A A A A A

Bybel in een jaar


April 11


Josua 11:1-23
1. En toe Jabin, die koning van Hasor, dit hoor, het hy gestuur na Jobab, die koning van Madon, en na die koning van Simron en na die koning van Agsaf;
2. verder na die konings in die Noorde, in die gebergte en op die Vlakte suid van K¡nnerot en in die Laeveld en op die hoëveld van Dor in die weste;
3. na die Kana„niete in die ooste en in die weste en die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Jebusiete op die gebergte en die Hewiete onderaan Hermon, in die land van Mispa.
4. Hulle het dan uitgetrek en al hulle leërs saam met hulle, 'n volk talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte, met 'n groot getal perde en strydwaens;
5. en al hierdie konings het volgens afspraak byeengekom en saam laer opgeslaan by die waters van Merom, om met Israel oorlog te voer.
6. Toe sê die HERE vir Josua: Wees vir hulle nie bevrees nie; want môre omtrent sulke tyd sal Ek hulle, almal verslaan, aan Israel oorgee; hulle perde se hakskeensenings moet jy afsny en hulle waens met vuur verbrand.
7. En Josua met al die weerbare manskappe by hom het skielik op hulle afgekom by die waters van Merom en hulle oorval.
8. En die HERE het hulle in die hand van Israel gegee, sodat die hulle verslaan en hulle agtervolg het tot by Groot-Sidon en tot by M¡srefot-Maim en tot by die laagte van Mispe teen die ooste; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle was wat vrygeraak het nie.
9. En Josua het met hulle gedoen soos die HERE aan hom gesê het: hulle perde se hakskeensenings het hy afgesny en hulle strydwaens met vuur verbrand.
10. En in die tyd het Josua omgedraai en Hasor ingeneem en sy koning met die swaard verslaan; want Hasor was tevore die hoof van al daardie koninkryke.
11. En hulle het al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan en hulle met die banvloek getref; niks wat asemhaal, het oorgebly nie, en Hasor het hy met vuur verbrand.
12. En al daardie koningstede met al hulle konings het Josua geneem en hulle met die skerpte van die swaard verslaan; hy het hulle met die banvloek getref, soos Moses, die kneg van die HERE, beveel het.
13. Net al die stede wat op hulle heuwels gelê het, die het Israel nie verbrand nie, behalwe Hasor alleen -- wat Josua verbrand het.
14. En al die buit van daardie stede en die vee het die kinders van Israel vir hulleself buitgemaak; net al die mense het hulle verslaan met die skerpte van die swaard, totdat hulle die verdelg het; hulle het niks wat asemhaal, laat oorbly nie.
15. Soos die HERE Moses, sy kneg, beveel het, so het Moses aan Josua bevel gegee, en so het Josua gehandel; hy het niks nagelaat van alles wat die HERE Moses beveel het nie.
16. So het Josua dan hierdie hele land ingeneem: die Gebergte en die hele Suidland en die hele land Gosen en die Laeveld en die Vlakte en die gebergte van Israel met sy laagte;
17. van die Kaal Berg af, wat oploop na Se‹r toe, tot by Baäl-Gad in die laagte van die L¡banon onderaan die berg Hermon; en al hulle konings het hy gevang en hulle verslaan en hulle gedood.
18. Baie lank het Josua met al hierdie konings oorlog gevoer.
19. Daar was geen stad wat met die kinders van Israel vrede gesluit het nie, behalwe die Hewiete, die inwoners van G¡beon; alles het hulle met wapengeweld geneem.
20. Want die HERE het dit so bestier dat hulle hul hardnekkig voorgeneem het om Israel te bestry, sodat die hulle met die banvloek sou tref, dat daar vir hulle geen genade sou wees nie; maar dat die hulle sou verdelg, soos die HERE Moses beveel het.
21. En in die tyd het Josua gekom en die Enakiete uitgeroei, uit die gebergte, uit Hebron, Debir, Anab en uit die hele gebergte van Juda en die hele gebergte van Israel; met hul stede saam het Josua hulle met die banvloek getref.
22. Niemand van die Enakiete het oorgebly in die land van die kinders van Israel nie; net in Gasa, in Gat en in Asdod het hulle oorgebly.
23. So het Josua dan die hele land ingeneem net soos die HERE met Moses gespreek het; en Josua het dit as 'n erfdeel aan Israel gegee volgens hulle afdelings, volgens hulle stamme; en die land het gerus van oorlog.

Josua 12:1-24
1. En dit is die konings van die land wat die kinders van Israel verslaan en wie se land hulle in besit geneem het oos van die Jordaan, teen sonop; van die Arnonrivier af tot by die berg Hermon, en die hele Vlakte teen die ooste:
2. Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon gewoon het, wat geheers het van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê: van die middel van die rivier af en oor die helfte van G¡lead tot by die Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon;
3. en oor die Vlakte tot by die K¡nnerotsee, na die ooste toe, en tot by die See van die Vlakte, die Soutsee, oostelik in die rigting van Bet-Haj,simot en teen die suide onderaan die hange van Pisga;
4. en die grondgebied van Og, die koning van Basan, uit 'n oorblyfsel van die Refa‹ete, wat in Astarot en Edr,‹gewoon het,
5. en wat geheers het oor die gebergte Hermon en oor Salka en oor die hele Basan tot by die grens van die Gesuriete en die Ma„gatiete, en tot die helfte van G¡lead, die grondgebied van Sihon, die koning van Hesbon.
6. Moses, die kneg van die HERE, en die kinders van Israel het hulle verslaan; en Moses, die kneg van die HERE, het dit as 'n besitting gegee aan die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse.
7. En dit is die konings van die land wat Josua en die kinders van Israel verslaan het, duskant die Jordaan na die weste toe: van Ba„l-Gad in die laagte van die L¡banon af tot by die Kaal Berg wat oploop na Se‹r toe; en Josua het dit as 'n besitting aan die stamme van Israel gegee volgens hulle afdelings --
8. op die Gebergte en in die Laeveld en in die Vlakte en aan die hange en in die woestyn en in die Suidland: die Hetiete, Amoriete en Kana„niete, die Feresiete, Hewiete en Jebusiete:
9. die koning van J,rigo, een; die koning van Ai wat langsaan Bet-el lê, een ;
10. die koning van Jerusalem, een; die koning van Hebron, een;
11. die koning van Jarmut, een; die koning van Lagis, een;
12. die koning van Eglon, een; die koning van Geser, een;
13. die koning van Debir, een; die koning van Geder, een;
14. die koning van Horma, een; die koning van Arad, een;
15. die koning van Libna, een; die koning van Adullam, een;
16. die koning van Makk,da, een; die koning van Bet-el, een;
17. die koning van Tappuag, een; die koning van Hefer, een;
18. die koning van Afek, een; die koning van Lass ron, een;
19. die koning van Madon, een; die koning van Hasor, een;
20. die koning van Simron-Meron, een; die koning van Agsaf, een;
21. die koning van T änag, een; die koning van Meg¡ddo, een;
22. die koning van Kedes, een; die koning van Jokneam, by die Karmel, een;
23. die koning van Dor, op die hoëveld van Dor, een; die koning van die heidene by Gilgal, een;
24. die koning van Tirsa, een -- al die konings saam, een en dertig.

Psalms 44:4-19
4. Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.
5. U self is my Koning, o God! Gebied die oorwinninge van Jakob.
6. Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan.
7. Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie;
8. maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.
9. In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela.
10. En tog het U ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie.
11. U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus.
12. U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi.
13. U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie.
14. U maak ons 'n smaad vir ons bure, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.
15. U maak ons 'n spreekwoord onder die nasies, 'n hoofskudding onder die volke.
16. My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;
17. weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.
18. Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie.
19. Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u pad nie afgebuig nie,

Spreuke 14:1-2
1. Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.
2. Wie in sy opregtheid wandel, vrees die HERE; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom.

Lukas 10:25-42
25. En daar het 'n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
26. En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?
27. En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.
28. Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.
29. Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste?
30. En Jesus antwoord en sê: 'n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na J,rigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.
31. En bygeval het 'n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.
32. En net so het ook 'n Leviet by die plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.
33. Maar 'n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,
34. en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na 'n herberg geneem en vir hom gesorg.
35. En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom.
36. Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?
37. En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.
38. En op hulle reis het Hy in 'n sekere dorp gekom, en 'n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang.
39. En sy het 'n suster gehad met die naam van Maria; die het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister.
40. Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help.
41. Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge;
42. maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.