A A A A A
Bybel in een jaar
April 20

Regters 5:1-31
1. Op die dag het Debora en Barak, die seun van Abinoam, gesing en gesê:
2. Omdat aanvoerders aangevoer het in Israel, omdat die volk hom gewillig getoon het -- prys die HERE!
3. Hoor, o konings! Luister, o vorste! Ek, tot eer van die HERE wil ek sing, tot eer van die HERE, die God van Israel, wil ek psalmsing.
4. HERE, toe U uitgetrek het uit Se‹r, toe U voortgestap het uit die veld van Edom, het die aarde gebeef, ook het die hemel gedrup, ook het die wolke water gedrup.
5. Berge het gewankel voor die aangesig van die HERE uit, hierdie Sinai voor die aangesig van die HERE, die God van Israel.
6. In die dae van Samgar, die seun van Anat, in die dae van Jael, was die paaie verlate, en die reisigers het langs sypaaie gegaan.
7. Leiers het ontbreek in Israel, ontbreek; totdat ek, Debora, opgestaan het, ek, 'n moeder in Israel, opgestaan het.
8. Kies hulle nuwe gode, dan is daar oorlog in die poorte; was daar skild of spies te sien onder veertig duisend in Israel?
9. My hart is vir die aanvoerders van Israel wat hulle gewillig betoon het onder die volk -- prys die HERE!
10. Julle wat op wit eselinne ry, wat op tapyte sit, wandelaars langs die paaie, dink na!
11. Vanweë die stem van die boogskutters tussen die drinkplekke, besing hulle daar die regverdige dade van die HERE, die regverdige dade van sy leiding in Israel. Toe het die volk van die HERE afgetrek na die poorte toe.
12. Word wakker, word wakker, Debora! Word wakker, word wakker, hef 'n lied aan! Staan op, Barak! en voer jou gevangenes weg, seun van Abinoam!
13. Toe het die oorblyfsel van die vername manne van die volk afgetrek, toe het die HERE vir my afgetrek onder die helde.
14. Uit Efraim, die wat hulle wortel in Amalek het; Benjamin, agter jou aan onder jou manskappe; uit Magir trek die aanvoerders af, en uit S,bulon die wat met die werwerstaf uittrek;
15. en vorste in Issaskar met Debora saam; en Issaskar soos Barak: in die dal storm hulle op sy voetspore. In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.
16. Waarom het jy tussen die veekrale bly sit en luister na die fluitspel by die troppe vee? In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.
17. G¡lead het rustig oorkant die Jordaan gebly; en Dan, waarom vertoef hy by die skepe? Aser het bly sit aan die seekus en aan sy baaie rustig gebly.
18. S,bulon is 'n volk wat sy siel gering ag tot die dood toe; ook N ftali op die hoogvlaktes.
19. Konings het gekom, geveg; toe het die konings van Kana„n geveg by T änag, by die waters van Meg¡ddo -- geen stuk silwer het hulle geneem nie.
20. Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen S¡sera geveg;
21. die spruit Kison het hulle afgedrywe, die spruit van ontmoeting, die spruit Kison! Tree op, my siel, met mag!
22. Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die gejaag van hulle geweldiges.
23. Vloek Meros, sê die Engel van die HERE; ja, vervloek sy inwoners, omdat hulle die HERE nie tot hulp gekom het nie, die HERE tot hulp onder die helde.
24. Mag bo die vroue geseënd wees Jael, die vrou van Heber, die Keniet; geseënd wees bo die vroue in die tent!
25. Water het hy gevra, melk het sy gegee, in 'n sierlike skottel het sy dikmelk gebring.
26. Haar hand steek sy uit na die tentpen en haar regterhand na die werksman se hamer; en sy hamer S¡sera, verpletter sy kop en verbrysel en deurboor die slaap van sy hoof.
27. Tussen haar voete sak hy inmekaar, val, lê daar! Tussen haar voete sak hy inmekaar, val; waar hy inmekaarsak, daar lê hy -- morsdood.
28. Deur die venster kyk die moeder van S¡sera uit, en sy roep deur die venstertralie: Waarom vertoef sy wa om te kom? Waarom versuim die passe van sy wa-span?
29. Die skranderste van haar vorstinne antwoord haar, ja, sy self antwoord op haar woorde:
30. Hulle het seker buit gevind en verdeel dit: een slavin, twee slavinne vir elke man; 'n buit van bont klere vir S¡sera, 'n buit van bont klere, veelkleurige; 'n bont doek, twee veelkleuriges as buit vir my hals.
31. So moet al u vyande, HERE, omkom! Maar die wat Hom liefhet, is soos die opgang van die son in sy krag. En die land het veertig jaar lank gerus.

Regters 6:1-40
1. Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Midianiete, sewe jaar lank.
2. En die Midianiete het die oorhand oor Israel gekry; vanweë die Midianiete het die kinders van Israel vir hulle die slote gemaak wat op die berge is, en die gate en die bergvestings.
3. Want as Israel gesaai het, dan trek die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste uit, en trek teen hulle op:
4. slaan laers teen hulle op en verwoes die opbrings van die land in die rigting na Gasa, en hulle laat geen lewensmiddele, geen skaap of bees of esel in Israel oorbly nie.
5. Want hulle het met hul vee en hul tente opgetrek en gekom soos sprinkane in menigte, terwyl hulle en hul kamele ontelbaar was; so het hulle dan die land ingekom om dit te verwoes.
6. En Israel het deur die Midianiete baie arm geword, maar die kinders van Israel het die HERE aangeroep.
7. En toe die kinders van Israel die HERE aanroep vanweë die Midianiete,
8. het die HERE 'n profeet na die kinders van Israel gestuur, en die het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek self het julle laat optrek uit Egipte en julle uit die slawehuis uitgelei
9. en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al julle verdrukkers en hulle voor julle uit verdrywe en hulle land aan julle gegee.
10. En Ek het aan julle gesê: Ek is die HERE julle God; julle mag die gode van die Amoriete in wie se land julle woon, nie vrees nie. Maar julle het nie na my stem geluister nie.
11. Toe het die Engel van die HERE gekom en gaan sit onder die terpentynboom wat by Ofra staan, wat aan Joas, die Abiësriet, behoort het, terwyl sy seun G¡deon juis koring uitslaan in die parskuip om dit te beveilig teen die Midianiete.
12. En die Engel van die HERE het aan hom verskyn en vir hom gesê: Die HERE is met jou, dapper held!
13. Toe vra G¡deon Hom: Ag, my heer, as die HERE met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het die HERE ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het die HERE ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete.
14. Toe draai die HERE na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie?
15. Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie.
16. Toe sê die HERE vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan.
17. En hy antwoord Hom: As ek dan guns in u oë gevind het, doen vir my 'n teken, dat U dit is wat met my spreek.
18. Verwyder U tog nie hiervandaan voordat ek by U kom en my gawe uitbring en voor U neersit nie. Hy sê toe: Ek sal bly totdat jy terugkom.
19. Toe het G¡deon ingegaan en 'n bokkie berei, en van 'n efa meel ongesuurde koeke; die vleis het hy in 'n mandjie gesit en die sous in 'n pot gegooi; en hy het dit na Hom uitgebring onder die terpentynboom en dit naby neergesit.
20. Maar die Engel van God het vir hom gesê: Neem die vleis en die ongesuurde koeke, en sit dit op hierdie rots neer en gooi die sous daaroor uit. En hy het so gedoen.
21. Daarop steek die Engel van die HERE die punt van die staf wat in sy hand was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan; toe gaan daar vuur op uit die rots en verteer die vleis en die ongesuurde koeke. Intussen het die Engel van die HERE verdwyn uit sy oë.
22. Toe G¡deon bemerk dat dit die Engel van die HERE was, sê G¡deon: Ag, Here HERE! want ek het die Engel van die HERE gesien van aangesig tot aangesig!
23. Maar die HERE sê vir hom: Vrede vir jou! Vrees nie! Jy sal nie sterwe nie.
24. Toe bou G¡deon daar 'n altaar vir die HERE en noem dit: Die HERE is vrede! Dit staan vandag nog daar by Ofra van die Abiësriete.
25. En in dieselfde nag het die HERE vir hom gesê: Neem die bul van jou vader, naamlik die tweede bul van sewe jaar, en breek die altaar van Baäl af wat aan jou vader behoort, en kap die heilige boomstam af wat daar langsaan staan.
26. En bou vir die HERE jou God 'n altaar op die top van hierdie vesting deur opstapeling, en neem die tweede bul en bring dit as 'n brandoffer met die hout van die heilige boomstam wat jy moet afkap.
27. Toe het G¡deon tien man van sy dienaars geneem en gedoen soos die HERE aan hom gesê het; maar omdat hy te bang was vir sy familie en vir die manne van die stad, om dit oordag te doen, het hy dit in die nag gedoen.
28. En toe die manne van die stad die môre vroeg opstaan, lê die altaar van Ba„l daar omgegooi en die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap en die tweede bul geoffer op die altaar wat daar gebou was!
29. Toe sê hulle, die een vir die ander: Wie het hierdie ding gedoen? En onderwyl hulle ondersoek en uitvra, sê hulle: G¡deon, die seun van Joas, het hierdie ding gedoen!
30. Toe sê die manne van die stad vir Joas: Bring jou seun uit, hy moet sterwe, omdat hy die altaar van Ba„l omgegooi het, en omdat hy die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap het.
31. Maar Joas sê vir almal wat by hom staan: Wil julle vir Ba„l veg? Of wil julle hom help? Die wat vir hom veg, sal vanmôre nog gedood word. As hy 'n god is, laat hy vir homself veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.
32. Daarom het hy hom op die dag Jerubba„l genoem en gesê: Laat Ba„l teen hom veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.
33. Toe het al die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste aanmekaargesluit en deurgetrek en in die laagte van J¡sreël laer opgeslaan.
34. En die Gees van die HERE het G¡deon vervul; en hy het op die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter hom aan opgeroep.
35. Ook het hy boodskappers gestuur in die hele Manasse, en die is ook agter hom aan opgeroep; ook het hy boodskappers gestuur in Aser en in S,bulon en in N ftali, en hulle het opgetrek, hulle tegemoet.
36. Toe het G¡deon met God gespreek: As U werklik deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het --
37. ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies dou is, terwyl die grond oral droog is, dan sal ek weet dat U deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het.
38. En dit was so: toe hy die volgende môre vroeg opstaan, het hy die vlies uitgewring en die dou uit die vlies uitgedruk, 'n kom vol water.
39. Toe het G¡deon met God gespreek: Laat u toorn nie teen my ontvlam nie, en laat my net hierdie keer mag spreek; laat my tog net hierdie keer met die vlies 'n proef neem: laat dit op die vlies alleen droog wees terwyl daar op die grond oral dou is.
40. En die HERE het daardie nag so gedoen: op die vlies alleen was dit droog, maar oral op die grond was daar dou.

Psalms 49:1-9
1. Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.
2. Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,
3. geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!
4. My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.
5. Ek sal my oor neig tot 'n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.
6. Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring --
7. die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?
8. Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie
9. ***

Spreuke 14:20-21
20. Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk.
21. Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.

Lukas 15:1-10
1. En al die tollenaars en sondaars het die gewoonte gehad om na Hom te kom en na Hom te luister.
2. En die Fariseërs en die skrifgeleerdes het baie gemurmureer en gesê: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.
3. Toe vertel Hy aan hulle hierdie gelykenis en sê:
4. Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege en negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie?
5. En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers.
6. En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was.
7. Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor nege en negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.
8. Of watter vrou wat tien pennings het, as sy een penning verloor, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?
9. En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: Wees saam met my bly, want ek het die penning gekry wat ek verloor het.
10. So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.