Instagram
English
A A A A A
Bybel in een jaar
April 16

Josua 21:1-45
1. Toe het die familiehoofde van die Leviete nader gekom na Ele sar, die priester, en na Josua, die seun van Nun, en na die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel,
2. en met hulle gespreek in Silo, in die land Kana„n, en gesê: Die HERE het deur die diens van Moses bevel gegee dat aan ons stede afgestaan moet word om in te woon, met hulle weiveld vir ons vee.
3. Toe het die kinders van Israel aan die Leviete, volgens die bevel van die HERE, uit hulle erfdeel die volgende stede met hulle weiveld afgestaan:
4. Die lot het uitgekom vir die geslagte van die Kehatiete; en die kinders van A„ron, die priester, uit die Leviete, het ontvang uit die stam van Juda en uit die stam van S¡meon en uit die stam van Benjamin, deur die lot, dertien stede;
5. en die ander kinders van Kehat, uit die geslagte van die stam van Efraim en uit die stam van Dan en uit die halwe stam van Manasse, deur die lot, tien stede;
6. en die kinders van Gerson, uit die geslagte van die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van N ftali en uit die halwe stam van Manasse in Basan, deur die lot, dertien stede;
7. en die kinders van Mer ri, volgens hulle geslagte, uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van S,bulon, twaalf stede.
8. So het dan die kinders van Israel aan die Leviete hierdie stede met hulle weiveld deur die lot gegee, soos die HERE deur die diens van Moses beveel het.
9. Verder het hulle, uit die stam van die kinders van Juda en uit die stam van die kinders van S¡meon, hierdie stede gegee wat hulle met hul name genoem het:
10. die kinders van A„ron dan, uit die geslagte van die Kehatiete, uit die kinders van Levi, het ontvang -- want die eerste lot was vir hulle --
11. en aan hulle is gegee: die stad van Arba, die vader van Anok, dit is Hebron, op die gebergte van Juda, met sy weiveld daaromheen;
12. maar die saaigrond van die stad, met sy dorpe, het hulle aan Kaleb, die seun van Jefunne, as sy besitting gegee.
13. En aan die kinders van A„ron, die priester, het hulle gegee Hebron, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het, met sy weiveld, en Libna met sy weiveld,
14. en Jattir met sy weiveld, en Estemoa met sy weiveld,
15. en Holon met sy weiveld, en Debir met sy weiveld,
16. en Ajin met sy weiveld, en Jutta met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld: nege stede uit hierdie twee stamme.
17. En uit die stam van Benjamin: G¡beon met sy weiveld, en Geba met sy weiveld,
18. en Anatot met sy weiveld, en Almon met sy weiveld: vier stede.
19. Al die stede van die kinders van A„ron, die priesters, was dertien stede met hulle weiveld.
20. En die geslagte van die kinders van Kehat, die Leviete, wat nog oor was van die kinders van Kehat, het hulle stede wat deur die lot aangewys was, ontvang uit die stam van Efraim;
21. en hulle het aan hulle gegee: die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Sigem met sy weiveld op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld,
22. en Kibs im met sy weiveld, en Bet-Horon met sy weiveld: vier stede.
23. En uit die stam van Dan: lteke met sy weiveld, G¡bbeton met sy weiveld,
24. Ajalon met sy weiveld, Gat-Rimmon met sy weiveld: vier stede.
25. En uit die helfte van die stam van Manasse: T änag met sy weiveld, en Gat-Rimmon met sy weiveld: twee stede;
26. alles saam tien stede met hulle weiveld vir die geslagte van die kinders van Kehat wat nog oorgebly het.
27. En aan die kinders van Gerson uit die geslagte van die Leviete: uit die halwe stam van Manasse, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Golan in Basan met sy weiveld, en Beëst,ra met sy weiveld: twee stede.
28. En uit die stam van Issaskar: Kisjon met sy weiveld, en Daberat met sy weiveld,
29. Jarmut met sy weiveld, En-Gannim met sy weiveld: vier stede.
30. En uit die stam van Aser: Miseal met sy weiveld, Abdon met sy weiveld,
31. Helkat met sy weiveld, en Rehob met sy weiveld: vier stede.
32. En uit die stam van N ftali, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Kedes in Galil,a met sy weiveld, en Hammot-Dor met sy weiveld, en Kartan met sy weiveld: drie stede;
33. al die stede van die Gersoniete, volgens hulle geslagte, was dertien stede met hulle weiveld.
34. En aan die geslagte van die kinders van Mer ri, die Leviete wat nog oor was -- uit die stam van S,bulon: Jokneam met sy weiveld, Karta met sy weiveld,
35. Dimna met sy weiveld, N halal met sy weiveld: vier stede.
36. En uit die stam van Ruben: Beser met sy weiveld, en Jahas met sy weiveld,
37. Ked,mot met sy weiveld, en Mef ät met sy weiveld: vier stede.
38. En uit die stam van Gad, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Ramot in G¡lead met sy weiveld, en Mahan im met sy weiveld,
39. Hesbon met sy weiveld, Ja,ser met sy weiveld: alles saam vier stede.
40. Al die stede was vir die kinders van Mer ri, volgens hulle geslagte wat nog oor was uit die geslagte van die Leviete; en hulle lot was twaalf stede.
41. Al die stede van die Leviete, tussen die besitting van die kinders van Israel in, was agt en veertig stede met hulle weiveld.
42. Hierdie stede het stad vir stad rondom hulle weiveld gehad; so was dit met al hierdie stede.
43. So het die HERE dan die hele land aan Israel gegee wat Hy hulle vaders met 'n eed beloof het om hulle te gee; en hulle het dit in besit geneem en daarin gaan woon.
44. En die HERE het hulle aan alle kante rus gegee net soos Hy hulle vaders met 'n eed beloof het; en niemand van al hul vyande het voor hulle standgehou nie; al hulle vyande het die HERE in hulle hand gegee.
45. Geen woord van al die goeie woorde wat die HERE met die huis van Israel gespreek het, het onvervuld gebly nie; alles het uitgekom.

Josua 22:1-34
1. Toe het Josua die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse laat roep
2. en aan hulle gesê: Julle het alles onderhou wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, en julle het na my geluister in alles wat ek julle beveel het.
3. Julle het jul broers nie in die steek gelaat nie -- dit is nou baie dae al tot vandag toe -- en het die ordening van die gebod van die HERE julle God onderhou.
4. Maar nou het die HERE julle God jul broers rus gegee, soos Hy hulle beloof het; draai dan nou om en gaan na julle tente, na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die HERE, julle oorkant die Jordaan gegee het.
5. Neem net noukeurig in ag die onderhouding van die gebod en die wet wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, om die HERE julle God lief te hê en in al sy weë te wandel en sy gebooie te onderhou en Hom aan te hang en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel.
6. So het Josua hulle dan geseënen hulle laat gaan; en hulle het getrek na hul tente toe.
7. Maar aan die een helfte van die stam van Manasse het Moses in Basan 'n erfdeel gegee, en aan die ander helfte daarvan het Josua 'n deel gegee saam met hulle broers, duskant die Jordaan in die weste. En toe Josua hulle laat gaan het na hul tente, het hy hulle ook geseën
8. en met hulle gespreek en gesê: Gaan terug na julle tente met groot rykdomme en 'n menigte van vee, met silwer en goud en koper en yster en baie klere; deel die buit van julle vyande saam met julle broers.
9. So het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse dan teruggegaan, en hulle het weggetrek van die kinders van Israel af, uit Silo wat in die land Kana„n lê, om te gaan na die land G¡lead, na die land van hulle besitting waarin hulle, op bevel van die HERE deur die diens van Moses, vaste besittings verkry het.
10. Toe hulle kom by die klipkrale van die Jordaan, wat in die land Kana„n lê, het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse daar 'n altaar gebou by die Jordaan, 'n altaar groot van aansien.
11. Maar toe die kinders van Israel hoor sê: Kyk, die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het die altaar gebou teenoor die land Kana„n, by die klipkrale van die Jordaan, aan die kant van die kinders van Israel --
12. toe die kinders van Israel dit hoor, het die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaargekom in Silo om op kommando teen hulle op te trek.
13. En die kinders van Israel het Pinehas, die seun van Ele sar, die priester, na die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse, na die land G¡lead gestuur,
14. en tien owerstes saam met hom, vir elke familie van al die stamme van Israel een owerste; en hulle was elkeen 'n familiehoof van die stamme van Israel.
15. Toe hulle by die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse in die land G¡lead kom, het hulle met hulle gespreek en gesê:
16. So sê die hele vergadering van die HERE: Wat is dit vir 'n troubreuk wat julle begaan teen die God van Israel, dat julle vandag van die HERE afvallig word deur vir julle 'n altaar te bou, deur vandag teen die HERE in opstand te kom?
17. Is die ongeregtigheid in verband met Peor vir ons nog nie genoeg nie, waarvan ons tot vandag toe ons nie gereinig het nie -- toe die plaag oor die vergadering van die HERE gekom het?
18. En julle wil vandag van die HERE afvallig word! As julle dan vandag in opstand kom teen die HERE, sal Hy môre toornig word op die hele vergadering van Israel.
19. As die land van julle besitting egter onrein is, trek dan oor na die eie land van die HERE waar die tabernakel van die HERE gevestig is, en verkry onder ons vaste besittings; maar kom nie teen die HERE in opstand nie, en moenie teen ons opstandig wees deur vir julle 'n altaar te bou naas die altaar van die HERE onse God nie.
20. Toe Agan, die seun van Serag, hom vergryp het aan die bangoed, het daar nie 'n toorn oor die hele vergadering van Israel gekom nie? En hy self het nie alleen weens sy ongeregtigheid omgekom nie.
21. Daarop het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse geantwoord en aan die stamhoofde van Israel gesê:
22. Die God van die gode, die HERE, die God van die gode, die HERE, Hy weet dit; en ook Israel mag dit weet: As dit deur opstandigheid of deur troubreuk teen die HERE is -- verlos ons nie vandag nie, HERE! --
23. dat ons 'n altaar vir ons gebou het om van die HERE afvallig te word; en as dit is om daarop 'n brandoffer en spysoffer te bring of om daarop dankoffers te berei, dan mag die HERE self dit wreek.
24. Maar waarlik, ons het dit uit 'n sekere besorgdheid gedoen en gesê: Later sou julle kinders met ons kinders kan spreek en sê: Wat het julle te doen met die HERE, die God van Israel?
25. Die HERE het tog tussen ons en julle, kinders van Ruben en kinders van Gad, die Jordaan as grens gestel; julle het geen deel aan die HERE nie; so sal julle kinders dan maak dat ons kinders die HERE nie meer vrees nie.
26. Daarom het ons gesê: Laat ons tog dit doen en vir ons die altaar bou, nie vir brandoffer en nie vir slagoffer nie,
27. maar dat dit 'n getuie kan wees tussen ons en julle en ons geslagte nons dat ons die diens van die HERE sal waarneem voor sy aangesig met ons brandoffers en ons slagoffers en ons dankoffers, sodat julle kinders later nie aan ons kinders kan sê: Julle het geen deel aan die HERE nie.
28. En ons het gedink: As hulle dit later aan ons en ons geslagte sou sê, sal ons sê: Kyk na die boustyl van die altaar van die HERE wat ons vaders gemaak het, nie vir brandoffer en nie vir slagoffer nie, maar 'n getuie is hy tussen ons en julle.
29. Dit is ver van ons dat ons opstandig sou word teen die HERE en vandag afvallig sou word van die HERE deur 'n altaar te bou vir brandoffer, spysoffer en slagoffer naas die altaar van die HERE onse God wat voor sy tabernakel staan.
30. Toe P¡nehas, die priester, en die owerstes van die vergadering, die stamhoofde van Israel wat saam met hom was, die woorde hoor wat die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse gespreek het, was dit goed in hulle oë.
31. Toe sê P¡nehas, die seun van Ele sar, die priester, aan die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse: Vandag weet ons dat die HERE in ons midde is, omdat julle hierdie troubreuk teen die HERE nie begaan het nie; nou het julle die kinders van Israel gered uit die hand van die HERE.
32. Daarop het P¡nehas, die seun van Ele sar, die priester, en die ouerstes teruggekeer van die kinders van Ruben en die kinders van Gad, uit die land G¡lead na die land Kanaän, na die kinders van Israel, en hulle 'n antwoord gebring.
33. En die antwoord was goed in die oë van die kinders van Israel, en die kinders van Israel het God geprys; en hulle het daar nie meer van gespreek om teen hulle op kommando te trek, om die land waarin die kinders van Ruben en die kinders van Gad gewoon het, te verwoes nie.
34. En die kinders van Ruben en die kinders van Gad het die altaar genoem: Hy is getuie tussen ons dat die HERE God is.

Psalms 46:7-11
7. Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.
8. Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela.
9. Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,
10. wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.
11. Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde. [ (Psalms 46:12) Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela. ]

Spreuke 14:12-13
12. Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
13. Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so 'n blydskap is bekommernis.

Lukas 13:1-22
1. En in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig wat Hom berig gebring het van die Galil,ërs wie se bloed Pilatus met hulle offers gemeng het.
2. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dink julle dat hierdie Galil,ërs groter sondaars was as al die Galil,ërs, omdat hulle sulke dinge gely het?
3. Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
4. Of daardie agttien op wie die toring van Siloam geval en hulle gedood het -- dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon?
5. Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
6. En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: 'n Man het 'n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.
7. Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar?
8. Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.
9. As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.
10. En Hy was besig om op die sabbat in een van die sinagoges te leer.
11. En daar was 'n vrou wat 'n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie.
12. En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos.
13. En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik.
14. Maar die owerste van die sinagoge, wat verontwaardig was dat Jesus op die sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare: Daar is ses dae waarop 'n mens behoort te werk; kom dan op die dae en laat julle genees en nie op die sabbatdag nie.
15. Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie?
16. Maar hierdie vrou wat 'n dogter van Abraham is, wat die Satan -- dink daaraan! -- agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie?
17. En toe Hy dit sê, het al sy teëstanders beskaamd geword; en die hele skare was bly oor al die heerlike dinge wat deur Hom gebeur het.
18. En Hy het gesê: Hoedanig is die koninkryk van God en waarmee sal Ek dit vergelyk?
19. Dit is soos 'n mosterdsaad wat 'n man geneem en in sy tuin gesaai het; en dit het gegroei en 'n groot boom geword, en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke.
20. En weer het Hy gesê: Waarmee sal Ek die koninkryk van God vergelyk?
21. Dit is soos suurdeeg wat 'n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.
22. En onderwyl Hy geleer het en op reis was na Jerusalem, het Hy stede en dorpe deurgegaan.