A A A A A

Piibel ühe aasta


Svibnja 21


2 Samuel 13:1-39
1. En daarna het dit gebeur. Absalom, die seun van Dawid, het naamlik 'n mooi suster gehad met die naam van Tamar, en Amnon, die seun van Dawid, was verlief op haar.
2. En Amnon het dit hom so aangetrek, dat hy siek was oor sy suster Tamar; want sy was 'n jongmeisie, en dit was in Amnon se oë onmoontlik om haar iets aan te doen.
3. Maar Amnon het 'n vriend gehad, met die naam van Jonadab, 'n seun van Dawid se broer S¡mea; en Jonadab was 'n baie skrander man.
4. En die vra hom: Waarom lyk jy môre vir môre so bedruk, seun van die koning? Sal jy my dit nie te kenne gee nie? Toe sê Amnon vir hom: Ek is verlief op Tamar, die suster van my broer Absalom.
5. Toe sê Jonadab vir hom: Gaan lê op jou bed en hou jou siek. As jou vader dan kom om jou te sien, moet jy vir hom sê: Laat my suster Tamar tog kom en my iets gee om te eet en die ete voor my oë klaarmaak, dat ek dit kan sien en uit haar hand eet.
6. En Amnon het gaan lê en hom siek gehou. Toe die koning kom om hom te sien, sê Amnon aan die koning: Laat my suster Tamar tog kom en voor my oë twee koekies maak, dat ek uit haar hand kan eet.
7. Daarop het Dawid na Tamar in die huis gestuur en gesê: Gaan tog in die huis van jou broer Amnon en maak vir hom ete klaar.
8. Toe gaan Tamar in die huis van haar broer Amnon terwyl hy daar lê, en sy het deeg geneem en geknie en koekies voor sy oë gemaak en die koekies gebak.
9. En sy het die pan geneem en dit voor hom omgekeer, maar hy het geweier om te eet. En Amnon het gesê: Laat almal van my weggaan! En almal het van hom weggegaan.
10. Toe sê Amnon aan Tamar: Bring die ete in die slaapkamer, dat ek uit jou hand kan eet. En Tamar het die koekies wat sy gemaak het, geneem en vir haar broer Amnon in die slaapkamer gebring.
11. Terwyl sy dit nader bring na hom om te eet, het hy haar gegryp en vir haar gesê: Kom lê by my, my suster!
12. Maar sy sê vir hom: Asseblief nie, my broer, onteer my nie, want so iets mag in Israel nie gedoen word nie; moenie so 'n skande begaan nie.
13. Waar sou ,k tog met my skande heen, en jy sou soos een van die dwase in Israel wees; spreek dan tog nou met die koning, want hy sal my nie van jou terughou nie.
14. Maar hy wou nie na haar luister nie en het haar oorweldig en haar onteer en met haar gemeenskap gehad.
15. Toe het Amnon 'n baie groot afkeer van haar gekry, ja, die afkeer wat hy van haar gekry het, was groter as die liefde waarmee hy haar liefgehad het; en Amnon sê vir haar: Staan op, gaan weg!
16. Maar sy sê vir hom: Aangaande die kwaad om my weg te stuur, dit is groter as die ander wat jy my aangedoen het. Maar hy wou nie na haar luister nie.
17. Daarop roep hy sy kneg wat hom bedien, en sê: Stuur hierdie vrou tog van my af weg buitentoe, en sluit die deur agter haar toe.
18. En sy het 'n lang rok met moue aangehad, want sulke mantels het die koninklike dogters wat maagde was, gedra. Toe sy bediende haar buitentoe uitgebring en die deur agter haar toegesluit het,
19. het Tamar as op haar hoof gestrooi en daardie lang rok met moue geskeur; daarby het sy haar hand op haar hoof gelê en aldeur geloop en weeklaag.
20. En haar broer Absalom sê vir haar: Was jou broer Amnon by jou? Swyg dan nou, my suster! Hy is jou broer, sit jou hart nie op hierdie saak nie. So het Tamar dan as 'n verlatene in die huis van haar broer Absalom gebly.
21. Toe koning Dawid al hierdie dinge hoor, het hy baie kwaad geword.
22. Maar Absalom het met Amnon geen kwaad of goed gepraat nie, maar Absalom het Amnon gehaat, omdat hy sy suster Tamar onteer het.
23. En n twee volle jare het Absalom skeerders gehad in Ba„l-Hasor wat by Efraim is, en Absalom het al die seuns van die koning genooi.
24. Daarop kom Absalom by die koning en sê: Kyk tog, u dienaar het skeerders. Laat die koning en sy dienaars tog met u dienaar saamgaan.
25. Maar die koning sê vir Absalom: Ag nee, my seun, laat ons tog nie almal saamgaan nie, sodat ons jou nie lastig val nie. En hy het by hom aangehou, maar hy wou nie gaan nie en het hom die afskeidseën gegee.
26. Daarop sê Absalom: So nie, laat my broer Amnon tog saam met ons gaan. Maar die koning sê vir hom: Waarom moet hy met jou saamgaan?
27. Toe Absalom dan by hom aanhou, het hy Amnon en al die seuns van die koning met hom saam laat gaan.
28. En Absalom het sy dienaars bevel gegee en gesê: Let tog op, net soos Amnon se hart vrolik is van die wyn en ek vir julle sê: Slaan Amnon dood! dan moet julle hom doodmaak. Wees nie bevrees nie; het ,k julle dit nie beveel nie? Wees sterk en wees wakker manne.
29. En die dienaars van Absalom het met Amnon gedoen soos Absalom hulle beveel het. Toe het al die seuns van die koning opgestaan, en hulle het elkeen op sy muil geklim en gevlug.
30. Terwyl hulle op pad was, kom die gerug by Dawid: Absalom het al die seuns van die koning doodgeslaan en nie een van hulle het oorgebly nie.
31. Toe staan die koning op en skeur sy klere en gaan lê op die grond, terwyl al sy dienaars met geskeurde klere daarby staan.
32. Maar Jonadab, die seun van Dawid se broer S¡mea, het geantwoord en gesê: My heer moet nie dink dat hulle al die jongmanne, die seuns van die koning, gedood het nie, maar Amnon alleen is dood, want dit was aan die gesig van Absalom te sien van die dag af dat hy sy suster Tamar onteer het.
33. My heer die koning moet dit dan nou nie ter harte neem en dink al die seuns van die koning is dood nie. Maar Amnon alleen is dood.
34. En Absalom het gevlug. Toe die jongman wat op wag staan, sy oë opslaan, sien hy dat daar 'n groot skare kom van 'n pad agter hom, aan die kant van die berg.
35. En Jonadab sê aan die koning: Kyk, daar kom die seuns van die koning; volgens die woord van u dienaar, so het dit gebeur.
36. En net toe hy klaar gespreek het -- daar kom die seuns van die koning aan en verhef hulle stem en ween. En ook die koning en al sy dienaars het geween met 'n baie groot geween.
37. Maar Absalom het gevlug en na T lmai, die seun van Amm¡hur, die koning van Gesur, gegaan. En Dawid het al die dae gerou oor sy seun.
38. En Absalom het gevlug en na Gesur gegaan, en hy was daar drie jaar lank.
39. En die gees van koning Dawid het baie verlang om na Absalom uit te gaan, want hy het homself getroos oor Amnon, dat hy dood was.

2 Samuel 14:1-33
1. Toe Joab, die seun van Seruja, merk dat die hart van die koning aan Absalom verkleef was,
2. het Joab na Tekoa gestuur en daarvandaan 'n skrander vrou laat haal en aan haar gesê: Stel jou tog aan soos een wat treur, en trek rouklere aan; en salf jou nie met olie nie, maar hou jou soos 'n vrou wat al baie dae rou oor 'n dode.
3. Gaan dan na die koning en spreek met hom volgens hierdie woord. En Joab het die woorde in haar mond gelê.
4. En die vrou uit Tekoa het by die koning ingekom en op haar aangesig op die grond geval en gebuig en gesê: Help, o koning!
5. Toe vra die koning haar: Wat wil jy hê? En sy sê: Voorwaar, ek is 'n weduwee en my man is dood.
6. En u dienares het twee seuns gehad, en hulle twee het met mekaar geveg in die veld; en daar was niemand om hulle uitmekaar te maak nie, sodat die een die ander neergeslaan en hom gedood het.
7. En kyk, toe staan die hele geslag op teen u dienares, en hulle sê: Gee hom wat sy broer doodgeslaan het, dat ons hom kan doodmaak vir die lewe van sy broer wat hy vermoor het, ja, ook die erfgenaam kan verdelg. So wil hulle dan my vuurkool wat oorgebly het, uitdoof om vir my man geen naam of oorblyfsel op die aardbodem te laat bly nie.
8. En die koning antwoord die vrou: Gaan na jou huis, en ek sal oor jou bevel gee.
9. Daarop sê die vrou uit Tekoa aan die koning: Op my, my heer die koning, en op my familie sal die skuld rus, maar die koning en sy troon is onskuldig.
10. En die koning antwoord: Elkeen wat met jou spreek, moet jy na my bring, dan sal hy jou verder nie meer aanraak nie.
11. En sy sê: Laat die koning tog dink aan die HERE u God, sodat die bloedwreker nie te veel vernieling aanrig en hulle my seun nie verdelg nie. Toe sê hy: So waar as die HERE leef, nie een haar van jou seun sal op die grond val nie!
12. En die vrou vra: Laat u dienares tog 'n woord met my heer die koning spreek. En hy antwoord: Spreek.
13. Toe sê die vrou: Waarom het u dan so iets bedink teen die volk van God? Want daardeur dat die koning hierdie woord spreek, is hy soos 'n skuldige deurdat die koning sy eie verstotene nie laat terugkom nie.
14. Want ons moet eenmaal sterwe en soos water wees wat uitgegooi word op die grond, wat 'n mens nie weer kan versamel nie; en God neem die lewe nie weg nie, maar Hy koester gedagtes om 'n verstotene nie van Hom af te stoot nie.
15. Dat ,k dan nou kom om hierdie woord met my heer die koning te spreek, was omdat die volk my bevrees gemaak het. Maar u dienares het gedink: Laat ek tog met die koning gaan spreek; miskien sal die koning die wens van u dienares uitvoer.
16. Want die koning sal seker luister om sy dienares te red uit die hand van die man wat probeer om my en my seun saam uit die erfdeel van God uit te roei.
17. Verder het u dienares gedink: Mag tog die woord van my heer die koning tot gerusstelling wees. Want soos 'n engel van God, so is my heer die koning om goed en kwaad te verstaan. En mag die HERE u God met u wees!
18. Toe antwoord die koning die vrou en sê: Steek tog vir my niks weg wat ek jou sal vra nie. En die vrou sê: Laat my heer die koning maar spreek.
19. Daarop vra die koning: Het Joab die hand in dit alles met jou saam? En die vrou antwoord en sê: So waar as u siel leef, my heer die koning, dit is onmoontlik om regs of links af te wyk van alles wat my heer die koning gespreek het; ja, u dienaar Joab, hy het my bevel gegee, en hy het al hierdie woorde in u dienares se mond gelê.
20. Om die saak 'n ander voorkoms te gee, het u dienaar Joab hierdie ding gedoen. Maar my heer is wys soos die wysheid van 'n engel van God om alles te weet wat op die aarde gebeur.
21. En die koning sê vir Joab: Nou kyk, ek voer hierdie wens uit. Gaan dan heen, bring die jongman Absalom terug.
22. Daarop val Joab op sy aangesig op die grond en hy buig hom neer en seën die koning. En Joab sê: Vandag weet u dienaar dat ek guns in u oë gevind het, my heer die koning, omdat die koning die wens van sy dienaar uitvoer.
23. En Joab het hom klaargemaak en na Gesur gegaan en Absalom na Jerusalem gebring.
24. En die koning het gesê: Hy kan in sy huis intrek, maar my aangesig mag hy nie sien nie. En Absalom het in sy huis ingetrek, maar die aangesig van die koning nie gesien nie.
25. En in die hele Israel was daar geen man so mooi soos Absalom, so geprys nie: van sy voetsool af tot sy hoofskedel toe was daar geen gebrek aan hom nie.
26. En as hy sy hoof laat skeer -- hy het dit naamlik aan die end van elke jaar laat skeer, omdat dit vir hom te swaar was, daarom het hy dit laat skeer -- dan het die hare van sy hoof twee honderd sikkels geweeg volgens die koninklike gewig.
27. En vir Absalom is drie seuns gebore en een dogter met die naam van Tamar, 'n vrou wat mooi van aansien was.
28. En Absalom het twee volle jare in Jerusalem gewoon sonder dat hy die aangesig van die koning gesien het.
29. Daarom het Absalom Joab laat roep, om hom na die koning te stuur, maar hy wou nie na hom kom nie; en hy het nog vir die tweede keer gestuur, maar hy wou nie kom nie.
30. Daarop sê hy aan sy dienaars: Kyk, Joab se stuk land is langsaan myne, en hy het gars daarop; gaan steek dit aan die brand. En Absalom se dienaars het die stuk land aan die brand gesteek.
31. Toe staan Joab op en kom by Absalom in die huis en vra hom: Waarom het jou dienaars die stuk land wat aan my behoort, aan die brand gesteek?
32. En Absalom sê vir Joab: Kyk, ek het na jou gestuur om te sê: Kom hierheen, dat ek jou na die koning kan stuur om te vra: Waarvoor het ek van Gesur af gekom? Dit was vir my beter as ek nog daar was. Ek wil dan nou die aangesig van die koning sien, en as daar by my skuld is, laat hy my dan doodmaak.
33. Toe het Joab na die koning gegaan en hom dit meegedeel. En hy het Absalom geroep, en die het na die koning gegaan en voor hom gebuig met sy aangesig na die aarde toe, voor die koning; en die koning het Absalom gesoen.

Psalms 66:1-7
1. Vir die musiekleier. 'n Lied. 'n Psalm. Juig tot eer van God, o ganse aarde!
2. Besing die eer van sy Naam, maak heerlik sy lofsang!
3. Sê tot God: Hoe vreeslik is u werke! Deur die grootheid van u sterkte sal u vyande kruipende na U toe kom.
4. Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela.
5. Kom en aanskou die dade van God, Hy wat gedug is in werking oor die mensekinders.
6. Hy het die see verander in droë land; hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar was ons bly in Hom.
7. Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela.

Spreuke 16:25-26
25. Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
26. Die honger van die werksman arbei vir hom, want sy mond jaag hom aan.

Johannes 6:52-71
52. Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet?
53. En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.
54. Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
55. Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.
56. Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.
57. Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.
58. D¡t is die brood wat uit die hemel neergedaal het -- nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.
59. Hierdie dinge het Hy gesê in die sinagoge toe Hy in Kap,rnam onderrig gegee het.
60. En baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?
61. En Jesus het in Homself geweet dat sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle: Is dit julle tot 'n aanstoot?
62. Hoe dan as julle die Seun van die mens daarheen sien opvaar waar Hy tevore was?
63. Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
64. Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai.
65. En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie.
66. Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.
67. Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie?
68. En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.
69. En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.
70. Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is 'n duiwel!
71. En Hy het bedoel Judas Isk riot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.