A A A A A

Bybel in een jaar


Maart 19


Getalle 35:1-34
1. En die HERE het met Moses gespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van J,rigo, en gesê:
2. Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle aan die Leviete van hulle erflike besitting stede gee om te bewoon; ook moet julle weiveld rondom die stede aan die Leviete gee.
3. En die stede moet vir hulle dien om te bewoon; maar die weiveld wat daarby behoort, moet vir hulle diere en hulle besitting en al hulle lewende hawe wees.
4. En die weiveld van die stede wat julle aan die Leviete gee, moet van die stadsmuur af buitentoe duisend el rondom wees.
5. En julle moet buitekant die stad meet: aan die oostekant twee duisend el en aan die suidekant twee duisend el en aan die westekant twee duisend el en aan die noordekant twee duisend el, en die stad in die middel. Dit moet vir hulle as weiveld van die stede dien.
6. En die stede wat julle aan die Leviete gee, moet die ses vrystede wees wat julle moet gee, dat die een wat 'n doodslag begaan het, daarheen kan vlug; en daarby moet julle twee en veertig stede gee.
7. Al die stede wat julle aan die Leviete gee, moet wees agt en veertig stede, hulle saam met hul weiveld.
8. En wat die stede betref wat julle uit die besitting van die kinders van Israel gee -- julle moet van die wat baie is, baie neem, en van die wat min is, min neem; elke stam moet van sy stede aan die Leviete gee volgens die erfdeel wat elkeen gaan kry.
9. Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
10. Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle deur die Jordaan na die land Kana„n trek,
11. moet julle gunstig geleë stede vir julle uitsoek; as vrystede moet hulle vir julle dien, dat die een wat 'n doodslag begaan het, een wat per ongeluk 'n mens doodgeslaan het, daarheen kan vlug.
12. En die stede moet vir julle as toevlug dien vanweë die bloedwreker, sodat hy wat 'n doodslag begaan het, nie sterwe voordat hy voor die vergadering gestaan het om geoordeel te word nie.
13. En die stede wat julle gee, moet vir julle, ses in getal, as vrystede dien.
14. Drie van die stede moet julle oos van die Jordaan gee, en drie daarvan moet julle in die land Kana„n gee; vrystede moet hulle wees.
15. Vir die kinders van Israel en die vreemdeling en die bywoner onder hulle moet hierdie ses stede as toevlug dien, sodat elkeen daarheen kan vlug wat per ongeluk 'n mens doodgeslaan het.
16. Maar as hy hom slaan met 'n ystervoorwerp, sodat hy sterwe, dan is hy 'n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.
17. En as hy hom slaan met 'n klip in die hand -- waardeur iemand kan sterwe -- en hy sterwe, dan is hy 'n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.
18. Of as hy hom slaan met 'n houtvoorwerp in die hand -- waardeur iemand kan sterwe -- en hy sterwe, dan is hy 'n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.
19. Die bloedwreker, hy moet die moordenaar doodmaak; as hy hom kry, moet hy hom doodmaak.
20. En as hy hom uit haat stamp of met opset na hom gooi, sodat hy sterwe,
21. of hom uit vyandskap met sy hand slaan, sodat hy sterwe, dan moet hy wat geslaan het, sekerlik gedood word; hy is 'n moordenaar; die bloedwreker moet die moordenaar doodmaak as hy hom kry.
22. Maar as hy hom onvoorsiens, sonder vyandskap, stamp of enigiets sonder opset na hom gooi;
23. of as hy enige klip waardeur iemand kan sterwe -- as hy, sonder om dit te sien, dit op hom laat val, sodat hy sterwe, terwyl hy geen vyand van hom was en sy onheil nie gesoek het nie,
24. dan moet die vergadering tussen hom wat doodgeslaan het, en die bloedwreker oordeel volgens hierdie voorskrifte.
25. En die vergadering moet hom wat 'n doodslag begaan het, red uit die hand van die bloedwreker, en die vergadering moet hom laat teruggaan na sy vrystad waarheen hy gevlug het; en hy moet daarin bly tot die dood van die hoëpriester wat met die heilige olie gesalf is.
26. Maar as hy wat 'n doodslag begaan het, ooit buitekant die grens van sy vrystad gaan waarheen hy moes vlug,
27. en die bloedwreker hom buitekant die grens van sy vrystad kry, en die bloedwreker hom doodslaan wat 'n doodslag begaan het, dan sal daar vir hom geen bloedskuld wees nie.
28. Want hy moet in sy vrystad bly tot die dood van die hoëpriester; maar n die dood van die hoëpriester mag die een wat 'n doodslag begaan het, teruggaan na die land waar sy besitting lê.
29. En dit moet vir julle 'n regsinsetting wees in julle geslagte, in al julle woonplekke.
30. As iemand 'n mens doodslaan, moet die moordenaar op verklaring van getuies gedood word; maar een getuie is nie genoegsaam om iemand tot die dood te veroordeel nie.
31. Maar julle mag geen losgeld aanneem vir die lewe van 'n moordenaar wat skuldig is om te sterwe nie, want hy moet sekerlik gedood word.
32. Ook mag julle geen geld aanneem om iemand vry te stel van die vlug na sy vrystad -- sodat hy kan teruggaan om in die land te woon -- tot op die dood van die hoëpriester nie.
33. En julle mag die land nie ontheilig waar julle in is nie; want die bloed ontheilig die land, en vir die land word geen versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, as net deur die bloed van hom wat dit vergiet het.
34. En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig nie, omdat Ek daarin woon; want Ek, die HERE, woon in die midde van die kinders van Israel.

Getalle 36:1-13
1. En die familiehoofde van die geslag van die kinders van G¡lead, die seun van Magir, die seun van Manasse, uit die geslagte van Josef se kinders, het nader gekom en voor Moses en die owerstes, die familiehoofde van die kinders van Israel, gespreek
2. en gesê: Die HERE het aan my heer bevel gegee om die land deur die lot as erfenis aan die kinders van Israel te gee; ook het my heer van die HERE bevel ontvang om die erfdeel van ons broer Selofhad aan sy dogters te gee.
3. As hulle nou die vroue word van een van die seuns uit die ander stamme van die kinders van Israel, dan word hulle erfdeel van ons vaders se erfdeel weggeneem en gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan die erfdeel wat ons deur die lot aangewys is, ingekort word.
4. En as die jubeljaar vir die kinders van Israel aanbreek, dan word hulle erfdeel gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan hulle erfdeel van die erfdeel van ons vaders se stam weggeneem word.
5. Toe het Moses die kinders van Israel volgens die bevel van die HERE gelas en gesê: Die stam van die kinders van Josef praat reg.
6. Dit is die saak wat die HERE aangaande die dogters van Selofhad beveel het deur te sê: Laat hulle die vroue word van hom wat goed is in hulle oë; hulle moet net trou in 'n geslag van die stam van hulle vader,
7. sodat die erfdeel van die kinders van Israel nie van stam tot stam oorgaan nie; want die kinders van Israel moet elkeen die erfdeel van die stam van sy vaders vashou.
8. En elke dogter wat 'n erfdeel kry, uit die stamme van die kinders van Israel, moet die vrou word van een uit die geslag van die stam van haar vader, sodat die kinders van Israel elkeen die erfdeel van sy vaders kan erwe.
9. So sal dan 'n erfdeel nie van een stam na 'n ander stam oorgaan nie; want die stamme van die kinders van Israel moet elkeen sy erfdeel vashou.
10. Soos die HERE Moses beveel het, so het die dogters van Selofhad gedoen:
11. Magla, Tirsa en Hogla en Milka en Noa, die dogters van Selofhad, het die vroue geword van die seuns van hulle ooms;
12. hulle het die vroue geword van manne uit die geslagte van die kinders van Manasse, die seun van Josef. So het dan hulle erfdeel gebly in die stam van die geslag van hulle vader.
13. Dit is die gebooie en die verordeninge wat die HERE deur die diens van Moses die kinders van Israel beveel het, in die vlaktes van Moab by die Jordaan van J,rigo.

Psalms 35:17-28
17. Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af.
18. Ek sal U loof in 'n groot vergadering; onder 'n groot skare sal ek U prys.
19. Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie!
20. Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land.
21. En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien!
22. HERE, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie!
23. Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak.
24. Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!
25. Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie!
26. Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my groot maak, met skaamte en skande beklee word!
27. Laat hulle jubel en bly wees wat 'n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat 'n welbehae het in die vrede van sy kneg!
28. En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.

Spreuke 12:3-3
3. Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie.

Markus 15:25-47
25. En dit was die derde uur toe hulle Hom gekruisig het.
26. En die opskrif van sy beskuldiging was bokant Hom geskrywe: DIE KONING VAN DIE JODE.
27. Hulle het ook twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regter-- en een aan sy linkerkant.
28. En die Skrif is vervul wat sê: En Hy is by die misdadigers gereken.
29. En die verbygangers het Hom gesmaad, terwyl hulle hul hoof skud en sê: Ha, U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou,
30. verlos Uself en kom af van die kruis!
31. En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes gespot en vir mekaar gesê: Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie.
32. Laat die Christus, die Koning van Israel, nou van die kruis afkom, sodat ons kan sien en glo! Ook die wat saam met Hom gekruisig is, het Hom beledig.
33. En toe dit die sesde uur was, kom daar duisternis oor die hele aarde tot die negende uur toe.
34. En die negende uur het Jesus met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Elo‹, Elo‹, lamma sabagt ni? wat, as dit vertaal word, beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?
35. En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: Kyk, Hy roep na El¡a.
36. Toe hardloop een en maak 'n spons vol asyn en sit dit op 'n riet en laat Hom drink; en hy sê: Wag, laat ons sien of El¡a kom om Hom af te haal.
37. Maar Jesus het met 'n groot stem geroep en die laaste asem uitgeblaas.
38. En die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder.
39. En toe die hoofman oor honderd wat daar reg voor Hom staan, sien dat Hy so uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas het, sê hy: Waarlik, Hy was die Seun van God.
40. En daar was ook vroue wat van ver af dit aanskou het. Onder hulle was Maria Magdal,na ook, en Maria, die moeder van Jakobus, die kleine, en van Joses, en Salome --
41. hulle wat Hom gevolg en Hom gedien het toe Hy in Galil,a was -- en baie ander vroue wat saam met Hom opgegaan het na Jerusalem.
42. En toe dit aand geword het, omdat dit die voorbereiding was, dit is die voorsabbat,
43. kom daar 'n vername raadslid, Josef van Arimath,a, wat self ook die koninkryk van God verwag het; en hy waag dit om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Jesus te vra.
44. En Pilatus was verwonderd dat Hy al dood was, en hy het die hoofman oor honderd geroep en hom gevra of Hy al lank dood was.
45. En toe hy dit van die hoofman oor honderd verneem het, het hy die liggaam aan Josef geskenk.
46. En hy het linne gekoop, en Hom afgehaal en in die linne toegedraai, en Hom neergelê in 'n graf wat in 'n rots uitgekap was. En hy het 'n steen teen die opening van die graf gerol.
47. En Maria Magdal,na en Maria, die moeder van Joses, het gesien waar Hy neergelê word.