A A A A A

Bybel in een jaar


Mei 27


1 Konings 1:1-53
1. Toe koning Dawid oud en ver op sy dae was, het hulle hom met komberse toegemaak, maar hy kon nie warm word nie.
2. En sy dienaars sê aan hom: Laat hulle vir my heer die koning 'n jongmeisie soek, dat sy voor die koning kan staan en vir hom 'n verpleegster wees en in u skoot lê; dan sal my heer die koning warm word.
3. Hulle het toe in die hele grondgebied van Israel 'n mooi meisie gesoek en Ab¡sag, die Sunamitiese, gevind en haar by die koning gebring.
4. En die meisie was besonder mooi, en sy was vir die koning 'n verpleegster en het hom bedien; maar die koning het geen gemeenskap met haar gehad nie.
5. Intussen was Adonia, die seun van Haggit, so vermetel om te dink: Ek sal koning word! En hy het vir hom waens en perderuiters aangeskaf en vyftig man wat voor hom uit loop.
6. En sy vader het hom sy lewe lank nie gekrenk deur te sê nie: Waarom maak jy so? Bowendien was hy ook baie mooi van gestalte, en sy moeder het hom n Absalom gebaar.
7. En hy het met Joab, die seun van Seruja, onderhandel en met Abjatar, die priester, sodat hulle gehelp het as volgelinge van Adonia.
8. Maar Sadok, die priester, en Ben ja, die seun van Jojada, en Natan, die profeet, en S¡me‹en Re‹en die helde van Dawid het nie met Adonia saamgegaan nie.
9. En Adonia het kleinvee en beeste en vetgemaakte vee geslag by die klip Soh,let wat langs die fontein Rogel staan, en al sy broers, die seuns van die koning, en al die manne van Juda, die dienaars van die koning, genooi;
10. maar Natan, die profeet, en Ben ja en die helde en sy broer Salomo het hy nie genooi nie.
11. Toe sê Natan vir B tseba, die moeder van Salomo: Het u nie gehoor dat Adonia, die seun van Haggit, koning geword het sonder dat ons heer Dawid dit weet nie?
12. Kom dan nou, laat ek u tog 'n raad gee, dat u u lewe en die lewe van u seun Salomo kan red.
13. Gaan en tree binne by koning Dawid en sê vir hom: Het u nie, my heer die koning, vir u dienares gesweer en gesê nie: U seun Salomo sal sekerlik koning word n my, en hy sal op my troon sit? Waarom het Adonia dan koning geword?
14. Kyk, terwyl u daar nog met die koning spreek, sal ,k agter u inkom en u woorde aanvul.
15. Daarop het B tseba ingegaan na die koning in die kamer, terwyl die koning baie oud was en Ab¡sag, die Sunamitiese, die koning bedien.
16. En B tseba het gebuig en neergeval voor die koning. Toe sê die koning: Wat wil u hê?
17. En sy antwoord hom: My heer, u het by die HERE u God vir u dienares gesweer: U seun Salomo sal sekerlik n my koning word, en hy sal op my troon sit.
18. Maar kyk, nou het Adonia koning geword sonder dat u, my heer die koning, dit weet.
19. Want hy het beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en Abjatar, die priester, en Joab, die leërowerste, genooi; maar u dienaar Salomo het hy nie genooi nie.
20. Maar op u, my heer die koning, is die oë van die hele Israel om hulle te kenne te gee wie op die troon van my heer die koning n hom sal sit.
21. Anders sal dit gebeur, sodra my heer die koning met sy vaders ontslaap het, dat ek en my seun Salomo vir misdadigers gehou sal word.
22. En kyk, terwyl sy nog met die koning spreek, kom die profeet Natan in.
23. En hulle het dit die koning te kenne gegee en gesê: Daar is Natan, die profeet. Toe kom hy voor die koning en buig hom voor die koning met sy aangesig na die aarde toe.
24. En Natan sê: My heer die koning, het u gesê: Adonia sal n my koning word, en hy sal op my troon sit?
25. Want hy het vandag gegaan en beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en die leërowerstes en Abjatar, die priester, genooi, en kyk, hulle eet en drink voor hom en sê: Mag koning Adonia lewe!
26. Maar my, u dienaar, en Sadok, die priester, en Ben ja, die seun van Jojada, en Salomo, u dienaar, het hy nie genooi nie.
27. As hierdie saak van my heer die koning uitgegaan het, dan het u aan u dienaars nie bekend gemaak wie op die troon van my heer die koning n hom sal sit nie.
28. Daarop antwoord koning Dawid en sê: Roep B tseba vir my! En sy het ingekom voor die koning en voor die koning gaan staan.
29. Toe sweer die koning en sê: So waar as die HERE leef wat my uit alle benoudheid verlos het,
30. sekerlik, soos ek u by die HERE, die God van Israel, gesweer en gesê het dat u seun Salomo n my koning moet word en hy op my troon moet sit in my plek, sekerlik so doen ek vandag nog.
31. En B tseba het met die aangesig na die aarde gebuig en voor die koning neergeval en gesê: Mag my heer die koning Dawid vir ewig lewe!
32. Verder het koning Dawid gesê: Roep vir my Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en Ben ja, die seun van Jojada. Toe kom hulle in voor die koning,
33. en die koning sê vir hulle: Neem die dienaars van julle heer met julle saam en laat my seun Salomo op my eie muil ry, en bring hom af na Gihon toe;
34. en laat Sadok, die priester, en Natan, die profeet, hom daar as koning oor Israel salf, en julle moet op die ramshoring blaas en sê: Mag koning Salomo lewe!
35. Dan moet julle agter hom optrek, dat hy kan inkom en op my troon sit; want hy moet koning wees in my plek, en ek het hom aangestel om 'n vors oor Israel en Juda te wees.
36. Toe antwoord Ben ja, die seun van Jojada, die koning en sê: Amen! Mag die HERE, die God van my heer die koning, ook so sê.
37. Soos die HERE met my heer die koning was, mag Hy so met Salomo wees; en mag Hy sy troon groter maak as die troon van my heer die koning Dawid.
38. Toe het Sadok, die priester, afgegaan saam met Natan, die profeet, en Ben ja, die seun van Jojada, en die Kreti en die Pleti, en hulle het Salomo laat ry op die muil van koning Dawid en hom na Gihon gebring.
39. En die priester Sadok het die horing met olie uit die tent geneem en Salomo gesalf, en hulle het op die ramshoring geblaas, en die hele volk het gesê: Mag koning Salomo lewe!
40. Toe gaan die hele volk op agter hom aan, terwyl die volk op fluite speel en hulle verheug met groot blydskap, sodat die aarde geskeur het van hulle geluid.
41. En Adonia het dit gehoor en al die genooides wat by hom was, toe hulle net klaar geëet het; Joab het ook die geluid van die ramshoring gehoor en gesê: Waarom is die geluid van die stad rumoerig?
42. Terwyl hy nog spreek, kom Jonatan, die seun van die priester Abjatar, daar aan; en Adonia sê: Kom in, want jy is 'n wakker man en bring 'n goeie boodskap.
43. Maar Jonatan antwoord Adonia en sê: Ja, maar ons heer die koning Dawid het Salomo koning gemaak!
44. En die koning het Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en Ben ja, die seun van Jojada, en die Kreti en die Pleti met hom saam gestuur, en hulle het hom op die koning se muil laat ry;
45. en Sadok, die priester, en Natan, die profeet, het hom in Gihon as koning gesalf, en daarvandaan het hulle met blydskap opgetrek, sodat die stad opgewonde geraak het; dit is die geluid wat julle gehoor het.
46. En ook het Salomo op die koninklike troon gaan sit.
47. Bowendien het die dienaars van die koning gekom om ons heer die koning Dawid geluk te wens met die woorde: Mag u God die naam van Salomo beter maak as u naam en sy troon groter maak as u troon. Toe het die koning op die bed aanbid;
48. en die koning het ook so gesê: Geseënd is die HERE, die God van Israel, wat vandag gegee het dat een op my troon sit terwyl my oë dit sien.
49. Daarop het al die genooides wat by Adonia was, verskrik opgestaan en elkeen sy pad gegaan.
50. Maar Adonia was bevrees vir Salomo en het opgestaan en heengegaan en die horings van die altaar vasgehou.
51. Toe is daar aan Salomo meegedeel en gesê: Kyk, Adonia is bevrees vir koning Salomo; en kyk, hy hou die horings van die altaar vas en sê: Laat koning Salomo eers vir my sweer dat hy sy dienaar nie met die swaard sal ombring nie.
52. Daarop sê Salomo: As hy 'n betroubare man sal wees, sal geen haar van hom op die aarde val nie; maar as daar kwaad in hom gevind word, moet hy sterwe.
53. En koning Salomo het gestuur, en hulle het hom van die altaar afgebring, en hy het ingekom en hom voor koning Salomo neergebuig. En Salomo het vir hom gesê: Gaan na jou huis.

1 Konings 2:1-46
1. En toe die dae van Dawid nader kom dat hy sou sterwe, het hy sy seun Salomo bevel gegee en gesê:
2. Ek gaan heen op die weg van die hele aarde: wees dan sterk en word 'n man;
3. en onderhou die ordening van die HERE jou God deur te wandel in sy weë, deur sy insettinge, sy gebooie en sy verordeninge en sy getuienisse te onderhou, soos geskrywe is in die wet van Moses, sodat jy voorspoedig kan uitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou begewe;
4. sodat die HERE sy woord mag vervul wat Hy oor my gespreek het, naamlik: As jou seuns ag gee op hulle weg deur voor my aangesig getrou te wandel met hulle hele hart en met hulle hele siel, dan sal daar nie vir jou 'n man op die troon van Israel ontbreek nie.
5. En jy weet ook self wat Joab, die seun van Seruja, my aangedoen het; wat hy die twee leërowerstes van Israel, Abner, die seun van Ner, en Am sa, die seun van Jeter, aangedoen het; hoe hy hulle vermoor en oorlogsbloed in vredestyd vergiet het, sodat hy die gord wat om sy heupe en die skoene wat aan sy voete was, met oorlogsbloed bevlek het.
6. Handel dan na jou wysheid, en sy grys hare moet jy nie met vrede in die doderyk laat neerdaal nie.
7. Maar aan die seuns van Bars¡llai, die Gileadiet, moet jy guns bewys, en hulle moet wees onder die wat aan jou tafel eet; want so het hulle na my toe aangekom toe ek vir jou broer Absalom gevlug het.
8. Verder is daar by jou S¡me‹, die seun van Gera, die Benjaminiet, uit Bahurim; hy naamlik het my gevloek met 'n hewige vloek die dag toe ek na Mahan im gegaan het; en hy het afgekom om my te ontmoet by die Jordaan, sodat ek vir hom by die HERE gesweer en gesê het: Ek sal jou nie met die swaard doodmaak nie.
9. Maar nou moet jy hom nie ongestraf laat bly nie, want jy is 'n wyse man; daarom sal jy weet wat jy hom moet aandoen, dat jy sy grys hare met bloed in die doderyk laat neerdaal.
10. Toe het Dawid ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid.
11. En die dae wat Dawid oor Israel geregeer het, was veertig jaar; in Hebron het hy sewe jaar geregeer, en in Jerusalem het hy drie en dertig jaar geregeer.
12. Daarna het Salomo op die troon van sy vader Dawid gaan sit, en sy koningskap is goed bevestig.
13. Toe kom Adonia, die seun van Haggit, na B tseba, die moeder van Salomo, en sy vra: Is jou koms vrede? En hy antwoord: Vrede.
14. Verder sê hy: Ek het 'n woord vir u. En sy antwoord: Spreek.
15. En hy sê: U weet dat die koningskap myne was en die hele Israel sy aangesig op my gerig het, dat ek koning sou word; maar die koningskap het oorgegaan en my broer s'n geword, want deur die HERE was dit vir hom bestem.
16. En nou doen ek een versoek aan u; wys my nie af nie. En sy antwoord hom: Spreek.
17. Toe sê hy: Spreek tog met koning Salomo, want hy sal u nie afwys nie, dat hy Ab¡sag, die Sunamitiese, aan my as vrou moet gee.
18. En B tseba sê: Goed, ,k sal met die koning oor jou spreek.
19. Toe B tseba dan ingaan na koning Salomo om met hom oor Adonia te spreek, het die koning opgestaan om haar te ontmoet en voor haar gebuig; daarna het hy op sy troon gaan sit en vir die moeder van die koning 'n stoel laat neersit, en sy het aan sy regterhand plaas geneem.
20. Toe sê sy: Een klein versoek doen ek aan u; wys my nie af nie. En die koning antwoord haar: Vra, my moeder, want ek sal u nie afwys nie.
21. En sy sê: Laat Ab¡sag, die Sunamitiese, aan u broer Adonia as vrou gegee word.
22. Daarop antwoord koning Salomo en sê aan sy moeder: Maar waarom vra u Ab¡sag, die Sunamitiese, vir Adonia? Vra ook die koningskap vir hom, want hy is my broer wat ouer is as ek, ja, vir hom en vir Abjatar, die priester, en vir Joab, die seun van Seruja!
23. En koning Salomo het gesweer by die HERE en gesê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen -- sekerlik, Adonia het hierdie woord ten koste van sy lewe gespreek.
24. En nou, so waar as die HERE leef wat my bevestig het en my op die troon van my vader Dawid laat sit en vir my 'n huis gestig het volgens sy belofte -- Adonia sal sekerlik vandag gedood word!
25. Daarop het koning Salomo gestuur deur die diens van Ben ja, die seun van Jojada; en die het op hom aangeval, sodat hy gesterf het.
26. En vir Abjatar, die priester, sê die koning: Gaan na Anatot op jou grond, want jy verdien die dood; maar vandag sal ek jou nie doodmaak nie, omdat jy die ark van die Here HERE voor my vader Dawid uit gedra het en omdat jy deelgenoot was van alles wat my vader gely het.
27. So het Salomo dan Abjatar verdrywe, sodat hy nie meer priester van die HERE was nie, om die woord van die HERE te vervul wat Hy oor die huis van Eli in Silo gespreek het.
28. Toe die gerug by Joab kom -- want Joab was aan die kant van Adonia, alhoewel hy nie aan die kant van Absalom was nie -- het Joab gevlug na die tent van die HERE en die horings van die altaar vasgehou.
29. En aan koning Salomo is meegedeel: Joab het gevlug na die tent van die HERE, en kyk, daar is hy by die altaar! Toe laat Salomo aan Ben ja, die seun van Jojada, weet: Gaan heen, val op hom aan.
30. Daarop het Ben ja by die tent van die HERE gekom en vir hom gesê: So spreek die koning: Kom uit. Maar hy sê: Nee, want hier wil ek sterf. En Ben ja het die koning 'n antwoord gebring en gesê: So het Joab gespreek, en so het hy my geantwoord.
31. Toe beveel die koning hom: Doen soos hy gespreek het: val op hom aan, en begrawe hom, sodat jy die onskuldige bloed wat Joab vergiet het, van my en my vader se huis af verwyder;
32. en dat die HERE sy bloed op sy eie hoof laat neerkom, omdat hy op twee manne, regverdiger en beter as hy, aangeval en hulle met die swaard vermoor het sonder medewete van my vader Dawid: Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Israel, en Am sa, die seun van Jeter, die leërowerste van Juda;
33. en dat hulle bloed op die hoof van Joab en op die hoof van sy nageslag vir ewig kan neerkom, maar Dawid en sy nageslag en sy huis en sy troon vrede kan hê van die HERE tot in ewigheid.
34. Toe het Ben ja, die seun van Jojada, opgegaan en op hom aangeval en hom gedood; en hy is begrawe in sy huis in die woestyn.
35. Daarop het die koning Ben ja, die seun van Jojada, in sy plek oor die leër aangestel; en Sadok, die priester, het die koning aangestel in die plek van Abjatar.
36. Verder het die koning S¡me‹laat roep en vir hom gesê: Bou vir jou 'n huis in Jerusalem, en jy moet daar woon en mag daarvandaan nie uitgaan, nêrens heen nie;
37. die dag dat jy uitgaan en oor die spruit Kidron trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe; jou bloed sal op jou hoof wees.
38. En S¡me‹sê vir die koning: Dit is goed; soos my heer die koning gespreek het, so sal u dienaar doen. En S¡me‹het baie dae in Jerusalem gebly.
39. Maar aan die einde van drie jaar het twee van S¡me‹se slawe weggeloop na Agis, die seun van M äga, die koning van Gat; en aan S¡me‹is meegedeel en gesê: Jou slawe is daar in Gat.
40. Toe maak S¡me‹klaar en saal sy esel op en vertrek na Gat, na Agis toe, om sy slawe te soek; en S¡me‹het gegaan en sy slawe van Gat af gebring.
41. Maar aan Salomo is meegedeel dat S¡me‹uit Jerusalem na Gat weggegaan en teruggekom het.
42. Daarop laat die koning S¡me‹roep, en hy sê vir hom: Het ek jou nie by die HERE besweer en jou gewaarsku nie en gesê: Die dag dat jy uitgaan en êrens heen trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe? En jy het aan my gesê: Dit is goed; ek het gehoor.
43. Waarom het jy dan die eed by die HERE en die gebod wat ek jou opgelê het, nie gehou nie?
44. Verder sê die koning vir S¡me‹: Jy ken self al die boosheid waar jou hart van weet, wat jy my vader Dawid aangedoen het; daarom laat die HERE jou boosheid op jou eie hoof neerkom.
45. Maar mag koning Salomo geseënd wees en die troon van Dawid bevestig word voor die aangesig van die HERE tot in ewigheid!
46. Daarop gee die koning bevel aan Ben ja, die seun van Jojada: die het uitgegaan en op hom aangeval, sodat hy gesterf het.

Psalms 68:11-14
11. U skare het daarin gewoon; U het dit in u goedheid berei vir die ellendige, o God!
12. Die Here het die woord laat hoor -- die vroue wat die goeie tyding gebring het, was 'n groot skare:
13. Die konings van die leërskare vlug, hulle vlug; en sy wat tuis gebly het, verdeel die buit.
14. As julle daar lê tussen die veekrale, is die vlerke van die duif oordek met silwer en sy vleuels met liggroen goud.

Spreuke 17:7-9
7. Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by 'n edele!
8. Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.
9. Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.

Johannes 9:24-41
24. Hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan God die eer; ons weet dat hierdie man 'n sondaar is.
25. En hy antwoord en sê: Of Hy 'n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien.
26. En hulle sê weer vir hom: Wat het Hy vir jou gedoen? Hoe het Hy jou oë geopen?
27. Hy antwoord hulle: Ek het julle dit alreeds gesê, en julle het nie geluister nie. Waarom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook sy dissipels word nie?
28. Hulle skel hom toe uit en sê: Jy is 'n dissipel van daardie man, maar ons is dissipels van Moses.
29. Ons weet dat God met Moses gespreek het; maar wat Hom betref, ons weet nie van waar Hy is nie.
30. Die man antwoord en sê vir hulle: Hierin is tog iets wonderliks dat julle nie weet van waar Hy is nie, en Hy het my oë geopen!
31. En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, die verhoor Hy.
32. Van ouds af is dit nie gehoor dat iemand die oë van 'n blindgebore mens geopen het nie.
33. As Hy nie van God was nie, sou Hy niks kan doen nie.
34. Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is heeltemal in sondes gebore, en leer jy ons? En hulle het hom uitgeban.
35. Jesus het gehoor dat hulle hom uitgeban het; en toe Hy hom kry, sê Hy vir hom: Glo jy in die Seun van God?
36. Hy antwoord en sê: Wie is Hy, Here, dat ek in Hom kan glo?
37. En Jesus sê vir hom: Jy het Hom gesien; en Hy wat met jou spreek, dit is Hy.
38. Toe sê hy: Ek glo, Here! En hy het Hom aanbid.
39. En Jesus sê: Tot 'n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.
40. En die van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gesê: Is ons dan ook blind?
41. Jesus antwoord hulle: As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde.