A A A A A

2 Samuel 11:1-27
1. En nverloop van die jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, stuur Dawid Joab en sy dienaars saam met hom uit en die hele Israel. En hulle het die land van die kinders van Ammon verniel en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het.
2. En teen die aand, toe Dawid van sy bed opgestaan het en op die dak van die paleis wandel, sien hy van die dak af 'n vrou wat besig was om 'n bad te neem; en die vrou was baie mooi van aansien.
3. En Dawid het ondersoek laat doen na die vrou, en hulle het gesê: Is dit nie B tseba, die dogter van El¡am, die vrou van Ur¡a die Hetiet nie?
4. Daarop stuur Dawid boodskappers en laat haar haal. En toe sy by hom inkom, het hy met haar gemeenskap gehad, terwyl sy haar juis van haar onreinheid gereinig het. Daarna het sy na haar huis teruggegaan.
5. En die vrou het swanger geword en gestuur om Dawid te laat weet: Ek is swanger.
6. En Dawid het Joab laat weet: Stuur Ur¡a, die Hetiet, na my. En Joab het Ur¡a na Dawid gestuur.
7. Toe Ur¡a dan by hom kom, vra Dawid of dit goed gaan met Joab, en of dit goed gaan met die manskappe, en of dit goed gaan met die oorlog.
8. En Dawid sê vir Ur¡a: Gaan af na jou huis en was jou voete. En toe Ur¡a uit die paleis uitgaan, het 'n geskenk van die koning hom gevolg.
9. Maar Ur¡a het gaan slaap by die ingang van die paleis, by al die dienaars van sy heer, en nie na sy huis afgegaan nie.
10. En daar is aan Dawid meegedeel en gesê: Ur¡a het nie na sy huis afgegaan nie. Toe vra Dawid vir Ur¡a: Kom jy nie van 'n reis af nie? Waarom gaan jy nie af na jou huis nie?
11. En Ur¡a sê vir Dawid: Die ark en Israel en Juda bly in hutte, en my heer Joab en die dienaars van my heer is gelaer in die oop veld; sou ek dan in my huis ingaan om te eet en te drink en by my vrou te slaap? So waar as u leef en u siel leef, ek sal dit nie doen nie!
12. En Dawid sê vir Ur¡a: Bly vandag ook hier; dan sal ek jou môre laat gaan. En Ur¡a het die dag in Jerusalem gebly.
13. Maar die volgende dag het Dawid hom genooi, en hy het voor sy aangesig geëet en gedrink, en hy het hom dronk gemaak. Toe gaan hy in die aand uit om op sy slaapplek by die dienaars van sy heer te gaan slaap; maar na sy huis het hy nie afgegaan nie.
14. En in die môre skrywe Dawid 'n brief aan Joab en stuur dit met Ur¡a weg.
15. En hy het in die brief geskrywe en gesê: Sit Ur¡a op die voorpunt van die hewigste geveg; trek julle dan agter hom terug, dat hy in die slag kan sneuwel.
16. So het Joab dan, terwyl hy die stad verken, Ur¡a op 'n plek gesit waarvan hy geweet het dat daar dapper manne was.
17. En toe die manne van die stad uittrek en met Joab veg, het daar van die manskappe, van die dienaars van Dawid, geval, en Ur¡a, die Hetiet, het ook gesterwe.
18. Daarop stuur Joab om Dawid die hele beloop van die geveg mee te deel.
19. En hy gee die boodskapper bevel en sê: Net soos jy die hele beloop van die geveg aan die koning klaar vertel het --
20. as dan die woede van die koning opkom en hy vir jou sê: Waarom het julle so naby die stad gekom om te veg? Het julle dan nie geweet dat hulle bo van die muur af sou skiet nie?
21. Wie het Abim,leg, die seun van Jerubb,set, verslaan? Het nie 'n vrou bo van die muur af 'n boonste meulsteen op hom gegooi, sodat hy in Tebes gesterf het nie? Waarom het julle so naby die muur gekom? -- dan moet jy sê: U dienaar Ur¡a, die Hetiet, is ook dood!
22. En die boodskapper het gegaan en aangekom en aan Dawid alles vertel wat Joab hom opgedra het.
23. Die boodskapper het naamlik aan Dawid gesê: Die manne was vir ons te sterk en het teen ons uitgetrek die veld in, maar ons het hulle teruggedruk tot by die ingang van die poort.
24. Toe het die boogskutters bo van die muur af op u dienaars geskiet, sodat daar van die koning se dienaars gesterf het, en u dienaar Ur¡a, die Hetiet, is ook dood.
25. Daarop het Dawid aan die boodskapper gesê: So moet jy aan Joab sê: Laat hierdie saak nie so verkeerd wees in jou oë nie, want die swaard verteer die een sowel as die ander; veg net dapper teen die stad en verwoes dit. So moet jy hom moed inpraat.
26. Toe die vrou van Ur¡a hoor dat haar man Ur¡a dood was, het sy gerouklaag oor haar heer.
27. Nadat die routyd verby was, het Dawid gestuur en haar in sy huis opgeneem; en sy het sy vrou geword en vir hom 'n seun gebaar. Maar die ding wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die HERE.

2 Samuel 12:1-31
1. Daarom het die HERE Natan na Dawid gestuur. Toe hy by hom inkom, sê hy vir hom: Daar was twee manne in 'n sekere stad, die een was ryk en die ander arm.
2. Die ryke het 'n groot menigte kleinvee en beeste gehad,
3. maar die arme het glad niks gehad nie, behalwe een klein ooilammetjie wat hy gekoop en in die lewe gehou het, en wat by hom en saam met sy kinders groot geword het; dit het van sy stukkie brood geëet en uit sy beker gedrink en in sy skoot geslaap, en dit was vir hom soos 'n dogter.
4. En toe daar besoek kom by die ryk man, het hy ontsien om van sy kleinvee of beeste te neem om vir die reisiger wat by hom gekom het, iets te berei; daarom het hy die ooilam van die arm man geneem en dit berei vir die man wat by hom gekom het.
5. En Dawid het baie kwaad geword vir die man en aan Natan gesê: So waar as die HERE leef, die man wat dit gedoen het, moet sterwe!
6. En die ooilam moet hy viervoudig teruggee, omdat hy hierdie ding gedoen het en geen ontferming geken het nie.
7. Toe sê Natan vir Dawid: U is die man! So sê die HERE, die God van Israel: k het jou as koning gesalf oor Israel, en k het jou gered uit die hand van Saul;
8. en Ek het die huis van jou heer aan jou gegee, en die vroue van jou heer in jou skoot, en Ek het die huis van Israel en Juda aan jou gegee; en as dit te min was, sou Ek aan jou nog meer sulke dinge daarby wil voeg.
9. Waarom het jy die woord van die HERE verag deur te doen wat verkeerd is in sy oë? Ur¡a, die Hetiet, het jy met die swaard verslaan, en sy vrou het jy vir jou as vrou geneem, nadat jy hom deur die swaard van die kinders van Ammon vermoor het.
10. En nou sal die swaard vir ewig van jou huis nie wyk nie, omrede dat jy My verag het en die vrou van Ur¡a, die Hetiet, geneem het om jou vrou te wees.
11. So sê die HERE: Kyk, Ek sal uit jou huis onheil oor jou verwek, en jou vroue voor jou oë neem en aan jou naaste gee, sodat hy by jou vroue sal slaap voor die oog van hierdie son.
12. Want jy het dit in die geheim gedoen, maar Ek sal hierdie ding doen voor die hele Israel en in die volle sonlig.
13. En Dawid sê vir Natan: Ek het gesondig teen die HERE! En Natan sê vir Dawid: So het die HERE dan ook u sonde vergewe: u sal nie sterf nie.
14. Maar omdat u die vyande van die HERE deur hierdie saak aanleiding gegee het om grootliks te laster, sal die kind wat vir u gebore is, ook sekerlik sterwe.
15. Toe gaan Natan na sy huis. En die HERE het die kind wat die vrou van Ur¡a vir Dawid gebaar het, getref, sodat dit ernstig siek geword het.
16. En Dawid het die aangesig van God gesoek vir die kind, en Dawid het 'n tyd lank gevas en na binne gegaan en die hele nag deur op die grond gelê.
17. Daarop kom die oudstes van sy huis na hom en wou hom van die grond laat opstaan, maar hy wou nie; ook het hy geen brood saam met hulle geëet nie.
18. En op die sewende dag het die kind gesterwe; en die dienaars van Dawid was bevrees om hom te vertel dat die kind dood was, want hulle het gesê: Kyk, toe die kind nog in die lewe was, het ons met hom gespreek, maar hy het nie na ons geluister nie. Hoe kan ons dan vir hom sê: Die kind is dood! -- hy kan 'n verkeerde ding doen.
19. Maar toe Dawid sien dat sy dienaars onder mekaar fluister, het Dawid gemerk dat die kind dood was. En Dawid sê aan sy dienaars: Is die kind dood? En hulle antwoord: Hy is dood.
20. Toe het Dawid van die grond opgestaan en hom gewas en gesalf en ander klere aangetrek en in die huis van die HERE gegaan en aanbid. Daarop het hy in sy huis gekom en gevra dat hulle brood aan hom moet voorsit; en hy het geëet.
21. Toe vra sy dienaars hom: Wat is dit vir 'n ding wat u gedoen het? Ter wille van die lewende kind het u gevas en geween, maar net toe die kind dood was, het u opgestaan en brood geëet.
22. En hy sê: Toe die kind nog in die lewe was, het ek gevas en geween, want ek het gedink: Wie weet -- die HERE kan my genadig wees, sodat die kind in die lewe bly.
23. Maar nou is hy dood -- waarom sou ek dan vas? Sal ek hom nog kan terugbring? Ek gaan na hom, maar hy sal na my nie terugkeer nie.
24. Daarna het Dawid sy vrou B tseba getroos en by haar ingegaan en by haar geslaap. En sy het 'n seun gebaar, en hy het hom Salomo genoem. En die HERE het hom liefgehad,
25. en Hy het hom deur Natan, die profeet, Jed¡dja laat noem, ter wille van die HERE.
26. En Joab het teen Rabba van die kinders van Ammon geveg en die koningstad ingeneem.
27. Daarop stuur Joab boodskappers na Dawid om te sê: Ek het teen Rabba geveg, ook het ek die waterstad ingeneem.
28. Maak u dan nou die orige manskappe bymekaar en beleër die stad en neem dit in, sodat ,k nie die stad inneem en my naam daaroor uitgeroep word nie.
29. Toe maak Dawid al die manskappe bymekaar, en hy het weggetrek na Rabba, daarteen geveg en dit ingeneem.
30. En hy het die kroon van hulle koning van sy hoof afgeneem, waarvan die gewig 'n talent goud was, met 'n kosbare steen daarin, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en 'n baie groot buit van die stad het hy uitgebring.
31. En die manskappe wat daarin was, het hy uitgebring en hy het hulle aan die werk gesit by die saag en by ysterpenne en ysterbyle, en hulle laat oorbring na die steenoonde; en so het hy met al die stede van die kinders van Ammon gedoen. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.

Psalms 65:9-13
9. sodat die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; U laat die uitgange van die môre en die aand jubel.
10. U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land.
11. U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U seën sy uitspruitsel.
12. U kroon die jaar van u goedheid, en u voetspore drup van vettigheid.
13. Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulleself met gejuig. [ (Psalms 65:14) Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle. ]

Spreuke 16:22-24
22. 'n Fontein van die lewe is die verstand vir sy besitter, maar die tugtiging van die sotte is sotheid.
23. Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe.
24. Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek: soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente.

Johannes 6:22-51
22. Die volgende dag sien die skare wat oorkant die see gestaan het, dat daar geen ander skuit was nie, behalwe daardie een waarin sy dissipels gegaan het; en dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit gegaan het nie, maar dat sy dissipels alleen weggevaar het.
23. Maar ander skuite het van Tib,rias aangekom naby die plek waar hulle die brood geëet het, nadat die Here gedank het.
24. Toe die skare dan sien dat Jesus nie daar was nie en sy dissipels ook nie, het hulle self ook in die skuite geklim en na Kap,rnam gegaan om Jesus te soek.
25. En toe hulle Hom oorkant die see gevind het, sê hulle vir Hom: Rabbi, wanneer het U hier gekom?
26. Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het.
27. Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.
28. Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?
29. Jesus antwoord en sê vir hulle: D¡t is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.
30. En hulle sê vir Hom: Watter teken doen U dan, sodat ons kan sien en U glo? Wat werk U?
31. Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet.
32. En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel.
33. Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.
34. Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood.
35. En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.
36. Maar Ek het vir julle gesê dat julle My gesien het, en tog glo julle nie.
37. Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.
38. Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.
39. En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.
40. En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
41. Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.
42. En hulle sê: Is Hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe sê Hy dan: Ek het uit die hemel neergedaal?
43. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Moenie onder mekaar murmureer nie.
44. Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
45. Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe.
46. Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien.
47. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
48. Ek is die brood van die lewe.
49. Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe.
50. D¡t is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.
51. Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.