A A A A A

Bybel in een jaar


Mei 23


2 Samuel 17:1-29
1. Verder het Agitofel vir Absalom gesê: Laat ek tog twaalf duisend man uitsoek en my klaarmaak en Dawid vannag agternajaag,
2. dat ek hom kan oorval, terwyl hy moeg en slap van hande is, en hom verskrik; dan sal al die mense vlug wat by hom is, en ek sal net die koning neerslaan.
3. En ek sal die hele volk na u terugbring: die terugkeer van almal hang af van die man wat u soek; die hele volk sal tevrede wees.
4. En die woord was reg in die oë van Absalom en in die oë van al die oudstes van Israel.
5. Maar Absalom het gesê: Roep tog ook Husai, die Arkiet, en laat ons ook hoor wat hy sê.
6. Toe Husai by Absalom inkom, het Absalom met hom gespreek en gesê: So het Agitofel gespreek. Sal ons sy raad opvolg? So nie, spreek jy dan.
7. En Husai sê vir Absalom: Die raad wat Agitofel hierdie keer gegee het, is nie goed nie.
8. Verder het Husai gesê: U weet dat u vader en sy manne helde is en bitter van siel soos 'n beer wat van haar kleintjies beroof is in die veld; ook is u vader 'n krygsman, en hy sal nie by die volk vernag nie.
9. Kyk, nou het hy hom weggesteek in een van die kuile of in een van die ander plekke, en as daar al by die begin enkele onder hulle val en die mense dit hoor, sal hulle sê: Die manskappe wat Absalom volg, het 'n neerlaag gely!
10. Dan sal selfs hy wat 'n dapper man is, wat 'n hart het soos 'n leeu se hart, heeltemal versmelt; want die hele Israel weet dat u vader 'n held is, en dat dapper manne by hom is.
11. Maar ek raai aan: Laat die hele Israel van Dan tot Bers,ba, soos sand wat aan die seestrand is in menigte, voltallig by u versamel word; en u moet persoonlik in die stryd trek.
12. En as ons by hom kom in een van die plekke waar hy hom bevind, dan val ons op hom neer soos dou op die aarde val, sodat daar van hom en van al die manne wat by hom is, selfs nie een oorbly nie.
13. En as hy hom in 'n stad terugtrek, moet die hele Israel toue aanbring na daardie stad, en ons sal dit wegsleep na die spruit totdat daar selfs geen klippie meer te vinde is nie.
14. Toe sê Absalom en al die manne van Israel: Die raad van Husai, die Arkiet, is beter as die raad van Agitofel. Maar die HERE het dit beskik om die goeie raad van Agitofel te verydel, sodat die HERE die onheil oor Absalom kon bring.
15. En Husai het aan Sadok en Abjatar, die priesters, gesê: So en so het Agitofel Absalom en die oudstes van Israel aangeraai, maar so en so het ek aangeraai.
16. Stuur dan nou gou, en laat Dawid weet: Vernag nie by die woestyndriwwe nie, maar trek sekerlik deur; anders word die koning en al die mense wat by hom is, vernietig.
17. Intussen het Jonatan en Ah¡ma„s by die fontein Rogel gestaan, terwyl 'n diensmeisie gaan om vir hulle berig te bring; hulle moes dan weer gaan en dit aan koning Dawid oorbring. Want hulle moes hulle nie laat sien deur in die stad in te gaan nie.
18. Maar 'n seun het hulle gesien en dit aan Absalom meegedeel. Toe gaan hulle twee haastig weg en kom by die huis van 'n man in Bahurim wat 'n put op sy erf gehad het, en hulle het daarin afgesak.
19. En die vrou het 'n doek geneem en dit bo-oor die put oopgetrek en graankorrels daarop uitgestrooi, sodat 'n mens niks kon merk nie.
20. Toe Absalom se dienaars by die vrou in die huis kom, vra hulle: Waar is Ah¡ma„s en Jonatan? En die vrou sê vir hulle: Hulle het die watertjie deurgegaan. En hulle het gesoek maar niks gekry nie, en na Jerusalem teruggegaan.
21. Nadat hulle weg was, het hulle uit die put opgeklim en verder gegaan en aan koning Dawid berig gebring en aan Dawid gesê: Maak julle klaar en trek gou die water deur, want so het Agitofel teen julle raad gegee.
22. Daarop het Dawid hom klaargemaak, en al die mense wat by hom was, en die Jordaan deurgetrek. Teen dat dit die môre lig geword het, het selfs nie een ontbreek wat nie die Jordaan deurgetrek het nie.
23. En toe Agitofel sien dat sy raad nie opgevolg is nie, saal hy die esel op en maak hom klaar, en hy het na sy huis in sy stad gegaan en aan sy huis bevel gegee en homself gewurg. So het hy dan gesterwe; en hy is begrawe in die graf van sy vader.
24. En Dawid het al in Mahan im aangekom terwyl Absalom deur die Jordaan trek, hy en al die manne van Israel saam met hom.
25. En Absalom het Am sa in Joab se plek oor die leër aangestel; en Am sa was die seun van 'n man met die naam van Jitra, die Ismaeliet wat ingegaan het by Ab¡gail, die dogter van Nahas, die suster van Seruja, Joab se moeder.
26. En Israel en Absalom het laer opgeslaan in die land G¡lead.
27. Net toe Dawid in Mahan im aankom, bring Sobi, die seun van Nahas, uit Rabba van die kinders van Ammon, en Magir, die seun van Ammiël, uit Lodebar, en Bars¡llai, die Gileadiet, uit Rogelim,
28. beddegoed en skottels en erdegoed en koring en gars en meel en gebraaide koring en bone en lensies, ook gebraai,
29. en heuning en dikmelk en kleinvee en kaas van beesmelk na Dawid om te eet, en na die mense wat by hom was, want hulle het gesê: Die mense het honger en is moeg en het dors geword in die woestyn.

2 Samuel 18:1-33
1. En Dawid het die manskappe gemonster wat by hom was, en owerstes oor duisend en owerstes oor honderd oor hulle aangestel.
2. En Dawid het die manskappe uitgestuur: 'n derde deel onder bevel van Joab, en 'n derde onder Ab¡sai, die seun van Seruja, die broer van Joab, en 'n derde onder Ittai, die Gittiet; en die koning het aan die manskappe gesê: Ek sal ook seker saam met julle uittrek.
3. Maar die manskappe het gesê: U mag nie uittrek nie, want as ons miskien vlug, sal hulle nie op ons ag gee nie; ja, al sterwe die helfte van ons, hulle sal nie op ons ag gee nie, want u is soos tien duisend van ons. Dit is dan nou beter dat u ons van die stad uit te hulp kom.
4. Toe sê die koning vir hulle: Wat goed is in julle oë, sal ek doen. En die koning het langs die poort gaan staan, terwyl al die manskappe by honderde en by duisende uittrek.
5. En die koning het Joab en Ab¡sai en Ittai bevel gegee en gesê: Saggies met die jongman, met Absalom. En al die manskappe het gehoor toe die koning aan al die owerstes bevel gee omtrent Absalom.
6. Daarop trek die manskappe uit, die veld in om Israel te ontmoet; en die geveg het plaasgevind in die bos van Efraim.
7. En die manskappe van Israel is daar voor die dienaars van Dawid verslaan, en die neerlaag was die dag daar groot, twintig duisend.
8. Maar die geveg is daar uitgebrei oor die oppervlakte van die hele land, en die bos het daardie dag onder die mense meer verteer as wat die swaard verteer het.
9. En die dienaars van Dawid het Absalom onverwags aangetref terwyl Absalom op 'n muil ry; en toe die muil onder die digte takke van 'n groot terpentynboom ingaan, het sy hoof in die terpentynboom vasgehaak, sodat hy tussen hemel en aarde bly hang het, terwyl die muil onder hom wegloop.
10. Toe die man dit sien, het hy aan Joab berig gebring en gesê: Kyk, ek het Absalom aan 'n terpentynboom sien hang.
11. En Joab sê vir die man wat hom die berig gebring het: En as jy dit gesien het, waarom het jy hom dan nie daar teen die grond neergeslaan nie? Dan moes ek jou tien silwerstukke en een gord gegee het.
12. Maar die man sê vir Joab: Al kon ek ook duisend silwerstukke op my hande weeg, ek sou my hand tog nie uitsteek teen die seun van die koning nie; want die koning het u en Ab¡sai en Ittai voor ons ore bevel gegee en gesê: Julle, wie dan ook, moet vir die jongman Absalom sorg.
13. Of as ek vals teen sy lewe gehandel het -- niks tog bly vir die koning verborge nie -- dan sou u opsy gestaan het.
14. Toe sê Joab: Ek wil nie so by jou vertoef nie! En hy het drie spiese in sy hand geneem en die in die hart van Absalom gesteek, terwyl hy nog lewendig was binne-in die terpentynboom.
15. En tien jongmanne, wapendraers van Joab, het nader gekom en Absalom doodgeslaan.
16. Daarop blaas Joab op die ramshoring, en al die manskappe het omgedraai en Israel nie meer agtervolg nie, want Joab het die manskappe teruggehou.
17. Toe het hulle Absalom geneem en hom in die bos in 'n groot kuil gegooi en 'n baie groot hoop klippe bo-op hom gestapel, onderwyl die hele Israel elkeen na sy tent vlug.
18. En Absalom het gedurende sy lewe die gedenksteen wat in die koningsdal staan, geneem en vir homself opgerig met die woorde: Ek het geen seun om my naam in gedagtenis te hou nie; en hy het die gedenksteen na sy naam genoem, en dit word tot vandag toe genoem die gedenkteken van Absalom.
19. Daarop sê Ah¡ma„s, die seun van Sadok: Laat my tog hardloop en aan die koning die goeie boodskap bring dat die HERE aan hom reg verskaf het teenoor sy vyande.
20. Maar Joab sê vir hom: Jy is nie vandag 'n man vir 'n boodskap nie, maar anderdag kan jy 'n boodskap bring -- vandag mag jy nie die boodskap bring nie juis omdat die seun van die koning dood is.
21. Toe sê Joab vir die Kusiet: Gaan vertel die koning wat jy gesien het! En die Kusiet het voor Joab gebuig en gehardloop.
22. Maar Ah¡ma„s, die seun van Sadok, het nog 'n keer aan Joab gesê: Laat kom wat wil -- laat my tog ook agter die Kusiet aan hardloop. En Joab vra: Waarom wil jy dan nou hardloop, my seun? Vir jou is daar tog geen boodskappersloon te kry nie.
23. Laat kom wat wil, sê hy, ek hardloop. En hy antwoord hom: Hardloop! En Ah¡ma„s het met die pad na die Jordaanstreek gehardloop en die Kusiet verbygegaan.
24. En terwyl Dawid tussen die twee poortingange sit, het die wag op die dak van die poort op die muur geklim; en toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens 'n man alleen hardloop.
25. Toe het die wag uitgeroep en dit aan die koning meegedeel. En die koning sê: As hy alleen is, dan is daar 'n goeie boodskap in sy mond. Terwyl hy al nader en nader kom,
26. sien die wag 'n ander man hardloop; en die wag het die poortwagter toegeroep en gesê: Kyk, daar hardloop nog 'n man alleen. Daarop sê die koning: Hy bring ook 'n goeie boodskap.
27. Verder het die wag gesê: Ek sien die gang van die eerste is soos die gang van Ah¡ma„s, die seun van Sadok. Toe sê die koning: Hy is 'n goeie man, en hy kom met 'n goeie boodskap.
28. En Ah¡ma„s het uitgeroep en aan die koning gesê: Vrede! En hy het hom voor die koning gebuig met sy aangesig na die aarde en gesê: Geloofd sy die HERE u God wat die manne oorgelewer het wat hulle hand teen my heer die koning opgetel het.
29. Toe vra die koning: Gaan dit goed met die jongman, met Absalom? En Ah¡ma„s antwoord: Ek het 'n groot gewoel gesien toe Joab die dienaar van die koning, naamlik u dienaar, gestuur het, maar ek het nie geweet wat dit was nie.
30. Daarop sê die koning: Gaan opsy en kom hier staan. Toe hy dan opsy gaan en daar bly staan,
31. kom die Kusiet juis aan; en die Kusiet sê: My heer die koning moet die blye boodskap ontvang dat die HERE aan u vandag reg verskaf het teenoor almal wat teen u opgestaan het.
32. En die koning het die Kusiet gevra: Gaan dit goed met die jongman, met Absalom? En die Kusiet sê: Mag dit met die vyande van my heer die koning en met almal wat teen u opstaan om kwaad te doen, gaan soos met die jongman!
33. Toe het die koning baie ontroerd geword en opgeklim na die bovertrek van die poort en geween; en hy het rondgeloop en so gesê: My seun Absalom, my seun, my seun Absalom! Ag, as ek self maar in jou plek gesterf het! Absalom, my seun, my seun!

Psalms 66:16-20
16. Kom luister, en laat my vertel, julle almal wat God vrees, wat Hy aan my siel gedoen het.
17. Ek het Hom aangeroep met my mond, en lofgesang was onder my tong.
18. As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie.
19. Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed.
20. Geloofd sy God wat my gebed nie afgewys en sy goedertierenheid aan my nie onttrek het nie!

Spreuke 16:31-32
31. Grysheid is 'n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.
32. Die lankmoedige is beter as 'n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.

Johannes 7:28-53
28. Jesus roep toe uit, terwyl Hy in die tempel leer, en sê: Julle ken My en julle weet ook van waar Ek is; tog het Ek nie uit Myself gekom nie; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig, vir wie julle nie ken nie.
29. Maar Ek ken Hom, omdat Ek van Hom kom en Hy My gestuur het.
30. Toe probeer hulle om Hom gevange te neem; en niemand het die hand aan Hom geslaan nie, omdat sy uur nog nie gekom het nie.
31. Maar baie van die skare het in Hom geglo en gesê: Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het?
32. Die Fariseërs het gehoor dat die skare dit van Hom mompel, en die Fariseërs en die owerpriesters het dienaars gestuur om Hom gevange te neem.
33. Toe sê Jesus vir hulle: Nog 'n klein tydjie is Ek by julle, en Ek gaan na Hom wat My gestuur het.
34. Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie.
35. En die Jode sê onder mekaar: Waar wil Hy heengaan, dat ons Hom nie sal vind nie? Hy wil tog nie na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie?
36. Wat beteken hierdie woord wat Hy gesê het: Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie?
37. En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!
38. Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
39. En dit het Hy gesê van die Gees wat die sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
40. Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet.
41. Ander het gesê: Hy is die Christus. En ander het gesê: Kom die Christus dan uit Galil,a?
42. Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie?
43. Daar het toe verdeeldheid onder die skare gekom oor Hom.
44. En sommige van hulle wou Hom gevange neem, maar niemand het die hand aan Hom geslaan nie.
45. Die dienaars kom toe by die owerpriesters en die Fariseërs, en die sê vir hulle: Waarom het julle Hom nie gebring nie?
46. Die dienaars antwoord: Nooit het 'n mens so gespreek soos hierdie mens nie.
47. En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie?
48. Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs?
49. Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek!
50. Nikod,mus -- hy wat in die nag na Hom gegaan het, wat een van hulle was -- sê vir hulle:
51. Oordeel ons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te weet wat hy doen?
52. Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is tog nie ook uit Galil,a nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit Galil,a opgestaan het nie.
53. En elkeen het huis toe gegaan.