A A A A A

Bybel in een jaar


April 18


Regters 1:1-36
1. En n die dood van Josua het die kinders van Israel die HERE geraadpleeg en gesê: Wie van ons moet eerste optrek teen die Kana„niete om teen hulle te veg?
2. En die HERE het gesê: Juda moet optrek. Kyk, Ek gee die land in sy hand.
3. Toe sê Juda aan sy broer S¡meon: Trek saam met my op in my aandeel, dat ons die Kana„niete kan beveg, dan sal ek ook met jou saam optrek in jou aandeel. En S¡meon het saam met hom getrek;
4. en toe Juda optrek, het die HERE die Kana„niete en Feresiete in hul hand gegee, sodat hulle tien duisend man van hulle by Besek verslaan het.
5. En hulle het Adoni-Besek aangetref in Besek en teen hom geveg, en die Kana„niete en Feresiete verslaan.
6. En toe Adoni-Besek wegvlug, het hulle hom agternagejaag en hom gevang en sy duime en sy groottone afgekap.
7. Daarop sê Adoni-Besek: Sewentig konings met afgekapte duime en groottone het onder my tafel krummels opgetel: soos ek gedoen het, so het God my vergeld. En hulle het hom na Jerusalem gebring, en daar het hy gesterwe.
8. En die kinders van Juda het teen Jerusalem geveg en dit ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan en die stad aan die brand gesteek.
9. En daarna het die kinders van Juda afgetrek om te veg teen die Kana„niete wat op die Gebergte en in die Suidland en in die Laeveld gewoon het.
10. Juda het dan teen die Kana„niete uitgetrek, die inwoners van Hebron -- maar die naam van Hebron was tevore Kirjat-Arba en hulle het Sesai en Ah¡man en Talmai verslaan.
11. En daarvandaan het hy uitgetrek teen die inwoners van Debir -- maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer.
12. En Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee.
13. Daarop het Otniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee.
14. En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê?
15. En sy sê vir hom: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee Kaleb haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.
16. En die kinders van die Keniet, die swaer van Moses, het saam met die kinders van Juda opgetrek uit die Palmstad na die woestyn van Juda wat in die suide van Arad lê; en hy het heengegaan en met die volk saamgewoon.
17. En Juda het saam met sy broer S¡meon getrek, en hulle het die Kana„niete verslaan wat in Sefat gewoon het en dit met die banvloek getref; daarom noem hulle die stad Horma.
18. En Juda het Gasa met sy grondgebied en Askelon met sy grondgebied en Ekron met sy grondgebied ingeneem.
19. En die HERE was met Juda, sodat hy die gebergte in besit geneem het; maar die bewoners van die laagte kon hy nie verdrywe nie, omdat hulle ysterwaens gehad het.
20. En hulle het Hebron aan Kaleb gegee, soos Moses gespreek het; en hy het die drie seuns van Enak daaruit verdrywe.
21. En die kinders van Benjamin het die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdrywe nie, sodat die Jebusiete saam met die kinders van Benjamin in Jerusalem woon tot vandag toe.
22. En die huis van Josef, hulle het ook opgetrek na Bet-el, en die HERE was met hulle.
23. En toe die huis van Josef Bet-el laat bespied -- maar die naam van die stad was tevore Lus --
24. sien die spioene 'n man uit die stad uitkom, en hulle sê vir hom: Wys ons tog 'n plek om in die stad in te kom, dan sal ons jou 'n guns bewys.
25. Hy wys hulle toe 'n plek om in die stad in te kom; en hulle het die stad verslaan met die skerpte van die swaard; maar die man en sy hele geslag het hulle laat gaan.
26. En die man het weggetrek na die land van die Hetiete, en hy het 'n stad gebou en dit Lus genoem; dit is sy naam tot vandag toe.
27. En Manasse het Bet-Sean met sy onderhorige plekke en T änag met sy onderhorige plekke en die inwoners van Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van J¡bleam met sy onderhorige plekke en die inwoners van Meg¡ddo met sy onderhorige plekke nie verdrywe nie; en die Kana„niete het verkies om in hierdie land te bly woon.
28. Maar toe Israel sterk word, het hy die Kana„niete dienspligtig gemaak; hy het hulle egter nie heeltemal verdrywe nie.
29. En Efraim het die Kana„niete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde in Geser bly woon het.
30. S,bulon het die inwoners van Kitron en die inwoners van N halol nie verdrywe nie; sodat die Kana„niete in sy midde bly woon het; maar hulle het dienspligtig geword.
31. Aser het die inwoners van Akko en die inwoners van Sidon en Aglab en Agsib en Helba en Afik en Rehob nie verdrywe nie;
32. sodat die Aseriete bly woon het onder die Kana„niete, die bevolking van die land, want hulle het hulle nie verdrywe nie.
33. N ftali het die inwoners van Bet-Semes en die inwoners van Bet-Anat nie verdrywe nie, sodat hy bly woon het onder die Kana„niete, die bevolking van die land; maar die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat het aan hulle dienspligtig geword.
34. En die Amoriete het die kinders van Dan die gebergte in gedruk, want hulle het hul nie toegelaat om na die laagte af te kom nie;
35. sodat die Amoriete verkies het om te bly woon in Har-Heres, in Ajalon en in S älbim; maar die hand van die huis van Josef was swaar, sodat hulle dienspligtig geword het.
36. En die grens van die Amoriete was van Skerpioen-nek, van die rots af, en verder op.

Regters 2:1-23
1. Toe trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met 'n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;
2. maar julle mag geen verbond met die inwoners van hierdie land maak nie; hulle altare moet julle omgooi. Maar julle het nie na my stem geluister nie. Wat het julle nou gedoen?
3. So sê Ek dan ook: Ek sal hulle nie voor julle uit verdrywe nie, sodat hulle vyande vir julle sal wees, en hulle gode 'n strik vir julle.
4. En terwyl die Engel van die HERE met hierdie woorde al die kinders van Israel toespreek, het die volk hulle stem verhef en geween;
5. en hulle het die plek Bogim genoem en daar aan die HERE geoffer.
6. Daarna het Josua die volk laat gaan, en die kinders van Israel het elkeen na sy erfdeel getrek om die land in besit te neem.
7. En die volk het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat n Josua nog in die lewe was, en al die groot werke van die HERE gesien het wat Hy vir Israel gedoen het.
8. Maar Josua, die seun van Nun, die kneg van die HERE, het gesterwe, honderd en tien jaar oud;
9. en hulle het hom begrawe op die gebied van sy erfdeel in Timnat-Heres, op die gebergte van Efraim, noord van die berg Ga„s.
10. En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar 'n ander geslag n hulle op wat die HERE en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie.
11. En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE: hulle het die Baäls gedien
12. en die HERE, die God van hulle vaders, verlaat wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en hulle het agter ander gode aan geloop, van die gode van die volke wat rondom hulle was, en hulle daarvoor neergebuig en die HERE geterg.
13. Maar toe hulle die HERE verlaat en die Ba„l en die Astartes dien,
14. het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; en Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon standhou voor hulle vyande nie.
15. Waarheen hulle ook al uittrek, was die hand van die HERE teen hulle ten kwade, soos die HERE gespreek en soos die HERE vir hulle gesweer het. Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak,
16. verwek die HERE rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers.
17. Na hulle rigters het hulle egter ook nie geluister nie, maar agter ander gode aan gehoereer en hulle daarvoor neergebuig; gou het hulle afgewyk van die weg wat hulle vaders bewandel het in gehoorsaamheid aan die gebooie van die HERE: so het hulle nie gedoen nie.
18. En wanneer die HERE vir hulle rigters verwek, was die HERE met die rigter om hulle te verlos uit die hand van hul vyande al die dae van die rigter, omdat die HERE medelyde gehad het vanweë hulle gekerm oor hulle verdrukkers en hulle verdringers.
19. Maar wanneer die rigter dood was, het hulle nog erger as hulle vaders gehandel deur agter ander gode aan te loop, om hulle te dien en hulle daarvoor neer te buig: hulle het niks laat vaar van hulle handelinge en van hulle hardnekkige wandel nie.
20. Daarom het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het gesê: Omdat hierdie nasie my verbond wat Ek hulle vaders beveel het, oortree en na my stem nie luister nie,
21. sal Ek ook verder geeneen van die nasies wat Josua by sy dood laat oorbly het, voor hulle uit verdrywe nie --
22. om Israel deur hulle op die proef te stel, of hulle die weg van die HERE sal hou deur daarin te wandel soos hulle vaders dit gehou het, of nie.
23. Daarom het die HERE daardie nasies laat oorbly sonder om hulle dadelik te verdrywe, en hulle nie in die hand van Josua gegee nie.

Psalms 48:1-8
1. 'n Lied. 'n Psalm van die kinders van Korag.
2. Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!
3. Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!
4. God het Hom in sy paleise bekend gemaak as 'n rotsvesting.
5. Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.
6. Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.
7. Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.
8. Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.

Spreuke 14:15-17
15. Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.
16. Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.
17. Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en 'n slinkse man word gehaat.

Lukas 14:1-24
1. En toe Hy in die huis van een van die owerstes van die Fariseërs gegaan het om brood te eet op die sabbat, het hulle Hom in die oog gehou.
2. En daar was voor Hom 'n man wat die water gehad het.
3. En Jesus het gespreek en aan die wetgeleerdes en Fariseërs gesê: Is dit geoorloof om op die sabbat te genees?
4. Maar hulle het stilgebly. Toe neem Hy hom en maak hom gesond en laat hom gaan.
5. En Hy antwoord en sê vir hulle: Wie van julle se esel of os sal in 'n put val, wat dit nie dadelik op die sabbatdag sal uittrek nie?
6. En hulle kon Hom daarop nie antwoord nie.
7. En toe Hy merk hoe hulle die voorste plekke uitkies, vertel Hy aan die genooides 'n gelykenis en sê vir hulle:
8. Wanneer jy deur iemand na 'n bruilof uitgenooi is, moenie die voorste plek inneem nie, ingeval daar nie miskien een wat waardiger is as jy deur hom uitgenooi is nie,
9. en hy wat jou en hom genooi het, kom en vir jou sê: Maak plek vir hierdie man. En dan sal jy met skaamte die agterste plek begin inneem.
10. Maar wanneer jy genooi is, gaan en neem die agterste plek in; sodat wanneer hy kom wat jou genooi het, hy vir jou kan sê: Vriend, gaan hoër op! Dan sal jy eer hê voor die wat saam met jou aan tafel is.
11. Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.
12. En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy 'n môre -- of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie.
13. Maar wanneer jy 'n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes,
14. en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.
15. En toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.
16. Maar Hy antwoord hom: 'n Sekere man het 'n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi.
17. En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed.
18. En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het 'n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog.
19. En 'n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog.
20. En 'n ander een het gesê: Ek het 'n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie.
21. En daardie dienskneg het gekom en die dinge aan sy heer vertel. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy dienskneg gesê: Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in.
22. En die dienskneg het gesê: Meneer, wat u beveel het, is gedoen, en daar is nog plek.
23. Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.
24. Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie.