die bloed van sy seuns verlede nag gesien, spreek die HERE, en Ek sal dit aan jou vergelde op hierdie stuk grond, spreek die HERE. Tel dan nou op, gooi hom op die stuk grond volgens die woord van die HERE.
27. Toe Ah sia, die koning van Juda, dit sien, het hy gevlug in die rigting van die tuinhuis; maar Jehu het hom agternagejaag en gesê: Skiet hom ook! En hulle het hom geskiet in die wa, op die hoogte na Gur by J¡bleam. Maar hy het na Meg¡ddo gevlug en daar gesterwe.
28. En sy dienaars het hom na Jerusalem vervoer en hom in sy graf by sy vaders begrawe in die stad van Dawid.
29. En in die elfde jaar van Joram, die seun van Agab, het Ah sia koning oor Juda geword.
30. En Jehu het in J¡sreël gekom. Toe Is,bel dit hoor, het sy haar oë swart geverf en haar hoof versier en deur die venster uitgekyk.
31. Terwyl Jehu deur die poort inkom, sê sy: Gaan dit goed, Simri, moordenaar van jou heer?
32. En hy het opgekyk na die venster en gevra: Wie is vir my, wie? Toe kyk twee, drie hofdienaars uit na hom;
33. en hy sê: Gooi haar af! En hulle het haar afgegooi, sodat van haar bloed teen die muur en teen die perde gespat het, en hy het haar vertrap.
34. En nadat hy ingegaan en geëet en gedrink het, sê hy: Kyk tog om na die vervloekte en begrawe haar, want sy is 'n koningsdogter.
35. Maar toe hulle gaan om haar te begrawe, kry hulle van haar niks nie as net die hoofskedel en die voete en die handpalms.
36. Daarop kom hulle terug en gee hom dit te kenne; en hy sê: Dit is die woord van die HERE wat Hy deur die diens van sy kneg El¡a, die Tisbiet, gespreek het, naamlik: Op die dorpsgrond van J¡sreël sal die honde die vlees van Is,bel eet.
37. En die lyk van Is,bel sal soos mis op die land wees op die dorpsgrond van J¡sreël, sodat hulle nie sal kan sê: Dit is Is,bel nie.

2 Konings 10:1-36
1. En Agab het sewentig seuns gehad in Samar¡a. Toe skryf Jehu 'n brief, en hy stuur dit na Samar¡a aan die owerstes van J¡sreël, die oudstes, en aan die opvoeders van die seuns van Agab, en sê:
2. As hierdie brief dan nou by julle kom, terwyl die seuns van jul heer by julle is, en die strydwaens en die perde by julle is, en 'n versterkte stad en wapens,
3. kyk dan uit na die beste en betroubaarste van die seuns van julle heer, en sit hom op die troon van sy vader en veg vir die huis van julle heer.
4. Maar hulle het vreeslik bang geword en gesê: Kyk, twee konings het nie voor hom standgehou nie; hoe sou ons dan kan standhou?
5. Toe laat die owerste oor die paleis en die owerste oor die stad en die oudstes en die opvoeders aan Jehu d¡t weet: Ons is u dienaars, en alles wat u ons beveel, sal ons doen; ons sal niemand koning maak nie; doen wat goed is in u oë.
6. Daarop het hy vir die tweede maal 'n brief aan hulle geskrywe en gesê: As julle vir my is en my gehoorsaam wil wees, neem dan die hoofde van die manne, die seuns van julle heer, en kom môre omtrent sulke tyd na my in J¡sreël; want die seuns van die koning, sewentig man, was by die grotes van die stad wat hulle grootgemaak het.
7. En toe die brief by hulle kom, het hulle die seuns van die koning geneem en hulle gedood, sewentig man, en hulle hoofde in mandjies gesit en aan hom na J¡sreël gestuur.
8. En toe die boodskapper kom en hom berig bring en sê: Hulle het die hoofde van die koning se seuns gebring, sê hy: Sit hulle in twee hope neer by die ingang van die poort tot môre toe.
9. En in die môre het hy uitgegaan en gaan staan en aan die hele volk gesê: Julle is onskuldig. Kyk, ,k het 'n sameswering gesmee teen my heer en hom vermoor, maar wie het al hierdie manne doodgeslaan?
10. Erken dan dat niks onvervuld bly van die woord van die HERE wat die HERE gespreek het teen die huis van Agab nie -- die HERE het gedoen wat Hy deur die diens van sy kneg El¡a gespreek het.
11. Toe slaan Jehu almal dood van die huis van Agab wat in J¡sreël oor was, en al sy grotes en sy vertroudes en sy priesters, totdat daar niemand van hom oor was wat vrygeraak het nie.
12. En hy het hom gereedgemaak en gegaan en na Samar¡a getrek. Terwyl hy op pad by Bet-Eked van die herders was
13. en Jehu die broers van Ah sia, die koning van Juda, aantref, sê hy: Wie is julle? En hulle antwoord: Ons is die broers van Ah sia, en ons het afgekom om die seuns van die koning en die seuns van die gebiedster te groet.
14. En hy sê: Gryp hulle lewendig! En hulle het hul lewendig gegryp en gedood by die put van Bet-Eked, twee en veertig man; en hy het niemand van hulle laat oorbly nie.
15. En vandaar het hy gegaan en Jonadab, die seun van Regab, gevind wat hom tegemoetkom. En hy groet hom en sê vir hom: Is jou hart reg soos my hart met jou hart is? En Jonadab antwoord: Ja. So ja, gee jou hand, sê Jehu. Toe gee hy sy hand; en hy het hom by hom op die wa laat klim
16. en gesê: Gaan saam met my en aanskou met welgevalle my ywer vir die HERE. En hulle het hom op sy wa laat ry.
17. En toe hy in Samar¡a aankom, het hy almal omgebring wat van Agab in Samar¡a oor was, totdat hy hom verdelg het volgens die woord van die HERE wat Hy tot El¡a gespreek het.
18. En Jehu het die hele volk bymekaar laat kom en vir hulle gesê: Agab het Ba„l 'n bietjie gedien; Jehu sal hom baie dien.
19. Roep dan nou al die profete van Ba„l, al sy dienaars en al sy priesters na my toe; niemand moet gemis word nie, want ek het 'n groot offer aan Ba„l. Elkeen wat gemis word, sal nie leef nie. Maar Jehu het dit met lis gedoen om die dienaars van Ba„l te kan vernietig.
20. Verder sê Jehu: Heilig 'n feestyd vir Baäl; en hulle het dit uitgeroep.
21. Jehu het ook deur die hele Israel gestuur; en al die dienaars van Baäl het gekom -- sodat daar niemand oor was wat nie gekom het nie -- en in die tempel van Ba„l ingegaan, sodat die tempel van Ba„l vol was van end tot end.
22. En hy sê aan die een wat oor die klerekamer was: Bring klere uit vir al die dienaars van Baäl. En hy het vir hulle klere uitgebring.
23. Daarop gaan Jehu saam met Jonadab, die seun van Regab, in die tempel van Baäl in en sê aan die dienaars van Baäl: Ondersoek en kyk of nie miskien van die dienaars van die HERE hier by julle is nie, net die dienaars van Ba„l alleen.
24. En hulle het ingegaan om slagoffers en brandoffers toe te berei; maar Jehu het vir hom buitekant tagtig man opgestel en gesê: Hy wat een van die manne wat ek in julle hande lewer, laat vryraak, sy lewe sal in die plek van die se lewe wees.
25. En toe hy gereed was met die aanbieding van die brandoffer, sê Jehu aan die hardlopers en die adjudante: Kom in, slaan hulle dood, laat niemand uitkom nie! En hulle het hul met die skerpte van die swaard doodgeslaan, en die hardlopers en die adjudante het hulle uitgegooi en na die stadsdeel van die Baälstempel gegaan.
26. En hulle het die pilare van die Ba„lstempel uitgebring en dit verbrand
27. en die klippilaar van Ba„l afgebreek en Ba„l se tempel afgebreek en daar gemakhuisies van gemaak, tot vandag toe.
28. So het Jehu dan Ba„l uit Israel uit verdelg.
29. Maar die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het -- daar het Jehu nie van afgewyk nie, van die goue kalwers wat in Bet-el en in Dan was.
30. Toe sê die HERE vir Jehu: Omdat jy goed gehandel het deur te doen wat reg is in my oë -- volgens alles wat in my hart was, aan die huis van Agab gedoen het -- sal jou seuns tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit.
31. Maar Jehu het nie sorgvuldig in die wet van die HERE, die God van Israel, met sy hele hart gewandel nie; hy het nie afgewyk van die sondes van Jerobeam wat Israel laat sondig het nie.
32. In die dae het die HERE Israel begin inkort, en H sael het hulle in die hele gebied van Israel verslaan:
33. van die Jordaan af na die ooste toe, die hele land G¡lead, die Gadiete en die Rubeniete en die Manassiete, van Aroër af wat aan die Arnonrivier lê, G¡lead sowel as Basan.
34. En die verdere geskiedenis van Jehu en alles wat hy gedoen het, en al sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
35. En Jehu het ontslaap met sy vaders en is begrawe in Samar¡a, en sy seun Joahas het in sy plek koning geword.
36. En die dae wat Jehu oor Israel in Samar¡a geregeer het, was agt en twintig jaar.

Psalms 72:17-20
17. Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in hom geseënword, hom gelukkig prys!
18. Geloofd sy die HERE God, die God van Israel, wat alleen wonders doen!
19. En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word! Amen, ja amen.
20. Hier eindig die gebede van Dawid, die seun van Isai.

Spreuke 18:14-15
14. Die gees van 'n man ondersteun hom in sy krankheid; maar 'n verslae gees -- wie kan dit opbeur?
15. Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van wyse soek na kennis.

Johannes 19:1-22
1. Toe neem Pilatus dan vir Jesus en laat Hom g,sel.
2. En die soldate het 'n kroon van dorings gevleg en dit op sy hoof gesit, en 'n purper kleed om Hom gewerp
3. en gesê: Wees gegroet, Koning van die Jode! En hulle het Hom in die aangesig geslaan.
4. Pilatus gaan toe weer buitentoe en sê vir hulle: Kyk, ek bring Hom vir julle uit buitentoe, sodat julle kan weet dat ek in Hom geen skuld vind nie.
5. En Jesus het uitgekom buitentoe en die doringkroon en die purperkleed gedra. En Pilatus sê vir hulle: D r is die mens!
6. En toe die owerpriesters en die dienaars Hom sien, skreeu hulle en sê: Kruisig, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en kruisig Hom, want ek vind geen skuld in Hom nie.
7. Die Jode antwoord hom: Ons het 'n wet en volgens ons wet moet Hy sterf, omdat Hy Homself die Seun van God gemaak het.
8. En toe Pilatus hierdie woord hoor, het hy nog meer bevrees geword
9. en weer in die paleis ingegaan en vir Jesus gesê: Van waar is U? Maar Jesus het hom geen antwoord gegee nie.
10. En Pilatus sê vir Hom: Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie?
11. Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u oorlewer, groter sonde.
12. Hierop het Pilatus probeer om Hom los te laat, maar die Jode het geskreeu en gesê: As u Hom loslaat, is u nie die keiser se vriend nie. Elkeen wat homself koning maak, kom in verset teen die keiser.
13. En toe Pilatus hierdie woord hoor, het hy Jesus buitentoe gebring en op die regterstoel gaan sit in die plek wat Plaveisel genoem word, en in Hebreeus G bbata.
14. En dit was die voorbereiding vir die pasga en omtrent die sesde uur. Toe sê hy vir die Jode: D r is julle Koning!
15. Maar hulle skreeu: Neem weg, neem weg, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Moet ek julle Koning kruisig? Die owerpriesters antwoord: Ons het geen koning behalwe die keiser nie.
16. Toe het hy Hom dan aan hulle oorgegee om gekruisig te word. En hulle het Jesus geneem en Hom weggelei.
17. En Hy het sy kruis gedra en uitgegaan na die sogenaamde Hoofskedelplek, in Hebreeus Golgota,
18. waar hulle Hom gekruisig het en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, en Jesus in die middel.
19. En Pilatus het ook 'n opskrif geskrywe en dit op die kruis gesit; en daar was geskrywe: JESUS, DIE NASARNER, DIE KONING VAN DIE JODE.
20. Hierdie opskrif dan het baie van die Jode gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad was; en dit was geskrywe in Hebreeus en Grieks en Latyn.
21. En die owerpriesters van die Jode het vir Pilatus gesê: Moenie skrywe: Die Koning van die Jode nie; maar dat Hy gesê het: Ek is die Koning van die Jode.
22. Pilatus het geantwoord: Wat ek geskryf het, het ek geskrywe.