A A A A A

Bybel in een jaar


Februarie 18


Levitikus 7:1-38
1. En dit is die wet van die skuldoffer: dit is hoogheilig.
2. Op die plek waar hulle die brandoffer slag, moet hulle die skuldoffer slag, en hy moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
3. En hy moet al die vet daarvan offer: die vetstert en die vet wat oor die binnegoed lê,
4. en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.
5. En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuuroffer aan die HERE; dit is 'n skuldoffer.
6. Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet. Op 'n heilige plek moet dit geëet word; dit is hoogheilig.
7. Soos die sondoffer, so die skuldoffer; een wet geld vir hulle die priester wat daardeur versoening doen, aan hom kom dit toe.
8. En die priester wat die brandoffer van iemand bring die vel van die brandoffer wat hy gebring het, aan die priester, aan hom kom dit toe.
9. En elke spysoffer wat in die oond gebak word, en alles wat in die pan of op die bakplaat berei is, aan die priester wat dit offer, aan hom kom dit toe.
10. En elke spysoffer, met olie gemeng of droog, aan al die seuns van A„ron kom dit toe, aan die een so goed as aan die ander.
11. En dit is die wet van die dankoffer wat hulle aan die HERE bring:
12. Ingeval hy dit as lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke deurmekaargeroer is, met olie gemeng;
13. saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring.
14. En hy moet daarvan, een koek van elke gawe, as offergawe aan die HERE bring; aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom dit toe.
15. Maar die vleis van sy lofdankoffer moet geëet word op die dag as hy dit bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie.
16. En as die offer wat hy bring, 'n gelofte of vrywillige offer is, moet dit geëet word op die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly.
17. Maar wat van die offervleis oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word.
18. En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag iets geëet word, sal dit vir hom wat dit bring, nie met welgevalle aangeneem word nie; dit sal hom nie toegereken word nie; 'n onrein iets sal dit wees, en diegene wat daarvan eet, moet sy ongeregtigheid dra.
19. En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref elkeen wat rein is, mag vleis eet.
20. Maar die een wat vleis eet van die dankoffer wat die HERE toekom, terwyl sy onreinheid aan hom is, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
21. En as iemand aan iets onreins raak, aan die onreinheid van 'n mens of aan 'n onrein dier of aan enige onrein verfoeisel, en dan eet van die vleis van die dankoffer wat die HERE toekom, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
22. Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
23. Spreek met die kinders van Israel en sê: G,,n vet van 'n bees of skaap of bok mag julle eet nie.
24. Maar die vet van aas en die vet van wat verskeur is, kan vir allerhande werk gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet nie.
25. Want elkeen wat vet eet van die vee waarvan hulle aan die HERE 'n vuuroffer bring, diegene wat dit eet, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
26. Ook mag julle g,,n bloed van voëls of van vee in enigeen van julle woonplekke eet nie.
27. Elkeen wat maar enigsins bloed eet, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
28. Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
29. Spreek met die kinders van Israel en sê: Hy wat aan die HERE sy dankoffer bring, moet self aan die HERE die gawe uit sy dankoffer bring;
30. sy hande moet die vuuroffers van die HERE bring: die vet met die bors moet hy bring; die bors, om dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg.
31. En die priester moet die vet op die altaar aan die brand steek, maar die bors kom A„ron en sy seuns toe.
32. Julle moet ook die regterboud aan die priester as hefoffer gee uit julle dankoffers.
33. Hy wat uit die seuns van A„ron die bloed van die dankoffers en die vet offer, aan hom kom die regterboud as deel toe.
34. Want die beweegbors en die hefboud het Ek van die kinders van Israel uit hulle dankoffers geneem en dit aan A„ron, die priester, en aan sy seuns gegee as 'n deel wat hulle vir ewig toekom van die kant van die kinders van Israel.
35. Dit is die aandeel van A„ron en die aandeel van sy seuns uit die vuuroffers van die HERE, op die dag toe Hy hulle laat nader kom het om die priesteramp vir die HERE te bedien
36. wat die HERE beveel het om hulle te gee van die kant van die kinders van Israel, op die dag toe Hy hulle gesalf het. Dit is 'n ewige insetting vir hulle geslagte.
37. Dit is die wet vir die brandoffer, die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer en die wydingsoffer en die dankoffer
38. wat die HERE Moses by die berg Sinai beveel het, op die dag toe hy die kinders van Israel in die woestyn Sinai beveel het om hulle offers aan die HERE te bring.

Levitikus 8:1-36
1. Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
2. Neem A„ron en sy seuns saam met hom, en die klere en die salfolie en die sondofferbul en die twee ramme en die mandjie met ongesuurde koeke,
3. en versamel die hele vergadering by die ingang van die tent van samekoms.
4. En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel het, en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die tent van samekoms.
5. Toe sê Moses aan die vergadering: Dit is die saak wat die HERE beveel het om te doen.
6. En Moses het A„ron en sy seuns laat nader kom en hulle met water gewas.
7. Daarop het hy hom die rok aangetrek en hom met die gordel gegord en hom die mantel aangetrek; ook het hy hom die skouerkleed aangetrek en hom gegord met die band van die skouerkleed en daarmee hom die skouerkleed omgebind.
8. Verder het hy hom die borstas aangeheg en in die borstas die Urim en die Tummim gesit.
9. En hy het die tulband op sy hoof gesit en aan die tulband, aan die voorkant, die goue plaat, die heilige kroon, bevestig, soos die HERE Moses beveel het.
10. Toe het Moses die salfolie geneem en die tabernakel en alles wat daarin was, gesalf en dit geheilig.
11. En hy het daarvan sewe maal op die altaar gesprinkel en die altaar gesalf en al sy gereedskap, met die waskom en sy voetstuk, om dit te heilig.
12. Daarna het hy van die salfolie op die hoof van A„ron gegiet en hom gesalf om hom te heilig.
13. Ook het Moses die seuns van A„ron laat nader kom en hulle die rokke aangetrek en hulle gegord met 'n gordel en hulle die musse omgebind soos die HERE Moses beveel het.
14. Daarop het hy die sondofferbul laat aankom, en A„ron en sy seuns het hulle hande op die kop van die sondofferbul gelê.
15. En Moses het dit geslag en die bloed geneem en daarvan met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gestryk en die altaar ontsondig; maar die orige bloed het hy aan die onderkant van die altaar uitgegooi. So het hy dit dan geheilig deur daar versoening voor te doen.
16. Verder het hy al die vet wat aan die binnegoed was en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moses het dit op die altaar aan die brand gesteek.
17. Maar die bul met sy vel en sy vleis en sy mis het hy buitekant die laer met vuur verbrand, soos die HERE Moses beveel het.
18. Daarop het hy die brandofferram laat aankom, en A„ron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
19. En Moses het dit geslag en die bloed rondom teen die altaar uitgegooi.
20. Hy het ook die ram in sy stukke verdeel, en Moses het die kop en die stukke en die vet aan die brand gesteek;
21. maar die binnegoed en die pote het hy met water gewas, en Moses het die hele ram op die altaar aan die brand gesteek; dit was 'n brandoffer as lieflike geur, 'n vuuroffer was dit aan die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
22. Daarop het hy die ander ram, die wydingsram, laat aankom; en A„ron met sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
23. En Moses het dit geslag en van die bloed geneem en dit aan die regteroorlel van A„ron en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet gestryk.
24. Moses het ook die seuns van A„ron laat nader kom en van die bloed aan hulle regteroorlel en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet gestryk; daarna het Moses die orige bloed rondom teen die altaar uitgegooi.
25. En hy het die vet geneem met die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed was, en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet en die regterboud.
26. Ook het hy uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE was, een ongesuurde koek geneem en een oliebrood koek en een platkoek; en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit
27. en dit alles op die hande van A„ron en die hande van sy seuns gelê; en hy het dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
28. Daarop het Moses dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo op die brandoffer, aan die brand gesteek; 'n wydingsoffer was dit as lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.
29. Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg; van die wydingsram het dit aan Moses as deel toegekom, soos die HERE Moses beveel het.
30. Moses het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, geneem en dit op A„ron, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns gesprinkel. So het hy dan A„ron, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns geheilig.
31. Toe sê Moses vir A„ron en sy seuns: Kook die vleis by die ingang van die tent van samekoms en eet dit daar met die brood wat in die wydingsmandjie is, soos ek beveel en gesê het: A„ron en sy seuns moet dit eet.
32. Maar wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.
33. Ook mag julle sewe dae lank nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie tot op die dag dat die dae van julle wyding verby is; want sewe dae lank moet julle wyding duur.
34. Soos vandag gedoen is, het die HERE beveel om verder te doen, om vir julle versoening te bewerk.
35. Julle moet dan by die ingang van die tent van samekoms bly, dag en nag, sewe dae lank; en julle moet die ordening van die HERE hou, dat julle nie sterwe nie; want so is aan my bevel gegee.
36. En A„ron en sy seuns het al die dinge gedoen wat die HERE deur die diens van Moses beveel het.

Psalms 24:7-10
7. Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!
8. Wie is tog die Erekoning? Die HERE, sterk en geweldig, die HERE geweldig in die stryd.
9. Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!
10. Wie is dan tog die Erekoning? Die HERE van die leërskare -- Hy is die Erekoning! Sela.

Spreuke 9:10-12
10. Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.
11. Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.
12. As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra.

Markus 1:1-22
1. Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God.
2. Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak --
3. die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
4. Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig.
5. En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes.
6. En Johannes was gekleed met kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en hy het sprinkane en wilde heuning geëet.
7. En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom n my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie.
8. Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.
9. En in daardie dae het Jesus van N saret in Galil,a gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop.
10. En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos 'n duif op Hom neerdaal.
11. En daar het 'n stem uit die hemele gekom: U is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.
12. En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn.
13. En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien.
14. En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galil,a gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig
15. en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.
16. En terwyl Hy langs die see van Galil,a loop, sien Hy Simon en Andr,as, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.
17. En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word.
18. En dadelik het hulle hul nette laat staan en Hom gevolg.
19. En toe Hy daarvandaan 'n bietjie verder gaan, sien Hy Jakobus, die seun van Sebed,s, en Johannes, sy broer, wat besig was om die nette in die skuit heel te maak.
20. En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebed,s met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg.
21. En hulle het in Kap,rnam gekom, en dadelik op die sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer.
22. En hulle was verslae oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het en nie soos die skrifgeleerdes nie.