A A A A A

Bybel in een jaar


Mei 3


1 Samuel 8:1-22
1. En toe Samuel oud was, het hy sy seuns as rigters oor Israel aangestel.
2. Die naam van sy eersgeborene was Joël, en die naam van sy tweede Ab¡a, rigters in Bers,ba.
3. Maar sy seuns het nie in sy weë gewandel nie: hulle het onregverdige wins agternageloop en omkoopgeskenke aangeneem en die reg verdraai.
4. Toe kom al die oudstes van Israel bymekaar, en hulle gaan na Samuel in Rama
5. en sê vir hom: Kyk, u is oud, en u seuns wandel nie in u weë nie; stel nou 'n koning oor ons aan om ons te rig soos by al die nasies.
6. Maar die woord was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee ons 'n koning om ons te rig, en Samuel het tot die HERE gebid.
7. Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.
8. Soos al die werke wat hulle gedoen het, van die dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, dat hulle My verlaat en ander gode gedien het -- so doen hulle ook met jou.
9. Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net ernstig waarsku en hulle die reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer.
10. Samuel het toe al die woorde van die HERE oorgebring aan die volk wat 'n koning van hom gevra het.
11. En hy het gesê: Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer: Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor sy wa uit hardloop;
12. en om hulle vir homself aan te stel as owerstes oor duisend en owerstes oor vyftig, en om sy land te ploeg en om sy oes in te samel, en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak.
13. Ook julle dogters sal hy neem as salfmengsters en as kooksters en baksters.
14. En van julle lande en julle wingerde en julle olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee.
15. En van julle saailande en julle wingerde sal hy die tiendes neem en dit aan sy hofdienaars en sy dienaars gee.
16. En julle slawe en slavinne en julle beste jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik.
17. Van julle kleinvee sal hy die tiendes neem, en self sal julle sy slawe wees.
18. En in die dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die HERE sal julle in die dag nie verhoor nie.
19. Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet 'n koning oor ons wees,
20. dat ons ook kan wees soos al die nasies -- dat ons koning ons kan rig en voor ons uit trek en ons oorloë voer.
21. En Samuel het al die woorde van die volk aangehoor en dit voor die ore van die HERE uitgespreek.
22. Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na hulle en stel 'n koning oor hulle aan. En Samuel het vir die manne van Israel gesê: Gaan heen, elkeen na sy stad.

1 Samuel 9:1-27
1. En daar was 'n man van Benjamin met die naam van Kis, die seun van Ab¡ël, die seun van Seror, die seun van Begorat, die seun van Af¡ag, 'n Benjaminiet, 'n vermoënde man.
2. En hy het 'n seun gehad met die naam van Saul, 'n jongman en mooi gebou, ja, daar was onder die kinders van Israel geeneen mooier as hy nie: van sy skouers af boontoe was hy hoër as die hele volk.
3. En toe die eselinne van Kis, die vader van Saul, weggeraak het, sê Kis aan sy seun Saul: Neem tog een van die dienaars met jou saam en maak jou klaar, gaan soek die esels.
4. Hy het toe die gebergte van Efraim deurgegaan en die land Sal¡sa deurgegaan, maar hulle nie gekry nie; en hulle het die land S älim deurgegaan, maar daar was niks nie; en hy het die land Benjamin deurgegaan, maar hulle het niks gekry nie.
5. Toe hulle in die land Suf kom, sê Saul aan die dienaar wat by hom was: Kom, laat ons teruggaan; anders sien my vader van die esels af en word oor ons besorg.
6. En hy antwoord hom: Maar kyk, in hierdie stad is 'n man van God, en die man is geëerd: alles wat hy spreek, kom sekerlik uit; laat ons nou daarheen gaan; miskien kan hy ons inlig oor die tog wat ons onderneem het.
7. Toe vra Saul vir sy dienaar: Sê nou ons gaan -- wat sal ons die man aanbied? Want die brood in ons sakke is op, en 'n geskenk is hier nie om die man van God aan te bied nie; wat het ons?
8. En die dienaar het Saul weer geantwoord en gesê: Kyk, ek het nog 'n kwart sikkel silwer by my; dit sal ek aan die man van God gee, dat hy ons kan inlig oor ons tog.
9. Vroeër het die mense in Israel so gesê as hulle gaan om God te raadpleeg: Kom, laat ons na die siener gaan. Want die profeet van teenswoordig het hulle vroeër siener genoem.
10. En Saul sê aan sy dienaar: Jou woord is goed; kom, laat ons gaan. Daarop gaan hulle na die stad waar die man van God was.
11. Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te put, en vra vir hulle: Is die siener hier?
12. En die antwoord hulle en sê: Daar is hy voor jou; maak nou gou, want vandag het hy in die stad gekom, omdat die volk vandag 'n offer op die hoogte het.
13. As julle die stad ingaan, sal julle hom net aantref voordat hy opgaan na die hoogte om te eet; want die volk eet nie voordat hy kom nie, want hy seën die offer; daarna eet die genooides; gaan dan nou op, want julle sal hom nou juis aantref.
14. En hulle het opgegaan na die stad. Toe hulle op die punt was om binne-in die stad te gaan, kom Samuel meteens uit hulle tegemoet om op te gaan na die hoogte.
15. Want die HERE het dit een dag voor die koms van Saul aan Samuel geopenbaar en gesê:
16. M“re sulke tyd sal Ek 'n man uit die land Benjamin na jou stuur wat jy moet salf as 'n vors oor my volk Israel; en hy sal my volk verlos uit die hand van die Filistyne. Want Ek het my volk aangesien, omdat sy geroep na My gekom het.
17. Toe Samuel vir Saul sien, het die HERE hom geantwoord: Hier is die man van wie Ek jou gesê het: Hy sal oor my volk heers.
18. En Saul het nader gekom na Samuel binne-in die poort en gevra: Wys my tog waar die huis van die siener is?
19. Daarop het Samuel Saul geantwoord en gesê: Ek is die siener! Gaan voor my uit op na die hoogte, dan kan julle vandag saam met my eet; en ek sal jou môre vroeg laat gaan; en alles wat in jou hart is, sal ek jou te kenne gee.
20. En wat die esels betref wat jy vandag al drie dae gelede vermis het -- bekommer jou daar nie oor nie, want hulle is gevind. Maar aan wie behoort al wat begeerlik is in Israel? Is dit nie aan jou en jou hele familie nie?
21. En Saul antwoord en sê: Is ek nie 'n Benjaminiet, uit een van die kleinste van die stamme van Israel, en my geslag die geringste uit al die geslagte van die stam van Benjamin nie? Waarom spreek u dan so met my?
22. Verder het Samuel Saul en sy dienaar geneem en hulle in die kamer gebring en hulle 'n plek gegee aan die hoof van die genooides, wat omtrent dertig man was.
23. En Samuel het aan die kok gesê: Gee die stuk wat ek aan jou gegee het, waarvan ek vir jou gesê het: Sit dit by jou weg.
24. Die kok dra toe die boud op met wat daaraan was, en sit dit voor Saul neer. En Samuel sê: Kyk, wat oorgebly het, is voor jou gesit; eet, want teen die bestemde tyd is dit vir jou bewaar toe ek gesê het: Ek nooi die volk. So het Saul dan die dag saam met Samuel geëet.
25. Daarop het hulle van die hoogte afgegaan die stad in, en hy het met Saul gespreek op die dak.
26. En hulle het vroeg opgestaan. Toe die rooidag uitkom, het Samuel Saul op die dak geroep en gesê: Staan op, dat ek jou kan wegbring. En Saul het opgestaan, en hulle twee, hy en Samuel, het na buite gegaan.
27. Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal, sê Samuel vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan -- en hy het verder gegaan -- maar staan jy eers stil, dat ek jou die woord van God kan laat hoor.

Psalms 55:9-15
9. Gou sou ek vir my 'n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.
10. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.
11. Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite.
12. Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie.
13. Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek;
14. maar jy, 'n man soos ek, my vriend en my vertroude!
15. Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare.

Spreuke 15:15-17
15. Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.
16. Liewer 'n bietjie in die vrees van die HERE, as 'n groot skat en onrus daarby.
17. Liewer 'n porsie groente waar liefde by is, as 'n vetgevoerde bees en haat daarby.

Lukas 22:1-23
1. En die fees van die ongesuurde brode, wat pasga genoem word, was naby.
2. En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom kon ombring, want hulle het die volk gevrees.
3. En die Satan het in Judas gevaar, wat Isk riot genoem word en wat uit die getal van die twaalf was.
4. Toe het hy gegaan en met die owerpriesters en hoofde beraadslaag hoe hy Hom aan hulle kon oorlewer.
5. En hulle was bly en het met hom ooreengekom om hom geld te gee.
6. En hy het toegestem en na 'n goeie geleentheid gesoek om Hom sonder oproer aan hulle oor te lewer.
7. En die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop die pasga geslag moes word.
8. Toe stuur Hy Petrus en Johannes en sê: Gaan berei die pasga vir ons, dat ons dit kan eet.
9. En hulle sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons dit berei?
10. En Hy antwoord hulle: Kyk, as julle in die stad ingaan, sal 'n man julle ontmoet wat 'n kruik water dra; volg hom na die huis waar hy ingaan.
11. En julle moet vir die eienaar van die huis sê: Die Meester vra u -- waar is die kamer waar Ek die pasga met my dissipels kan eet?
12. En hy sal julle 'n groot bovertrek wys wat reggemaak is; daar moet julle dit berei.
13. En hulle het gegaan en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het, en die pasga berei.
14. En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom.
15. En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie pasga met julle te eet voordat Ek ly.
16. Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie meer daarvan eet voordat dit in die koninkryk van God vervul is nie.
17. En toe Hy 'n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle.
18. Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie drink van die vrug van die wynstok voordat die koninkryk van God gekom het nie.
19. Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis.
20. Net so neem Hy ook die beker n die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.
21. Maar kyk, die hand van hom wat My verraai, is by My aan tafel.
22. Die Seun van die mens gaan wel heen volgens wat bepaal is, maar wee daardie man deur wie Hy verraai word!
23. Toe begin hulle onder mekaar te vra wie van hulle dit tog kon wees wat dit sou doen.