A A A A A

Eksodus 5:1-23
1. En daarna gaan Moses en A„ron en sê vir Farao: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat my volk trek, dat hulle vir My 'n fees kan hou in die woestyn.
2. Maar Farao antwoord: Wie is die HERE na wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek? Ek ken die HERE nie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie.
3. Toe sê hulle: Die God van die Hebreërs het ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE onse God offer, sodat Hy ons nie tref met die pes of die swaard nie.
4. Maar die koning van Egipte antwoord hulle: Moses en A„ron, waarom hou julle die volk van hulle werk af? Loop na julle werk toe.
5. Verder het Farao gesê: Kyk, die volk van die land is alreeds baie; en julle wil hulle laat ophou met hulle werk?
6. Daarom het Farao dieselfde dag aan die drywers onder die volk en die opsigters bevel gegee en gesê:
7. Julle moet die volk geen strooi meer gee om bakstene te maak soos gister en eergister nie. Laat hulle self gaan en vir hulle strooi versamel.
8. Maar die hoeveelheid bakstene wat hulle gister en eergister gemaak het, moet julle hulle oplê en niks daarvan verminder nie; want hulle is lui. Daarom roep hulle en sê: Laat ons gaan, laat ons offer aan onse God!
9. Laat die werk swaar druk op die manne, dat hulle daarmee besig kan wees en nie op leuenagtige woorde let nie.
10. Toe het die drywers van die volk en die opsigters uitgegaan en tot die volk gespreek en gesê: So spreek Farao: Ek gee julle geen strooi nie.
11. Loop haal self vir julle strooi waar julle dit kan kry; maar van julle werk word niks verminder nie.
12. Toe het die volk in die hele Egipteland rondgegaan om stoppels te versamel vir strooi.
13. En die drywers het aangedryf en gesê: Voltooi julle werk volgens die eis van elke dag net soos toe daar strooi was.
14. En die opsigters van die kinders van Israel wat Farao se drywers oor hulle aangestel het, het slae gekry, met die woorde: Waarom het julle gister en vandag nie soos tevore julle bepaalde werk, om stene te maak, volbring nie?
15. Daarom het die opsigters van die kinders van Israel gegaan, en hulle het geweeklaag by Farao en gesê: Waarom maak u so met u dienaars?
16. Aan u dienaars word geen strooi gegee nie, en hulle sê vir ons: Maak bakstene! En kyk, u dienaars word geslaan, maar die skuld lê by u volk.
17. Maar hy het geantwoord: Lui is julle, lui! Daarom sê julle: Laat ons gaan, laat ons aan die HERE offer.
18. Nou dan, loop werk! Maar strooi sal julle nie gegee word nie. Ewenwel moet julle die hoeveelheid bakstene aflewer.
19. Toe sien die opsigters van die kinders van Israel dat dit sleg met hulle staan, omdat daar gesê is: Julle mag jul bakstene, volgens die eis van elke dag, nie verminder nie.
20. En hulle het Moses en A„ron teëgekom, wat daar gestaan het om hulle te ontmoet as hulle van Farao af weggaan,
21. en het vir hulle gesê: Mag die HERE op julle let en oordeel, omdat julle ons gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy dienaars, sodat julle 'n swaard in hulle hand gegee het om ons om te bring.
22. Toe gaan Moses weer na die HERE en sê: Here, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen? Waarom het U my tog gestuur?
23. Want vandat ek na Farao gegaan het om in u Naam te spreek, het hy hierdie volk mishandel, en U het u volk glad nie verlos nie. [ (Exodus 5:24) Daarop het die HERE Moses geantwoord: Nou sal jy sien wat Ek Farao sal aandoen. Want deur 'n sterke hand sal hy hulle laat trek, ja, deur 'n sterke hand gedwing, sal hy hulle uit sy land uitdrywe. ]

Eksodus 6:1-30
1. Verder het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die HERE.
2. En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.
3. Ook het Ek my verbond met hulle opgerig om hulle die land Kana„n te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het;
4. en k het ook gehoor die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan my verbond gedink.
5. Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is die HERE, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur 'n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte;
6. en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle 'n God wees. En julle sal erken dat Ek die HERE julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.
7. En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as 'n besitting gee, Ek, die HERE.
8. Moses het toe so met die kinders van Israel gespreek, maar hulle het nie na Moses geluister nie, uit ongeduldigheid en weens die harde diens.
9. Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
10. Gaan spreek met Farao, die koning van Egipte, dat hy die kinders van Israel uit sy land moet laat uittrek.
11. Maar Moses het voor die aangesig van die HERE gespreek en gesê: As die kinders van Israel na my nie geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luister terwyl ek onbesnede van lippe is?
12. Daarop het die HERE met Moses en A„ron gespreek en hulle met 'n boodskap gestuur na die kinders van Israel en na Farao, die koning van Egipte, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei.
13. Dit is die hoofde van hulle families. Die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel: Henog en Pallu, Hesron en Karmi; dit is die geslagte van Ruben.
14. En die seuns van S¡meon: J,muel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kana„nitiese vrou; dit is die geslagte van S¡meon.
15. En dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle afstamming: Gerson en Kehat en Mer ri. En die lewensjare van Levi was honderd sewe en dertig jaar.
16. Die seuns van Gerson: Libni en S¡me‹volgens hulle geslagte.
17. En die seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en Ussiël; en die lewensjare van Kehat was honderd drie en dertig jaar.
18. En die seuns van Mer ri: Magli en Musi. Dit is die geslagte van Levi volgens hulle afstamming.
19. En Amram het Jog,bed, sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom A„ron en Moses gebaar. En die lewensjare van Amram was honderd sewe en dertig jaar.
20. En die seuns van Jishar: Korag en Nefeg en Sigri.
21. En die seuns van Ussiël: M¡sael, lsafan en Sitri.
22. En A„ron het Elis,ba, die dogter van Amm¡nadab, die suster van Nagson, vir hom as vrou geneem; en sy het vir hom gebaar: Nadab en Ab¡hu, Ele sar en Itamar.
23. En die seuns van Korag: Assir en lkana en Ab¡asaf. Dit is die geslagte van die Koragiete.
24. En Ele sar, die seun van A„ron, het vir hom een van die dogters van Putiël as vrou geneem; en sy het vir hom P¡nehas gebaar. Dit is die familie-hoofde van die Leviete volgens hulle geslagte.
25. Dit is A„ron en Moses aan wie die HERE gesê het: Lei die kinders van Israel uit Egipteland volgens hulle leërskare.
26. Dit is hulle wat met Farao, die koning van Egipte, gespreek het om die kinders van Israel uit Egipte uit te lei. Dit is Moses en A„ron.
27. Die dag toe die HERE met Moses gespreek het in Egipteland,
28. het die HERE Moses aangespreek met die woorde: Ek is die HERE. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek.
29. Toe sê Moses voor die aangesig van die HERE: Ek is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister?
30. ***

Psalms 16:7-11
7. Ek sal die HERE loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my.
8. Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.
9. Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;
10. want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.
11. U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.

Spreuke 5:7-14
7. Luister dan nou na my, julle seuns, en wyk nie af van die woorde van my mond nie.
8. Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie,
9. sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;
10. sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van 'n uitlander kom nie
11. en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is,
12. en moet sê: Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad,
13. en nie geluister na die stem van my onderwysers en geen gehoor gegee aan die wat my geleer het nie!
14. Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en die gemeente.

Matt 18:21-35
21. Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe?
22. Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.
23. Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met 'n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken.
24. En toe hy begin afreken, word daar een na hom gebring wat tien duisend talente skuldig was.
25. En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hy verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, en dat betaal moet word.
26. Toe val die dienskneg neer en buig voor hom en sê: Heer, wees lankmoedig met my, en ek sal u alles betaal.
27. En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld.
28. Maar toe daardie dienskneg uitgaan en een van sy medediensknegte vind wat hom honderd pennings skuldig was, het hy hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld.
29. Sy mededienskneg val toe voor sy voete neer en smeek hom en sê: Wees lankmoedig met my, en ek sal jou alles betaal.
30. En hy wou nie, maar het gegaan en hom in die gevangenis gewerp totdat hy die skuld sou betaal het.
31. En toe sy medediensknegte sien wat gebeur het, was hulle baie bedroef, en hulle het gegaan en aan hulle heer meegedeel alles wat gebeur het.
32. Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het;
33. moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie?
34. En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.
35. So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.