A A A A A

Bybel in een jaar


April 22


Regters 9:1-57
1. En Abim,leg, die seun van Jerubba„l, het heengegaan na Sigem, na die broers van sy moeder, en hy het met hulle en met die hele geslag van sy moeder se familie gespreek en gesê:
2. Spreek tog voor die ore van al die burgers van Sigem: Wat is vir julle beter -- dat sewentig man, almal seuns van Jerubba„l, oor julle heers, of dat een man oor julle heers? En dink daaraan dat ek julle gebeente en julle vlees is.
3. Toe die broers van sy moeder al hierdie woorde voor die ore van al die burgers van Sigem oor hom spreek, het hulle hart Abim,leg gevolg; want hulle het gesê: Hy is ons broer.
4. Hulle het hom toe sewentig sikkels silwer uit die huis van Ba„l-Ber¡t gegee, en daarmee het Abim,leg ydele en ligsinnige manne gehuur, en hulle het hom gevolg.
5. En hy het in die huis van sy vader gegaan, in Ofra, en sy broers, die seuns van Jerubba„l, sewentig man, op een klip vermoor; maar Jotam, die jongste seun van Jerubba„l, het oorgebly, want hy het weggekruip.
6. Daarop het al die burgers van Sigem en die hele huis Millo bymekaargekom en Abim,leg gaan koning maak by die terpentynboom van die gedenkteken wat by Sigem is.
7. Toe hulle dit aan Jotam meedeel, het hy op die top van die berg Ger¡sim gaan staan en sy stem verhef en uitgeroep en aan hulle gesê: Luister na my, burgers van Sigem, sodat God na julle kan luister.
8. Eendag het die bome gegaan om 'n koning oor hulle te salf en aan die olyfboom gesê: Wees koning oor ons!
9. Maar die olyfboom het vir hulle gesê: Sou ek my vettigheid opgee wat God en die mense in my prys, en oor die bome gaan swewe?
10. Toe sê die bome vir die vyeboom: Kom jy, wees koning oor ons.
11. Maar die vyeboom het vir hulle gesê: Sou ek my soetigheid en my goeie vrugte opgee en oor die bome gaan swewe?
12. Toe sê die bome vir die wingerdstok: Kom jy, wees koning oor ons.
13. Maar die wingerdstok het vir hulle gesê: Sou ek my mos opgee wat God en die mense vrolik maak, en oor die bome gaan swewe?
14. Toe sê al die bome vir die steekdoring: Kom jy, wees koning oor ons!
15. En die steekdoring het vir die bome gesê: As julle in waarheid my as koning oor julle salf, kom dan, skuil in my skaduwee; maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit die steekdoring en die seders van die L¡banon verteer.
16. As julle dan nou in waarheid en in opregtheid gehandel het deur Abim,leg koning te maak, en as julle goed gedoen het aan Jerubba„l en sy huis, en as julle aan hom gedoen het na die verdienste van sy hande --
17. julle vir wie my vader geveg en sy lewe gewaag het, en wat hy uit die hand van die Midianiete gered het,
18. maar wat vandag opgestaan het teen die huis van my vader, en sy seuns, sewentig man, op een klip vermoor het en Abim,leg, die seun van sy slavin, koning gemaak het oor die burgers van Sigem omdat hy julle broer is --
19. as julle dan vandag in waarheid en in opregtheid gehandel het met Jerubba„l en sy huis, wees dan vrolik oor Abim,leg, en mag hy ook vrolik wees oor julle.
20. Maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit Abim,leg en die burgers van Sigem en die huis Millo verteer; en laat daar vuur uitgaan uit die burgers van Sigem en uit die huis Millo en Abim,leg verteer.
21. Daarop het Jotam padgegee en weggevlug en na Beër gegaan en daar gebly vanweë Abim,leg, sy broer.
22. Toe Abim,leg drie jaar oor Israel geheers het,
23. het God 'n bose gees gestuur tussen Abim,leg en die burgers van Sigem, en die burgers van Sigem het troueloos gehandel teen Abim,leg,
24. sodat die onreg teen die sewentig seuns van Jerubba„l sou uitkom, en Hy hulle bloed sou lê op hul broer Abim,leg wat hulle vermoor het, ook op die burgers van Sigem wat sy hande versterk het om sy broers te vermoor.
25. So het die burgers van Sigem dan teen hom hinderlae opgestel bo-op die berge en almal beroof wat op die pad by hulle verbykom. En dit is aan Abim,leg meegedeel.
26. Toe kom Gaäl, die seun van Ebed, met sy broers en hulle trek oor na Sigem toe; en die burgers van Sigem het op hom vertrou.
27. En hulle het uitgegaan in die veld en hulle wingerde afgeoes en uitgetrap en oesfees gehou; daarop het hulle in die huis van hulle god ingegaan en geëet en gedrink en Abim,leg gevloek.
28. Toe sê Gaäl, die seun van Ebed: Wie is Abim,leg -- en wat is Sigem -- dat ons hom sou dien? Is hy nie die seun van Jerubba„l, en is Sebul nie sy stadsbestuurder nie? Dien die manne van Hemor, die vader van Sigem, maar waarom moet ons hom dien?
29. Ag, was hierdie volk maar in my hand, dan sou ek Abim,leg wegjaag! En met die oog op Abim,leg het hy gesê: Vermeerder maar jou leër en trek uit!
30. Toe Sebul, die owerste van die stad, die woorde van Gaäl, die seun van Ebed, hoor, het hy kwaad geword
31. en listig boodskappers na Abim,leg gestuur om te sê: Kyk, Ga„l, die seun van Ebed, met sy broers, het in Sigem gekom, en kyk, hulle maak die stad teen u op.
32. Maak dan nou in die nag klaar, u met die manskappe wat by u is, en stel 'n hinderlaag op in die veld.
33. Dan kan u in die môre vroeg as die son uitkom, u gereed hou en 'n aanval teen die stad maak; en as hy met die manskappe wat by hom is, uittrek na u toe, handel dan met hom na bevind van sake.
34. Daarop het Abim,leg en al die manskappe wat by hom was, in die nag klaargemaak en hinderlae in vier dele by Sigem opgestel.
35. En Ga„l, die seun van Ebed, het uitgegaan en by die ingang van die stadspoort gaan staan; en toe Abim,leg en al die manskappe wat by hom was, opstaan uit die hinderlaag,
36. sien Ga„l die manskappe en sê vir Sebul: Kyk, daar kom mense van die bergtoppe af; maar Sebul sê vir hom: Jy sien die skaduwee van die berge vir mense aan!
37. Maar Ga„l hou aan en sê: Kyk, daar kom mense van die hoogste punt van die land af, en een deel kom uit die rigting van die eik van die towenaar.
38. Daarop sê Sebul vir hom: Waar is nou jou mond waarmee jy gesê het: Wie is Abim,leg, dat ons hom sou dien? Is dit nie die manskappe wat jy verag het nie? Trek nou tog uit en veg teen hulle!
39. Toe trek Gaäl uit voor die burgers van Sigem en veg teen Abim,leg.
40. Maar Abim,leg het hom agtervolg, en hy het voor hom uit gevlug, en baie het gesneuwel tot by die ingang van die poort.
41. En Abim,leg het in Aruma gebly, maar Sebul het Ga„l en sy broers verjaag, dat hulle nie in Sigem kon bly woon nie.
42. En toe die mense die volgende dag uittrek in die veld, is dit aan Abim,leg meegedeel.
43. Daarop het hy die manskappe geneem en hulle in drie dele verdeel en 'n hinderlaag opgestel in die veld; en toe hy sien dat die mense die stad uittrek, val hy op hulle aan en verslaan hulle.
44. Want Abim,leg en die dele wat by hom was, het ingestorm en gaan staan by die ingang van die stadspoort, en die ander twee dele het almal wat in die veld was, bestorm en hulle verslaan.
45. En Abim,leg het daardie hele dag teen die stad geveg en die stad ingeneem en die mense wat daarin was, gedood en die stad afgebreek en dit met sout besaai.
46. Toe al die burgers van die toring van Sigem dit hoor, gaan hulle in die kelder van die tempel van El-Ber¡t in.
47. En toe dit aan Abim,leg meegedeel is dat al die burgers van die toring van Sigem bymekaargekom het,
48. klim Abim,leg, hy en al die manskappe wat by hom was, op die berg Salmon; en Abim,leg het byle met hom saamgeneem en 'n boomtak afgekap en opgetel en dit op sy skouer gesit en aan die manskappe wat by hom was, gesê: Wat julle my sien doen, doen dit my gou na.
49. Daarop kap al die manskappe ook elkeen sy tak af en hulle volg Abim,leg en gooi dit op die kelder en steek die kelder bo-op hulle aan die brand, sodat ook al die mense van die Sigemstoring, omtrent duisend manne en vroue, gesterf het.
50. Daarna het Abim,leg na Tebes getrek en Tebes beleër en dit ingeneem.
51. Maar in die middel van die stad was 'n sterk toring; en daarheen het al die manne en vroue en al die burgers van die stad gevlug, en hulle het agter hulle toegesluit en bo-op die dak van die toring geklim.
52. En Abim,leg het gekom tot by die toring en daarteen geveg; maar toe hy nader kom tot by die ingang van die toring om dit met vuur te verbrand,
53. gooi 'n vrou die boonste meulsteen op die hoof van Abim,leg en verbrysel sy skedel.
54. Toe roep hy gou die dienaar, sy wapendraer, en sê vir hom: Trek jou swaard uit en maak my van kant, dat hulle nie van my kan sê: 'n Vrou het hom gedood nie. Daarop het sy dienaar hom deurboor, en hy het gesterwe.
55. En toe die manne van Israel sien dat Abim,leg dood was, het hulle elkeen na sy woonplek gegaan.
56. So het God dan die kwaad van Abim,leg vergelde wat hy sy vader aangedoen het deur sy sewentig broers te vermoor.
57. En al die kwaad van die manne van Sigem het God op hulle eie hoof laat neerkom; en die vloek van Jotam, die seun van Jerubba„l, het oor hulle gekom.

Regters 10:1-18
1. En n Abim,leg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, 'n man uit Issaskar, opgetree om Israel te verlos; en hy het gewoon in Samir op die gebergte van Efraim.
2. En hy het Israel drie en twintig jaar lank gerig; en hy het gesterwe en is in Samir begrawe.
3. En n hom het Ja‹r, die Gileadiet, opgetree, en hy het Israel twee en twintig jaar lank gerig.
4. En hy het dertig seuns gehad, wat op dertig jong esels gery en dertig stede gehad het; die word tot vandag toe die Ja‹rsdorpe genoem wat in die land G¡lead lê.
5. En Ja‹r het gesterwe en is in Kamon begrawe.
6. En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en hulle het die Ba„ls en die Astartes gedien, en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van die Filistyne, en hulle het die HERE verlaat en Hom nie gedien nie.
7. Daarom het die toorn van die HERE ontvlam teen Israel, en Hy het hulle verkoop in die hand van die Filistyne en in die hand van die kinders van Ammon.
8. En hulle het die kinders van Israel verpletter en verdruk in daardie jaar, agttien jaar lank, al die kinders van Israel wat oorkant die Jordaan gewoon het in die land van die Amoriete, wat in G¡lead was.
9. Daarby het die kinders van Ammon die Jordaan oorgetrek om ook teen Juda en Benjamin en die huis van Efraim te veg, sodat Israel dit baie benoud gehad het.
10. Toe roep die kinders van Israel die HERE aan en sê: Ons het teen U gesondig, want ons het onse God verlaat en die Baäls gedien.
11. Maar die HERE het aan die kinders van Israel gesê: Het Ek julle nie van die Egiptenaars en van die Amoriete, van die kinders van Ammon en van die Filistyne --
12. en toe die Sidoniërs en Amalekiete en Maoniete julle verdruk en julle My aangeroep het -- julle uit hulle hand verlos nie?
13. Maar julle het My verlaat en ander gode gedien; daarom sal Ek julle nie meer verlos nie.
14. Gaan heen en roep die gode aan wat julle verkies het; laat die julle verlos in die tyd van julle benoudheid.
15. Toe sê die kinders van Israel aan die HERE: Ons het gesondig; maak met ons net soos dit goed is in u oë; verlos ons tog net vandag.
16. En hulle het die vreemde gode uit hulle midde verwyder en die HERE gedien; toe het Hy ongeduldig geword oor die moeite van Israel.
17. En die kinders van Ammon is byeengeroep en het laer opgeslaan in G¡lead; maar die kinders van Israel het bymekaargekom en laer opgeslaan by Mispa.
18. Toe sê die manskappe, die vorste van G¡lead, die een aan die ander: Wie is die man wat sal begin om te veg teen die kinders van Ammon? Hy sal hoof wees oor al die inwoners van G¡lead.

Psalms 50:1-6
1. 'n Psalm van Asaf. Die God van die gode, die HERE, spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.
2. Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn God in ligglans.
3. Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig.
4. Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel:
5. Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit!
6. En -- die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela.

Spreuke 14:25-27
25. 'n Betroubare getuie red lewens, maar hy wat leuens uitstrooi, is bedrog.
26. In die vrees van die HERE lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees.
27. Die vrees van die HERE is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.

Lukas 16:1-31
1. En Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was 'n ryk man wat 'n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis.
2. En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.
3. Toe sê die bestuurder by homself: Wat sal ek doen? Want my heer neem die bestuurderskap van my weg. Spit kan ek nie; om te bedel, skaam ek my.
4. Ek weet wat ek sal doen, sodat wanneer ek van die bestuurderskap afgesit is, hulle my in hulle huise kan ontvang.
5. Toe roep hy die skuldenaars van sy heer, een vir een, en sê vir die eerste: Hoeveel skuld jy aan my heer?
6. En hy antwoord: honderd vat olie. En hy sê vir hom: Neem jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.
7. Daarna sê hy vir 'n ander een: En jy, hoeveel skuld jy? En hy antwoord: honderd mud koring. Toe sê hy vir hom: Neem jou skuldbewys en skryf tagtig.
8. En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.
9. En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.
10. Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.
11. As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?
12. En as julle nie getrou was in 'n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?
13. Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal •f die een haat en die ander een liefhê, •f die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God ,n Mammon dien nie.
14. En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp.
15. En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is 'n gruwel voor God.
16. Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.
17. Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.
18. Elkeen wat van sy vrou skei en 'n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.
19. En daar was 'n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe.
20. En daar was 'n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het.
21. En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek.
22. En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham.
23. En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.
24. En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.
25. Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.
26. En by dit alles is daar tussen ons en julle 'n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat d r is, nie na ons kan oorkom nie.
27. En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur --
28. want ek het vyf broers -- om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie.
29. Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na die luister.
30. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer.
31. Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.