A A A A A

2 Samuel 3:1-39
1. En daar was 'n lang oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, en Dawid het altyd sterker geword, maar die huis van Saul altyd swakker.
2. En vir Dawid is daar seuns in Hebron gebore. En sy eersgeborene was Amnon, by Ah¡noam uit J¡sreël;
3. en sy tweede was K¡leab, by Ab¡gail, die vrou van Nabal, die Karmeliet; en die derde was Absalom, die seun van M äga, die dogter van T lmai, die koning van Gesur;
4. en die vierde Adonia, die seun van Haggit; en die vyfde Sef tja, die seun van Ab¡tal;
5. en die sesde J¡tream, by Egla, die vrou van Dawid. Hulle is vir Dawid in Hebron gebore.
6. En onderwyl daar oorlog was tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, was Abner besig om homself te versterk in die huis van Saul.
7. Saul het naamlik 'n byvrou gehad wie se naam Rispa was, die dogter van Aja; en Isboset het vir Abner gesê: Waarom het jy by die byvrou van my vader ingegaan?
8. Toe word Abner baie kwaad oor die woorde van Isboset en sê: Is ek dan die hondskop wat aan Juda behoort? Vandag bewys ek guns aan die huis van Saul, jou vader, aan sy broers en aan sy vriende; en ek het jou nie in die hand van Dawid laat raak nie, en tog verwyt jy my vandag die oortreding met 'n vrou?
9. Mag God so aan Abner doen en so daaraan toedoen, sekerlik, soos die HERE Dawid met 'n eed beloof het, net so sal ek aan hom doen
10. deur die koningskap aan die huis van Saul te ontneem en die troon van Dawid op te rig oor Israel en oor Juda, van Dan tot Bers,ba.
11. En hy kon Abner verder geen antwoord gee nie, omdat hy vir hom bang was.
12. Daarop het Abner boodskappers na Dawid in sy plek gestuur om te sê: Aan wie behoort die land? en: Sluit u verbond met my; en kyk, my hand sal met u wees om die hele Israel na u toe oor te bring.
13. En hy het gesê: Goed, ,k sal met u 'n verbond sluit, maar een ding eis ek van u, naamlik: U mag my aangesig nie sien nie, of u moet eers Migal, die dogter van Saul, saambring as u kom om my aangesig te sien.
14. Dawid het ook boodskappers gestuur na Isboset, die seun van Saul, om te sê: Gee my vrou Migal met wie ek my verloof het vir honderd voorhuide van die Filistyne.
15. En Isboset het gestuur en haar van die man, van P ltiël, die seun van Lais, afgeneem.
16. En haar man het saam met haar gegaan, terwyl hy agter haar aan loop en ween tot by Bahurim. Toe sê Abner vir hom: Gaan terug. En hy het teruggegaan.
17. En Abner het met die oudstes van Israel onderhandel en gesê: Gister sowel as eergister het julle aldeur Dawid as koning oor julle begeer.
18. Voer dit dan nou uit, want die HERE het van Dawid gespreek en gesê: Deur die hand van my kneg Dawid sal Ek my volk Israel uit die hand van die Filistyne en uit die hand van al hulle vyande verlos.
19. En Abner het ook voor die ore van Benjamin gespreek; en Abner het ook gegaan om voor die ore van Dawid in Hebron te spreek alles wat goed was in die oë van Israel en in die oë van die hele huis van Benjamin.
20. Toe Abner by Dawid in Hebron kom, en twintig man saam met hom, het Dawid vir Abner en die manne wat by hom was, 'n maaltyd aangerig.
21. En Abner sê vir Dawid: Ek wil my klaarmaak en die hele Israel by my heer die koning gaan versamel, dat hulle met u 'n verbond sluit; dan kan u heers oor alles wat u siel begeer. Daarop het Dawid Abner laat gaan, en hy het in vrede weggegaan.
22. Intussen kom die dienaars van Dawid en Joab juis van 'n rooftog af, en hulle bring 'n groot buit met hulle saam. Maar Abner was nie meer by Dawid in Hebron nie, want die het hom laat gaan, en hy het in vrede vertrek.
23. Toe Joab en die hele kommando wat saam met hom was, tuis kom, deel hulle aan Joab mee en sê: Abner, die seun van Ner, het na die koning gekom, en die het hom laat gaan, en hy het in vrede vertrek.
24. Daarop kom Joab by die koning en sê: Wat het u gedoen? Kyk, Abner het by u gekom; waarom het u hom tog laat loop, dat hy somaar weggegaan het?
25. U ken Abner, die seun van Ner, dat hy gekom het om u te mislei en om u uitgang en u ingang te weet, ja, om alles te weet wat u doen.
26. En Joab het van Dawid af weggegaan en boodskappers agter Abner aan gestuur, wat hom teruggebring het van die put Hassira af sonder dat Dawid dit geweet het.
27. Toe Abner dan in Hebron terugkom, het Joab hom eenkant toe gelei in die middel van die poort om vertroulik met hom te praat en hom daar in die onderlyf gesteek, sodat hy gesterf het, oor die bloed van sy broer Asahel.
28. Toe Dawid dit daarna hoor, sê hy: Ek en my koninkryk is voor die HERE vir ewig onskuldig aan die bloed van Abner, die seun van Ner.
29. Mag dit losbreek op die hoof van Joab en op sy hele familie, en mag die huis van Joab nie vry wees van een wat 'n vloeiing het of wat melaats is of wat op krukke loop of wat deur die swaard val of gebrek aan brood het nie.
30. Joab dan en Ab¡sai, sy broer, het Abner vermoor, omdat hy hulle broer Asahel by G¡beon in die geveg gedood het.
31. Verder het Dawid aan Joab en al die mense wat by hom was, gesê: Skeur julle klere en gord rouklere aan en rouklaag voor Abner uit! En koning Dawid het agter die baar aan gegaan.
32. Toe hulle Abner in Hebron begrawe, het die koning sy stem verhef en geween by die graf van Abner; die hele volk het ook geween.
33. En die koning het 'n klaaglied oor Abner aangehef en gesê: Moes Abner sterwe soos 'n dwaas sterwe?
34. Jou hande was nie gebind en jou voete nie aangeraak met koperkettings nie. Soos 'n mens voor kwaaddoeners val, het jy geval. En die hele volk het nog meer oor hom geween.
35. Daarop kom die hele volk om Dawid te beweeg dat hy brood moet eet terwyl dit nog dag was; maar Dawid het gesweer en gesê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen as ek voor sonsondergang brood of enigiets proe.
36. En die hele volk het dit opgemerk, en dit was goed in hulle oë: soos alles wat die koning gedoen het, was dit goed in die oë van die hele volk.
37. En die hele volk en die hele Israel het dieselfde dag gemerk dat dit nie van die koning gekom het om Abner, die seun van Ner, dood te maak nie.
38. Verder het die koning aan sy dienaars gesê: Weet julle nie dat vandag 'n vors en 'n groot man in Israel geval het nie?
39. Maar ek is vandag swak, alhoewel ek as koning gesalf is, terwyl hierdie manne, die seuns van Seruja, harder is as ek. Mag die HERE die kwaaddoener vergelde na sy boosheid!

2 Samuel 4:1-12
1. Toe die seun van Saul hoor dat Abner in Hebron gesterf het, het sy hande slap geword, en die hele Israel was verskrik.
2. En die seun van Saul het twee manne, owerstes van bendes, gehad: die naam van die een was B ëna en die naam van die ander R,gab, seuns van Rimmon, die Beërotiet, uit die kinders van Benjamin, want Beërot is ook by Benjamin gereken.
3. En die Beërotiete het na Gitt im gevlug en was daar vreemdelinge tot vandag toe.
4. En Jonatan, die seun van Saul, het 'n seun gehad, lam aan altwee voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding aangaande Saul en Jonatan uit J¡sreël gekom het, en sy oppasser het hom opgetel en gevlug; maar terwyl sy in haar haastigheid vlug, het hy geval en lam geword; en sy naam was Mefiboset.
5. En die seuns van Rimmon, die Beërotiet, R,gab en B ëna, het gegaan en by die huis van Isboset gekom op die warmste van die dag toe hy in sy middagslaap lê.
6. En hulle het daar ingekom tot binne-in die huis om koring te gaan haal en hom in die onderlyf gesteek; en R,gab en sy broer B ëna het ontvlug.
7. Hulle het naamlik die huis ingegaan, terwyl hy op sy bed in sy slaapkamer lê, en hom doodgeslaan en sy hoof afgekap; en hulle het sy hoof saamgeneem en die hele nag deur geloop met die pad van die Vlakte
8. en die hoof van Isboset na Dawid in Hebron gebring en aan die koning gesê: Hier is die hoof van Isboset, die seun van Saul, u vyand wat u lewe gesoek het; maar die HERE het aan my heer die koning vandag wraak gegee op Saul en sy nageslag.
9. Maar Dawid het R,gab en sy broer B ëna, die seuns van Rimmon, die Beërotiet, geantwoord en aan hulle gesê: So waar as die HERE leef wat my siel uit alle benoudheid verlos het,
10. hom wat aan my berig gebring en gesê het: Kyk, Saul is dood! -- terwyl hy in sy eie oë was soos een wat 'n goeie boodskap bring -- het ek gegryp en hom in Siklag gedood, aan wie ek eintlik boodskappersloon moes gegee het;
11. hoeveel te meer sal ek dan nou nie, as goddelose mense 'n regverdige man in sy huis op sy bed vermoor, sy bloed van julle hand eis en julle van die aarde verdelg nie?
12. Toe het Dawid die jongmanne bevel gegee, en die het hulle gedood en hul hande en voete afgekap en hulle opgehang by die dam in Hebron; maar die hoof van Isboset het hulle geneem en dit begrawe in die graf van Abner in Hebron.

Psalms 62:5-12
5. Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.
6. Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!
7. Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.
8. By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.
9. Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is 'n toevlug vir ons. Sela.
10. Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.
11. Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie!
12. Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort, [ (Psalms 62:13) en aan U, o Here, behoort die goedertierenheid; want U vergeld elkeen na sy werk. ]

Spreuke 16:13-15
13. Die konings het behae in regverdige lippe, en hulle het hom lief wat regte dinge spreek.
14. Die grimmigheid van die koning is soos boodskappers van die dood, maar 'n wyse man bring dit tot bedaring.
15. In die vriendelike blik van die koning is lewe, en sy welgevalle is soos 'n wolk van die laat reëns.

Johannes 4:31-54
31. En intussen het sy dissipels by Hom aangedring en gesê: Rabbi, eet.
32. Maar Hy sê vir hulle: Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie.
33. Die dissipels sê toe vir mekaar: Het iemand dan vir Hom ete gebring?
34. Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.
35. Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.
36. En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees.
37. Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en 'n ander wat maai.
38. Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan.
39. En baie van die Samaritane uit daardie stad het in Hom geglo oor die woord van die vrou wat getuig het: Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.
40. Toe die Samaritane dan by Hom kom, het hulle by Hom aangedring om by hulle te bly; en Hy het daar twee dae gebly.
41. En baie meer het op grond van sy woord geglo
42. en aan die vrou gesê: Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons het self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Christus, die Saligmaker van die wêreld, is.
43. En ndie twee dae het Hy daarvandaan weggegaan en na Galil,a vertrek.
44. Want Jesus self het getuig dat 'n profeet in sy eie vaderland geen eer ontvang nie.
45. Toe Hy dan in Galil,a kom, het die Galil,ërs Hom ontvang, omdat hulle alles gesien het wat Hy in Jerusalem op die fees gedoen het; want hulle het ook na die fees gegaan.
46. Jesus het dan weer gekom te Kana in Galil,a, waar Hy die water wyn gemaak het. En daar was 'n sekere koninklike beampte wie se seun in Kap,rnam siek was.
47. Toe hy hoor dat Jesus uit Judiain Galil,a gekom het, gaan hy na Hom en vra Hom om af te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê.
48. Jesus sê toe vir hom: As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie.
49. Die koninklike beampte sê vir Hom: Here, kom af voordat my kind sterwe.
50. Jesus antwoord hom: Gaan, jou seun lewe! En die man het die woord geglo wat Jesus vir hom gesê het, en hy het gegaan.
51. En toe hy al op pad was huis toe, kom sy diensknegte hom tegemoet en bring die berig en sê: U kind lewe!
52. Hy verneem toe van hulle die uur waarop hy beter geword het. En hulle sê vir hom: Gister, die sewende uur, het die koors hom verlaat.
53. Die vader merk toe dat dit daardie uur was waarop Jesus vir hom gesê het: Jou seun lewe! En hy het self geglo en sy hele huis.
54. Hierdie tweede teken weer het Jesus gedoen toe Hy uit Judiain Galil,a gekom het.