A A A A A

Bybel in een jaar


Februarie 10


Eksodus 31:1-18
1. Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
2. Kyk, Ek het Bes leël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;
3. en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk,
4. om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,
5. en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk.
6. En kyk, Ek het hom Oholiab bygegee, die seun van Ah¡samag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:
7. die tent van samekoms en die ark van die Getuienis en die versoendeksel wat daarop moet wees, en alles wat behoort by die tent,
8. en die tafel met sy gereedskap en die suiwer kandelaar met al sy gereedskap en die reukaltaar;
9. ook die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk
10. en die kunstige klere en die heilige klere van die priester A„ron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien;
11. ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die heiligdom -- net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak.
12. Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
13. Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is 'n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
14. Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, die siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.
15. Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees 'n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.
16. En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as 'n ewige verbond.
17. Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig 'n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.
18. En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.

Eksodus 32:1-35
1. Toe die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom A„ron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
2. En A„ron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my.
3. Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na A„ron gebring.
4. En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar 'n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.
5. Toe A„ron dit sien, het hy daarvoor 'n altaar gebou. En A„ron het uitgeroep en gesê: M“re is daar fees tot eer van die HERE.
6. En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers aangebring; daarop het die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel.
7. Toe sê die HERE vir Moses: Gaan heen, klim af, want jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, het verderflik gehandel.
8. En hulle het gou van die weg afgewyk wat Ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle 'n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en daaraan geoffer en gesê: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.
9. Verder het die HERE vir Moses gesê: Ek het hierdie volk gesien, en kyk, dit is 'n hardnekkige volk.
10. Laat My dan nou begaan, dat my toorn teen hulle ontvlam en Ek hulle verteer. Dan sal Ek jou tot 'n groot nasie maak.
11. Maar Moses het die HERE sy God om genade gesmeek en gesê: Waarom, o HERE, sou u toorn ontvlam teen u volk wat U met grote krag en met 'n sterke hand uit Egipteland uitgelei het?
12. Waarom sou die Egiptenaars spreek en sê: In kwaadwilligheid het Hy hulle uitgelei om hulle in die berge om te bring en hulle van die aardbodem af te vernietig? Wend U af van die gloed van u toorn, en laat dit U berou oor die onheil van u volk.
13. Gedenk aan Abraham, Isak en Israel, u knegte, vir wie U by Uself gesweer en aan wie U gesê het: Ek sal julle nageslag vermenigvuldig soos die sterre van die hemel, en hierdie hele land waarvan Ek gespreek het, sal Ek aan julle nageslag gee, dat hulle dit vir ewig kan beërwe.
14. Toe het dit die HERE berou oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy sy volk sou aandoen.
15. En Moses het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis in sy hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was op die een en op die ander kant beskrywe.
16. En die tafels was die werk van God. Die skrif was ook die skrif van God, in die tafels gegraveer.
17. En toe Josua die stem van die volk hoor hoe hulle juig, sê hy aan Moses: Daar is oorlogsgeraas in die laer.
18. Maar hy antwoord: Dit is nie die geluid van die wat sing van oorwinning nie; dit is ook nie die geluid van die wat sing van neerlaag nie: ek hoor die geluid van beurtgesang.
19. En toe hy naby die laer kom en die kalf en koordanse sien, het die toorn van Moses ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder aan die berg verbrysel.
20. En hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en dit in die vuur verbrand en dit fyn gemaal. Toe het hy dit op die water gestrooi en die kinders van Israel dit laat drink.
21. En Moses het vir A„ron gesê: Wat het hierdie volk jou gedoen, dat jy so 'n groot sonde oor hulle gebring het?
22. Toe antwoord A„ron: Laat die toorn van my heer nie ontvlam nie. U self ken die volk, dat hulle deur en deur sleg is.
23. Hulle het dan aan my gesê: Maak vir ons gode wat voor ons uit trek, want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
24. Daarop het ek hulle geantwoord: Wie goud het, laat die dit afruk! En hulle het dit aan my gegee. En ek het dit in die vuur gegooi, en hierdie kalf het daaruit gekom.
25. Toe Moses sien dat die volk bandeloos was -- want A„ron het hulle bandeloos laat word tot leedvermaak onder hulle teëstanders --
26. het Moses in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie v¡r die HERE is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel.
27. En hy het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.
28. En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses, en daar het van die volk op die dag omtrent drie duisend man geval.
29. Toe het Moses gesê: Vul vandag julle hand om te offer aan die HERE -- want elkeen is teen sy seun en teen sy broer -- sodat Hy vandag 'n seën oor julle kan gee.
30. En die volgende dag het Moses aan die volk gesê: Julle het 'n groot sonde begaan; maar nou sal ek na die HERE opklim: miskien kan ek vir julle sonde versoening doen.
31. En Moses het na die HERE teruggegaan en gesê: Ag, hierdie volk het 'n groot sonde begaan en vir hulle goue gode gemaak.
32. Nou dan, as U tog maar hulle sonde wou vergewe! En so nie, delg my dan maar uit u boek wat U geskryf het!
33. Toe het die HERE Moses geantwoord: Wie teen My gesondig het, die sal Ek uitdelg uit my boek.
34. Maar gaan nou en lei die volk waarheen Ek jou gesê het. Kyk, my engel sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek besoeking doen, dan sal Ek hulle sonde oor hulle besoek.
35. So het die HERE dan die volk getref, omdat hulle die kalf gemaak het wat A„ron vervaardig het.

Psalms 21:1-7
1. Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2. o HERE, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!
3. U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela.
4. Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U 'n kroon van fyn goud.
5. Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd.
6. Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.
7. Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig.

Spreuke 7:24-27
24. Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond.
25. Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie.
26. Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is.
27. Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood.

Matt 25:31-46
31. En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit;
32. en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;
33. en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.
34. Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.
35. Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
36. Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
37. Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
38. En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
39. En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?
40. En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
41. Dan sal Hy ook vir die aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
42. Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.
43. Ek was 'n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.
44. Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of 'n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?
45. Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.
46. En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.