A A A A A

Біблія протягом одного року


Листопад 28


Esegiël 47:1-23
1. Daarna het hy my teruggebring na die ingang van die huis, en kyk, daar het waters uitgestroom onder die drumpel van die huis uit, na die ooste toe; want die voorkant van die huis was na die ooste toe; en die waters het weggevloei onder die regtersymuur van die huis uit, suid van die altaar.
2. En hy het my uitgebring deur die noordpoort en my buitekant om laat gaan na die buitenste poort wat na die ooste kyk; en kyk, die waters het gekabbel uit die regtersymuur uit.
3. Toe die man na die ooste uitgegaan het met 'n meetsnoer in sy hand, het hy duisend el gemeet; en hy het my deur die waters laat deurgaan -- waters tot aan die enkels.
4. Toe het hy nog duisend gemeet en my deur die waters laat deurgaan -- waters tot aan die knieë; en hy het nog duisend gemeet en my laat deurgaan -- waters tot aan die heupe.
5. Verder het hy nog duisend gemeet -- 'n stroom wat ek nie kon deurgaan nie! Want die waters het opgerys -- waters om in te swem, 'n stroom waar 'n mens nie deur kan loop nie.
6. En hy het vir my gesê: Het jy dit gesien, mensekind? Toe het hy my weer terug laat loop aan die kant van die stroom.
7. Terwyl ek teruggaan, kyk, toe het ek aan die kant van die stroom 'n menigte bome gesien, aan altwee kante.
8. En hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word.
9. En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal 'n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; en die waters sal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom.
10. Ook sal vissers daaraan staan, van ngedi af tot by en Eglaim: 'n droogmaakplek vir die nette sal dit wees; na hulle soorte sal daar visse in wees soos die visse van die Groot See, 'n menigte.
11. Die moerasse en kuile daarvan -- hulle sal nie gesond word nie: vir sout is hulle bestem.
12. En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan -- uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte sal wees om te eet en hulle blare om te genees.
13. So sê die Here HERE: Dit moet die grondgebied wees waarin julle die land as erfdeel sal verwerf volgens die twaalf stamme van Israel -- vir Josef twee dele.
14. En julle moet dit erwe, die een soos die ander, omdat Ek my hand opgehef het om dit aan julle vaders te gee; en hierdie land moet julle as erfenis toeval.
15. En dit moet die grens van die land wees: aan die noordekant van die Groot See af, langs die weg van Hetlon, tot by die ingang na Sedad toe:
16. Hamat, Berota, Sibraim, wat tussen die gebied van Damaskus en die gebied van Hamat lê, die middelste Haser, wat op die grens van Hauran is.
17. So moet dan die grens van die See af wees tot by Hasar-Enon, die gebied van Damaskus, en wat die noorde betref noordwaarts, is Hamat die grens; dit is die noordekant.
18. En aan die oostekant: tussen Hauran en Damaskus en G¡lead en die land van Israel uit -- die Jordaan; van die grens af tot by die Oostelike See moet julle dit meet; dit is die oostekant.
19. En aan die suidekant na die suide toe van Tamar af tot by die twiswaters van Kades, dan na die spruit van Egipte tot by die Groot See; dit is die suidekant na die suide toe.
20. En aan die westekant die Groot See, van die grens af tot reg teenoor die plek waar die ingang na Hamat is; dit is die westekant.
21. En julle moet hierdie land aan julle uitdeel volgens die stamme van Israel.
22. En julle moet dit as erfenis laat toeval aan julle en aan die vreemdelinge wat onder julle vertoef, wat kinders onder julle verwek het; en hulle sal vir julle wees soos 'n kind van die land onder die kinders van Israel; saam met julle moet hulle 'n erfdeel ontvang onder die stamme van Israel.
23. En in die stam waar die vreemdeling by vertoef, daar moet julle hom sy erfdeel gee, spreek die Here HERE.

Esegiël 48:1-35
1. En dit is die name van die stamme. Aan die noordekant langs die weg van Hetlon na die ingang van Hamat en Hasar-Enan aan die grens van Damaskus, na die noorde toe langs Hamat -- hy moet die ooste en die westekant hê -- Dan een deel.
2. En naas die gebied van Dan, van die oostekant af tot by die westekant: Aser een deel.
3. En naas die gebied van Aser, van die oostekant af tot by die westekant: N ftali, een.
4. En naas die gebied van N ftali, van die oostekant af tot by die westekant: Manasse, een.
5. En naas die gebied van Manasse, van die oostekant af tot by die westekant: Efraim, een.
6. En naas die gebied van Efraim, van die oostekant af tot by die westekant: Ruben, een.
7. En naas die gebied van Ruben, van die oostekant af tot by die westekant: Juda, een.
8. En naas die gebied van Juda, van die oostekant af tot by die westekant, moet die offergawe wees wat julle moet afgee: vyf en twintig duisend el breed en net so lank as een van die dele, van die oostekant af tot by die westekant; en die heiligdom moet in die middel daarvan wees.
9. Die offergawe wat julle aan die HERE moet afgee, moet vyf en twintig duisend el lank wees en tien duisend breed.
10. En aan hulle, aan die priesters, moet die heilige offergawe toebehoort: teen die noorde 'n lengte van vyf en twintig duisend el en teen die weste 'n breedte van tien duisend en teen die ooste 'n breedte van tien duisend en teen die suide 'n lengte van vyf en twintig duisend; en die heiligdom van die HERE moet in die middel daarvan wees.
11. Dit moet wees vir die priesters wat geheilig is, die seuns van Sadok, wat my verordening onderhou het, wat nie afgedwaal het by die afdwaling van die kinders van Israel soos die Leviete afgedwaal het nie.
12. So moet dit dan vir hulle 'n offergawe wees uit die offergawe van die land, iets hoogheiligs, op die grens van die Leviete.
13. Verder moet die Leviete, ewewydig met die grens van die priesters, ontvang 'n lengte van vyf en twintig duisend el en 'n breedte van tien duisend; die hele lengte moet wees vyf en twintig duisend en die breedte tien duisend.
14. En hulle mag niks daarvan verkoop of verruil nie, en die beste van die land mag nie in ander hande oorgaan nie; want dit is heilig aan die HERE.
15. Maar die vyf duisend wat in die breedte oorgebly het, langs die vyf en twintig duisend -- dit sal gewone land wees, bestem vir die stad as woonplek en oop veld; en die stad moet in die middel daarvan wees.
16. En dit is die afmetinge daarvan: die noordekant, vier duisend vyf honderd el; en die suidekant, vier duisend vyf honderd; en die oostekant, vier duisend vyf honderd; en die westekant, vier duisend vyf honderd.
17. En as oop veld moet by die stad behoort: Teen die noorde, twee honderd en vyftig el; en teen die suide, twee honderd en vyftig; en teen die ooste, twee honderd en vyftig; en teen die weste, twee honderd en vyftig.
18. En wat oorgebly het in die lengte, ewewydig met die heilige offergawe, tien duisend teen die ooste en tien duisend teen die weste -- dit moet ewewydig wees met die heilige offergawe; en die opbrings daarvan sal as onderhoud dien vir die werksmense van die stad.
19. En wat die werksmense van die stad betref -- uit al die stamme van Israel moet hulle dit bewerk.
20. Die hele offergawe moet wees vyf en twintig duisend el by vyf en twintig duisend -- vierkantig moet julle die heilige offergawe afgee saam met die stadsbesitting.
21. En wat oorbly, behoort aan die vors, aan weerskante van die heilige offergawe en van die stadsbesitting, langs die vyf en twintig duisend, die offergawe, tot by die grens teen die ooste, en na die weste toe langs die vyf en twintig duisend tot by die grens teen die weste, net so lank as die stamgedeeltes -- dit behoort aan die vors; en die heilige offergawe en die heiligdom van die huis moet in die middel daarvan wees.
22. En van die besitting van die Leviete en die besitting van die stad af, wat in die middel lê van wat die vors s'n is, tussen die grens van Juda en die grens van Benjamin, moet alles aan die vors behoort.
23. Verder die ander stamme. Van die oostekant af tot by die westekant: Benjamin een deel.
24. En naas die gebied van Benjamin, van die oostekant af tot by die westekant: S¡meon, een.
25. En naas die gebied van S¡meon, van die oostekant af tot by die westekant: Issaskar, een.
26. En naas die gebied van Issaskar, van die oostekant af tot by die westekant: S,bulon, een.
27. En naas die gebied van S,bulon, van die oostekant af tot by die westekant: Gad, een.
28. En naas die gebied van Gad, aan die suidekant na die suide toe, moet die grens wees van Tamar af na die twiswaters van Kades en na die spruit van Egipte tot by die Groot See.
29. Dit is die land wat julle as erfenis moet laat toekom aan die stamme van Israel, en dit is hulle gedeeltes, spreek die Here HERE.
30. En dit is die uitgange van die stad: aan die noordekant vier duisend vyf honderd el lengtemaat.
31. En die poorte van die stad moet wees volgens die name van die stamme van Israel; drie poorte teen die noorde: die poort van Ruben, een; die poort van Juda, een; die poort van Levi, een.
32. En na die oostekant vier duisend vyf honderd el; en drie poorte, naamlik: die poort van Josef, een; die poort van Benjamin, een; die poort van Dan, een.
33. En die suidekant vier duisend vyf honderd lengtemaat; en drie poorte: die poort van S¡meon, een; die poort van Issaskar, een; die poort van S,bulon, een.
34. Die westekant vier duisend vyf honderd; hulle poorte drie: die poort van Gad, een; die poort van Aser, een; die poort van N ftali, een;
35. rondom agttien duisend el; en die naam van die stad sal van vandag af wees: Die HERE is daar!

Psalms 135:8-14
8. wat die eersgeborenes van Egipte getref het, van mense sowel as van vee;
9. wat tekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte;
10. wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:
11. Sihon, die koning van die Amoriete, en Og, die koning van Basan, en al die koninkryke van Kana„n,
12. en hulle land as erfdeel gegee het, as erfdeel aan Israel, sy volk.
13. o HERE, u Naam is tot in ewigheid, u gedenknaam, HERE, van geslag tot geslag!
14. Want die HERE sal aan sy volk reg doen en medelyde hê met sy knegte.

Spreuke 29:9-9
9. Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.

1 Petrus 4:1-19
1. Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,
2. om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.
3. Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyd die wil van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en ongeoorloofde afgoderye.
4. Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, en hulle laster.
5. Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel.
6. Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees.
7. En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.
8. Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek.
9. Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer.
10. Namate elkeen 'n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.
11. As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen.
12. Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;
13. maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.
14. As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.
15. Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van 'n ander bemoei nie.
16. Maar wanneer iemand as 'n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.
17. Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
18. En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?
19. So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.