A A A A A

Eksodus 7:1-25
1. En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as 'n god vir Farao, en jou broer A„ron sal jou profeet wees.
2. Jy moet spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer A„ron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uittrek.
3. En k sal Farao se hart verhard en my tekens en wonders in Egipteland vermenigvuldig.
4. Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal my hand op Egipte lê en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot strafgerigte uit Egipteland uitlei.
5. Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek die HERE is, as Ek my hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel tussen hulle uitlei.
6. Moses en A„ron het toe gedoen soos die HERE hulle beveel het; so het hulle gedoen.
7. En Moses was tagtig jaar en A„ron drie en tagtig jaar oud toe hulle met Farao gespreek het.
8. En die HERE het Moses en A„ron aangespreek met die woorde:
9. As Farao met julle spreek en sê: Doen tog 'n wonderteken vir julleself -- dan moet jy vir A„ron sê: Neem jou staf en gooi dit voor Farao neer; dan sal dit 'n slang word.
10. Toe het Moses en A„ron na Farao gegaan en gedoen net soos die HERE hulle beveel het: A„ron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars neergegooi, en dit het 'n slang geword.
11. Daarop laat Farao ook die wyse manne en die towenaars roep; en hulle, die Egiptiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste:
12. elkeen gooi sy staf neer, en hulle word slange! Maar A„ron se staf het hulle stawe verslind.
13. Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie soos die HERE gespreek het.
14. Toe sê die HERE vir Moses: Farao se hart is verhard; hy weier om die volk te laat trek.
15. Gaan môre vroeg na Farao toe -- kyk, hy sal uitgaan na die water; staan dan aan die kant van die Nyl om hom te ontmoet; en neem die staf wat in 'n slang verander het, in jou hand,
16. en sê vir hom: Die HERE, die God van die Hebreërs, het my na u gestuur met die boodskap: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien in die woestyn. Maar kyk, u het tot nou toe nie geluister nie.
17. So spreek die HERE: Hieraan sal jy weet dat Ek die HERE is. Kyk, ek sal met die staf wat in my hand is, op die water slaan wat in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word.
18. En die visse in die Nyl sal doodgaan, sodat die Nyl sal stink. En die Egiptenaars sal vergeefs trag om die water uit die Nyl te drink.
19. Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê vir A„ron: Neem jou staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle strome, hulle kanale, hulle waterkuile en oor al hulle versamelplekke van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Egipteland wees, ook in hout-- en in klipbakke.
20. Moses en A„ron het toe so gedoen soos die HERE beveel het -- hy het die staf opgehef en die water wat in die Nyl was, geslaan voor die oë van Farao en voor die oë van sy dienaars; en al die water in die Nyl is in bloed verander.
21. En die visse wat in die Nyl was, het doodgegaan; en die Nyl het gestink, sodat die Egiptenaars die water uit die Nyl nie kon drink nie. En daar was bloed in die hele Egipteland.
22. Maar die Egiptiese towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste, sodat Farao se hart verhard is; en hy het na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het.
23. En Farao het omgedraai en huis toe gegaan en dit ook nie ter harte geneem nie.
24. Maar al die Egiptenaars het rondom die Nyl na water gegrawe om te drink, want hulle kon van die Nyl se water nie drink nie.
25. So het dan sewe dae verbygegaan nadat die HERE die Nyl geslaan het.

Eksodus 8:1-32
1. Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
2. En as jy weier om hulle te laat trek, Kyk, dan sal Ek jou hele grondgebied met paddas teister,
3. sodat die Nyl van paddas sal wemel. En hulle sal opklim en in jou huis kom en in jou slaapkamer en op jou bed; ook in die huis van jou dienaars en onder jou volk, en in jou bakoonde en in jou bakskottels.
4. En die paddas sal teen jou en teen jou volk en teen al jou dienaars opspring.
5. Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê aan A„ron: Steek jou hand uit met jou staf oor die strome en oor die kanale en oor die waterkuile, en laat die paddas opkom oor Egipteland.
6. En A„ron het sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en daar het paddas opgekom en Egipteland oordek.
7. Maar die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste en paddas laat opkom oor Egipteland.
8. Toe het Farao Moses en A„ron laat roep en gesê: Bid tot die HERE, dat Hy die paddas van my en van my volk wegneem. Dan sal ek die volk laat trek, dat hulle aan die HERE kan offer.
9. Maar Moses sê aan Farao: Aan u die eer bo my! Teen watter tyd moet ek vir u en u dienaars en vir u volk bid, dat die paddas van u en uit u huise uitgeroei word om net in die Nyl oor te bly?
10. En hy antwoord: Teen môre . Toe sê hy: Dit sal wees volgens u woord, dat u kan weet dat daar niemand is soos die HERE onse God nie.
11. En die paddas sal u en u huise en u dienaars en u volk verlaat. Net in die Nyl sal hulle oorbly.
12. Toe het Moses en A„ron van Farao af weggegaan; en Moses het tot die HERE geroep vanweë die paddas wat Hy oor Farao beskik het.
13. En die HERE het gedoen volgens die woord van Moses: die paddas het weggesterwe uit die huise, van die plase af en uit die veld.
14. En hulle het dit by hope bymekaargemaak, en die land het gestink.
15. En toe Farao sien dat daar verligting kom, het hy sy hart verhard en na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het.
16. Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê aan A„ron: Steek jou staf uit en slaan die stof van die aarde, en dit sal muskiete word in die hele Egipteland.
17. En hulle het so gedoen: A„ron het sy hand met sy staf uitgesteek en die stof van die aarde geslaan, en daar het muskiete gekom op die mense en op die vee. Al die stof van die aarde het muskiete geword in die hele Egipteland.
18. En die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste om die muskiete voort te bring, maar hulle kon nie. So was die muskiete dan op die mense en op die vee.
19. Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die vinger van God! Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos die HERE gespreek het.
20. Verder het die HERE vir Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao -- kyk, hy sal na die water toe uitgaan en sê vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
21. Want as jy my volk nie laat trek nie, kyk, dan stuur Ek teen jou en teen jou dienaars en teen jou volk en teen jou huise die steekvlieë, sodat die huise van die Egiptenaars vol steekvlieë sal wees, en selfs die grond waar hulle op staan.
22. Maar Ek sal op die dag met die land Gosen, waarin my volk woon, 'n uitsondering maak, dat daar geen steekvlieë sal wees nie; sodat jy kan weet dat Ek die HERE is in die land.
23. En Ek sal 'n verlossing stel tussen my volk en jou volk. M“re sal hierdie teken plaasvind.
24. En die HERE het so gedoen: dik swerms steekvlieë het in die huis van Farao en in die huis van sy dienaars en in die hele Egipteland gekom; die land is deur die steekvlieë verwoes.
25. Toe laat Farao Moses en A„ron roep en sê: Gaan heen, offer aan julle God in die land.
26. Maar Moses antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; want wat ons aan die HERE onse God offer, is 'n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat 'n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle oë offer, sal hulle ons dan nie stenig nie?
27. Laat ons drie dagreise ver die woestyn intrek, dat ons aan die HERE onse God kan offer soos Hy ons sal beveel.
28. Toe sê Farao: Ek sal julle laat trek, dat julle aan die HERE julle God kan offer in die woestyn; julle moet maar net nie te ver wegtrek nie. Bid vir my.
29. En Moses antwoord: Kyk, ek gaan van u af weg en sal tot die HERE bid, dat die steekvlieë môre Farao, sy dienaars en sy volk mag verlaat. Laat Farao ons net nie langer bedrieg deur die volk nie te laat trek om aan die HERE te offer nie.
30. Toe het Moses van Farao af weggegaan en tot die HERE gebid.
31. En die HERE het gedoen volgens die woord van Moses: Hy het die steekvlieë van Farao, van sy dienaars en sy volk weggeneem. Daar het nie een oorgebly nie.
32. Maar Farao het sy hart ook hierdie keer verhard en die volk nie laat trek nie.

Psalms 17:1-7
1. HERE, hoor 'n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe.
2. Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oë regverdig sien.
3. U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie.
4. Aangaande die handelinge van die mens, ,k het deur die woord van u lippe die paaie van die geweldenaar vermy.
5. My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie.
6. Ek roep U aan, want U verhoor my, o God! Neig u oor tot my, luister na my woord!
7. Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders!

Spreuke 5:15-20
15. Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put.
16. Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine?
17. Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie.
18. Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug --
19. die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees.
20. Maar waarom sou jy, my seun, by 'n vreemde bedwelmd raak en die boesem van 'n ontugtige omhels?

Matt 19:1-30
1. En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, het Hy van Galil,a vertrek en in die gebied van Judiaoorkant die Jordaan gekom.
2. En groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle daar gesond gemaak.
3. Toe kom die Fariseërs na Hom om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit 'n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei?
4. En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie,
5. en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees;
6. sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
7. Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om 'n skeibrief te gee en van haar te skei?
8. Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.
9. Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en 'n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.
10. Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van 'n man met 'n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.
11. Maar Hy sê vir hulle: Almal vat hierdie woord nie, maar net die aan wie dit gegee is.
12. Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat.
13. Toe bring hulle kindertjies na Hom, dat Hy hulle die hande sou oplê en bid; en die dissipels het hulle bestraf.
14. Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.
15. En Hy het hulle die hande opgelê en daarvandaan vertrek.
16. En daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?
17. En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.
18. Hy vra Hom: Watter? En Jesus sê -- dit: Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie;
19. eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
20. Die jongman sê vir Hom: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af. Wat kom ek nog kort?
21. Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.
22. Maar toe die jongman die woord hoor, het hy bedroef weggegaan; want hy het baie besittings gehad.
23. En Jesus sê vir sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat 'n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan.
24. En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
25. Toe sy dissipels dit hoor, was hulle baie verslae en sê: Wie kan dan gered word?
26. Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.
27. Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal daar dan vir ons wees?
28. En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel.
29. En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe.
30. Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.