A A A A A

Bybel in een jaar


Maart 12


Getalle 21:1-35
1. Toe die Kanaäniet, die koning van Arad, wat in die Suidland gewoon het, hoor dat Israel met die pad van Atarim kom, het hy teen Israel geveg en sommige van hulle as gevangenes weggevoer.
2. Daarop het Israel aan die HERE 'n gelofte gedoen en gesê: As U hierdie volk heeltemal in my hand gee, sal ek hulle stede met die banvloek tref.
3. En die HERE het gehoor na die stem van Israel en die Kana„niete oorgegee. En hy het hulle en hul stede met die banvloek getref en die plek Horma genoem.
4. Toe trek hulle van die berg Hor af weg op pad na die Skelfsee om die land Edom om te trek; maar die siel van die volk het op die pad ongeduldig geword.
5. En die volk het teen God en teen Moses gespreek: Waarom het U ons uit Egipte laat optrek om in die woestyn te sterwe? Want daar is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos.
6. Toe stuur die HERE giftige slange onder die volk wat die volk gebyt het; en baie mense uit Israel het gesterwe.
7. En die volk het na Moses gekom en gesê: Ons het gesondig dat ons teen die HERE en teen u gespreek het. Bid tot die HERE, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het vir die volk gebid.
8. Daarop sê die HERE aan Moses: Maak vir jou 'n giftige slang en sit dit op 'n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe.
9. Toe het Moses 'n koperslang gemaak en dit op 'n paal gesit: en as 'n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy in die lewe gebly.
10. En die kinders van Israel het weggetrek en laer opgeslaan in Obot.
11. Daarna het hulle weggetrek van Obot af en laer opgeslaan in Ijje-Ha„b rim in die woestyn wat oostelik aan Moab vas lê.
12. Daarvandaan het hulle weggetrek en laer opgeslaan by die spruit Sered.
13. Daarvandaan het hulle weggetrek en laer opgeslaan oorkant die Arnon wat in die woestyn is en uit die grondgebied van die Amoriete kom; want die Arnon is die grens van Moab, tussen Moab en die Amoriete.
14. Daarom word gesê in die Boek van die Oorloë van die HERE: Waheb in Sufa en die spruite, die Arnon,
15. en die hang van die spruite wat na die streek van Ar afloop en leun teen die grondgebied van Moab.
16. En daarvandaan het hulle na Beër getrek. Dit is die put waarvan die HERE aan Moses gesê het: Laat die volk bymekaarkom, dat Ek vir hulle water kan gee.
17. Toe het Israel hierdie lied gesing: Spring op, o put! Besing hom!
18. o Put wat die vorste gegrawe het, wat die edeles van die volk gedelf het, met die septer, met hulle stawe! -- En uit die woestyn uit na Matt na toe;
19. en van Matt na na Nah liël; en van Nah liël na Bamot;
20. en van Bamot na die dal wat in die veld van Moab lê, by die top van Pisga, en oor die wildernis afkyk.
21. En Israel het boodskappers gestuur na Sihon, die koning van die Amoriete, en gesê:
22. Laat my deur jou land trek. Ons sal nie wegdraai in die lande of in die wingerde nie; ons sal die water van die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou tot ons deur jou grondgebied getrek het.
23. Maar Sihon het Israel nie toegelaat om deur sy grondgebied te trek nie; maar Sihon het al sy manskappe versamel en uitgetrek na die woestyn, Israel tegemoet; en toe hy by Jahas kom, het hy teen Israel geveg.
24. Maar Israel het hom verslaan met die skerpte van die swaard en sy land in besit geneem van die Arnon af tot by die Jabbok, tot by die kinders van Ammon; want die grens van die kinders van Ammon was sterk.
25. So het Israel dan al hierdie stede ingeneem, en Israel het gewoon in al die stede van die Amoriete, in Hesbon en in al sy onderhorige plekke.
26. Want Hesbon was die stad van Sihon, die koning van die Amoriete; hy het naamlik oorlog gevoer teen die vorige koning van die Moabiete en het die se hele land tot by die Arnon uit sy hand geruk.
27. Daarom sê die spreukdigters: Kom na Hesbon toe! Laat die stad van Sihon gebou en bevestig word!
28. Want 'n vuur het uitgegaan uit Hesbon, 'n vlam uit die vesting van Sihon; dit het Ar van die Moabiete verteer, die bewoners van die hoogtes van Arnon.
29. Wee jou, Moab! Jy is verlore, volk van Kamos! Hy het sy seuns prysgegee as vlugtelinge, en sy dogters in gevangenskap, aan Sihon, die koning van die Amoriete.
30. Toe het ons hulle beskiet; verlore was Hesbon tot by Dibon; en ons het verwoes tot by Nofag, met vuur tot by Med,ba.
31. So het Israel dan gewoon in die land van die Amoriete.
32. Daarna het Moses gestuur om Ja,ser te bespied, en hulle het sy onderhorige plekke ingeneem, en hy het die Amoriete wat daar was, uit hulle besitting verdrywe.
33. Toe het hulle gedraai en in die rigting van Basan opgetrek. En Og, die koning van Basan, hy en al sy manskappe het hulle tegemoetgetrek na Edr,‹om te veg.
34. Daarop sê die HERE vir Moses: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek het hom en sy hele volk en sy land in jou hand gegee; en jy moet met hom doen soos jy gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.
35. En hulle het hom verslaan en sy seuns en sy hele volk, totdat daar niemand van hom oor was wat vrygeraak het nie; en hulle het sy land in besit geneem.

Getalle 22:1-41
1. Daarna het die kinders van Israel weggetrek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van J,rigo.
2. Toe Balak, die seun van Sippor, sien alles wat Israel die Amoriete aangedoen het,
3. het Moab baie bang geword vir die volk, want hulle was talryk; en Moab het beangs geword vanweë die kinders van Israel.
4. Toe sê Moab vir die oudstes van M¡dian: Nou sal hierdie menigte opeet alles wat rondom ons is, soos 'n bees die groenigheid van die veld opeet. En Balak, die seun van Sippor, was die tyd koning van Moab.
5. Daarop het hy boodskappers gestuur na B¡leam, die seun van Beor, in Petor wat by die Eufraat is, in die land van die kinders van sy volk, om hom te roep en te sê: Kyk, daar het 'n volk uit Egipte getrek; kyk, hulle het die oppervlakte van die land oordek en staan gelaer teenoor my.
6. Kom dan tog nou, vervloek hierdie volk vir my, want hulle is magtiger as ek. Miskien sal ek onder hulle 'n slag kan slaan en hulle uit die land verdrywe. Want ek weet, die een wat jy seën, is geseënd; en die een wat jy vervloek, is vervloek.
7. Toe het die oudstes van Moab en die oudstes van M¡dian gegaan met waarsêersloon by hulle en by B¡leam gekom en hom die woorde van Balak meegedeel.
8. Daarop antwoord hy hulle: Bly vannag hier oor; dan sal ek julle berig bring soos die HERE aan my sal sê. Toe het die vorste van Moab by B¡leam gebly.
9. En God het na B¡leam gekom en gesê: Wie is die manne daar by jou?
10. En B¡leam het God geantwoord: Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, laat my weet:
11. Kyk, daar het 'n volk uit Egipte getrek en hulle het die oppervlakte van die land oordek. Kom nou, vervloek hulle vir my; miskien sal ek hulle kan beveg en hulle verdrywe.
12. Toe sê God vir B¡leam: Jy mag nie saam met hulle trek nie, jy mag die volk nie vloek nie, want hulle is geseënd.
13. Toe staan B¡leam die môre op, en hy sê aan die vorste van Balak: Gaan na julle land, want die HERE het geweier om my saam met julle te laat gaan.
14. En die vorste van Moab het klaargemaak en by Balak gekom en gesê: B¡leam het geweier om saam met ons te gaan.
15. Daarop stuur Balak nog weer vorste wat meer en aansienliker was as die ander;
16. en hulle het by B¡leam gekom en aan hom gesê: So spreek Balak, die seun van Sippor: Laat jou tog nie terughou om na my te kom nie.
17. Want ek sal jou baie hoog vereer en alles wat jy my sê, sal ek doen; daarom kom tog, vervloek hierdie volk vir my.
18. Toe antwoord B¡leam en sê aan die dienaars van Balak: Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van die HERE my God nie oortree om klein of groot te doen nie.
19. Nou dan, bly julle tog ook vannag hier, dat ek mag weet wat die HERE verder aan my sal sê.
20. En God het in die nag na B¡leam gekom en aan hom gesê: As die manne gekom het om jou te roep, staan dan op, gaan met hulle saam; maar net wat Ek jou sê, dit moet jy doen.
21. Toe maak B¡leam die môre klaar en saal sy eselin op, en hy het weggetrek saam met die vorste van Moab.
22. Maar die toorn van God het ontvlam, omdat hy weggetrek het; en die Engel van die HERE het gaan staan in die pad as sy teëparty, terwyl hy op sy esel ry en sy twee dienaars by hom was.
23. En die esel het die Engel van die HERE in die pad sien staan, met sy ontblote swaard in sy hand; daarom het die esel uit die pad uitgedraai en die veld ingeloop. Maar B¡leam het die esel geslaan om haar na die pad te stuur.
24. Daarop gaan die Engel van die HERE in 'n hol pad tussen die wingerde staan -- 'n muur duskant en 'n muur anderkant.
25. En toe die esel die Engel van die HERE sien, druk sy haarself teen die muur en druk ook B¡leam se voet teen die muur; daarom het hy haar weer geslaan.
26. En die Engel van die HERE het weer verder gegaan en bly staan op 'n nou plek waar geen pad was om regs of links uit te draai nie.
27. Toe die esel die Engel van die HERE sien, gaan sy onder B¡leam lê. Daarop het B¡leam baie kwaad geword en die esel met 'n stok geslaan.
28. Maar die HERE het die bek van die esel geopen, en sy sê vir B¡leam: Wat het ek jou gedoen, dat jy my nou al drie maal geslaan het?
29. Daarop antwoord B¡leam die esel: Omdat jy die spot met my drywe. Was daar net 'n swaard in my hand -- dan het ek jou sekerlik doodgeslaan.
30. En die esel sê vir B¡leam: Is ek nie jou esel waar jy jou lewe lank op gery het tot vandag toe nie? Was dit ooit my gewoonte om so met jou te doen? En hy antwoord: Nee.
31. Toe open die HERE die oë van B¡leam, sodat hy die Engel van die HERE in die pad sien staan met sy ontblote swaard in sy hand, en hy het gebuig en op sy aangesig neergeval.
32. En die Engel van die HERE vra hom: Waarom het jy jou esel nou al drie maal geslaan? Kyk, Ek self het uitgegaan as 'n teëparty, want jou weg loop gevaarlik steil in my oog!
33. Maar die esel het My gesien en nou al drie maal voor My uitgedraai. As sy nie voor My uitgedraai het nie -- dan het Ek jou alte seker gedood en haar laat lewe.
34. Toe antwoord B¡leam die Engel van die HERE: Ek het gesondig, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het nie. Maar nou, as dit verkeerd is in u oë, sal ek teruggaan.
35. En die Engel van die HERE sê vir B¡leam: Gaan saam met die manne, maar net die woord wat Ek jou sê, dit moet jy spreek. So het B¡leam dan met die vorste van Balak saamgegaan.
36. Toe Balak hoor dat B¡leam kom, het hy uitgetrek hom tegemoet na Ir-Moab wat by die grens van die Arnon lê, by die uiteinde van die grondgebied.
37. En Balak sê vir B¡leam: Het ek nie herhaaldelik na jou gestuur om jou te laat roep nie? Waarom het jy nie na my gekom nie? Is ek werklik nie in staat om jou te vereer nie?
38. En B¡leam het Balak geantwoord: Hier het ek na jou gekom. Is ek nou wel in staat om iets te spreek? Die woord wat God in my mond lê, dit sal ek spreek.
39. B¡leam het toe saam met Balak gegaan, en hulle het by Kirjat-Husot gekom.
40. En Balak het beeste en kleinvee geoffer en daarvan aan B¡leam gestuur en aan die vorste wat by hom was.
41. En in die môre het Balak B¡leam geneem en hom op die hoogtes van Baäl laat opklim vanwaar hy die kant van die volk kon sien.

Psalms 33:10-17
10. Die HERE vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.
11. Die raad van die HERE bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.
12. Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.
13. Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.
14. Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,
15. Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.
16. 'n Koning word nie verlos deur 'n groot leër, 'n held nie gered deur groot krag nie.
17. Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.

Spreuke 11:25-26
25. Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.
26. Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëning kom op die hoof van hom wat koring verkoop.

Markus 12:28-44
28. En toe een van die skrifgeleerdes wat bygekom het, hulle hoor redetwis, en wis dat Hy hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: Wat is die eerste gebod van almal?
29. En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n enige Here;
30. en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
31. En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as die nie.
32. En die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God een is en daar geen ander is as Hy nie;
33. en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.
34. Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: Jy is nie ver van die koninkryk van God nie. En niemand het dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.
35. En terwyl Jesus in die tempel leer, antwoord Hy en sê: Hoe sê die skrifgeleerdes dat die Christus die seun van Dawid is?
36. Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.
37. Dawid self noem Hom dus Here; waarvandaan is Hy dan sy seun? En die groot menigte het graag na Hom geluister.
38. En Hy het aan hulle in sy onderrig gesê: Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop en van begroetinge op die markte hou
39. en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye --
40. hulle wat die huise van die weduwees opeet en vir die skyn lang gebede doen. Hulle sal 'n swaarder oordeel ontvang.
41. En Jesus het reg voor die skatkis gaan sit en gekyk hoe die skare geld in die skatkis gooi. En baie rykes het veel ingegooi.
42. En daar kom een arm weduwee en gooi twee geldstukkies in, dit is 'n oortjie.
43. Toe roep Hy sy dissipels na Hom en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het.
44. Want hulle het almal uit hulle oorvloed ingegooi; maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het, haar hele lewensonderhoud.