Instagram
English
A A A A A
Bybel in een jaar
April 21

Regters 7:1-25
1. Daarna het Jerubba„l, dit is G¡deon, en al die manskappe wat by hom was, vroeg klaargemaak, en hulle het laer opgeslaan by die fontein Harod, terwyl die laer van die Midianiete ten noorde van hom was, van die heuwel More af in die dal.
2. Toe sê die HERE vir G¡deon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos.
3. Roep dan nou tog uit voor die ore van die manskappe en sê: Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai van die gebergte van G¡lead af. Toe het daar van die manskappe twee en twintig duisend omgedraai, en tien duisend het oorgebly.
4. Daarop sê die HERE vir G¡deon: Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan -- die mag met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag nie met jou saamgaan nie -- die mag nie gaan nie.
5. Hy bring toe die manskappe af na die water; en die HERE sê vir G¡deon: Elkeen wat met sy tong die water oplek soos 'n hond lek, moet jy eenkant laat staan; en elkeen wat op sy knieë vooroor buig om te drink, anderkant.
6. En die aantal van die wat gelek het met hul hand na hul mond toe, was drie honderd man; en al die ander manskappe het op hulle knieë vooroor gebuig om water te drink.
7. Toe sê die HERE vir G¡deon: Deur die drie honderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee; maar al die ander manskappe kan elkeen na sy woonplek gaan.
8. Daarop neem hulle die padkos van die manskappe en hulle ramshorings in hul hand; en hy het al die manskappe van Israel laat gaan, elkeen na sy tente toe; maar die drie honderd man het hy agtergehou, terwyl die laer van die Midianiete onderkant hom in die laagte was.
9. En daardie nag het die HERE vir hom gesê: Staan op, gaan af in die laer, want Ek gee dit in jou hand.
10. En as jy bang is om af te gaan, gaan jy dan saam met jou dienaar Pura af na die laer toe
11. en luister wat hulle praat; en daarna sal jou hande sterk word, en jy sal in die laer aftrek. Hy gaan toe af saam met sy dienaar Pura tot by die buitenste lyn van die gewapendes wat in die laer was.
12. En die Midianiete en Amalekiete en al die kinders van die Ooste het in die laagte gelê soos sprinkane in menigte, en hulle kamele was ontelbaar soos die sand aan die seestrand in menigte.
13. En toe G¡deon aankom, vertel 'n man aan 'n ander juis 'n droom en sê: Kyk, ek het 'n droom gehad: Daar rol 'n hard gebakte garsbrood in die laer van die Midianiete en kom tot by die tent en slaan dit dat dit omval en keer dit onderstebo, en toe lê die tent daar!
14. En die ander een het geantwoord en gesê: Dit is niks anders nie as die swaard van G¡deon, die seun van Joas, die Israeliet; God het die Midianiete en die hele laer in sy hand gegee.
15. Toe G¡deon dan die verhaal van die droom en sy uitlegging hoor, het hy aanbid; en hy het teruggekeer na die laer van Israel en gesê: Maak klaar, want die HERE gee die laer van die Midianiete in julle hand.
16. En hy het die drie honderd man verdeel in drie dele en aan hulle almal ramshorings en leë kruike, met fakkels binne-in die kruike, in die hand gegee
17. en aan hulle gesê: Kyk na my en maak net so; en kyk, as ek by die buitenste lyn van die laer kom, dan moet julle maak net soos ek maak.
18. En as ek en almal wat by my is, op die ramshoring blaas, moet julle ook op die ramshorings blaas rondom die hele laer, en julle moet sê: Vir die HERE en vir G¡deon!
19. Toe kom G¡deon en die honderd man wat by hom was, by die buitenste lyn van die laer, met die begin van die middelste nagwaak toe hulle skaars die wagte uitgesit het, en hulle blaas op die ramshorings en slaan die kruike stukkend wat hulle in hul hand gehad het.
20. Toe blaas die drie dele op die ramshorings en breek die kruike en hou met hulle linkerhand die fakkels en met hulle regterhand die ramshorings om te blaas, terwyl hulle uitroep: Die swaard van die HERE en van G¡deon!
21. En hulle het bly staan elkeen op sy plek, rondom die laer. Daarop hardloop die hele laer, en hulle skreeu en vlug.
22. En toe die drie honderd op die ramshorings blaas, het die HERE die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Ser,da toe, tot by die oewer van Abel-Mehola by Tabbat.
23. En die manskappe van Israel uit N ftali en uit Aser en uit die hele Manasse is opgeroep, en hulle het die Midianiete agternagejaag.
24. Ook het G¡deon boodskappers gestuur in die hele gebergte van Efraim om te sê: Trek af die Midianiete tegemoet, en sny hulle van die waters af tot by Bet-Bara en die Jordaan. So het dan al die manskappe van Efraim bymekaargekom en die waters beset tot by Bet-Bara en die Jordaan.
25. En hulle het twee vorste van die Midianiete gevang, Oreb en Seëb; en Oreb het hulle gedood by die rots Oreb, en Seëb gedood by die parskuip Seëb, en hulle het die Midianiete agtervolg; en die hoof van Oreb en van Seëb het hulle na G¡deon gebring, oorkant die Jordaan.

Regters 8:1-35
1. Toe sê die manskappe van Efraim vir hom: Wat is dit wat u ons aangedoen het, dat u ons nie geroep het toe u weggetrek het om teen die Midianiete te veg nie? En hulle het heftig met hom getwis.
2. Maar hy sê vir hulle: Wat het ek nou gedoen in vergelyking met julle? Is die na-oes van Efraim nie beter as die wynoes van Abiëser nie?
3. God het die vorste van M¡dian, Oreb en Seëb, in julle hand gegee, maar wat kon ek doen in vergelyking met julle? Toe bedaar hulle opgewondenheid teenoor hom nadat hy hierdie woord gespreek het.
4. En G¡deon het gekom by die Jordaan, en hy en die drie honderd man wat by hom was, het oorgetrek, moeg en besig om te agtervolg.
5. En hy sê aan die manne van Sukkot: Gee tog broodjies vir die manskappe wat op my voetspore volg, want hulle is moeg, en ek is besig om Seba en S lmuna, die konings van die Midianiete, agterna te jaag.
6. Maar die vorste van Sukkot vra: Is die handpalm van Seba en van S lmuna nou al in u hand, dat ons aan u leër brood moet gee?
7. Toe sê G¡deon: Daarom, as die HERE Seba en S lmuna in my hand gee, sal ek julle vlees met woestyndorings en distels dors.
8. En daarvandaan het hy opgetrek na Pnuel en met hulle net so gespreek; maar die manne van Pnuel het hom geantwoord net soos die manne van Sukkot geantwoord het.
9. Daarop spreek hy ook met die mense van Pnuel en sê: As ek met vrede terugkom, sal ek hierdie toring omgooi.
10. Seba en S lmuna was toe in Karkor, en hul leër by hulle, omtrent vyftien duisend, al wat oor was uit die hele leër van die kinders van die Ooste; maar die gesneuweldes was honderd en twintig duisend man wat die swaard kon uittrek.
11. En G¡deon het opgetrek met die pad van die tentbewoners, ten ooste van Nobag en Jogbeha, en hy het die leër verslaan terwyl die leër gerus was.
12. En Seba en S lmuna het gevlug, maar hy het hulle agternagejaag en die twee konings van M¡dian, Seba en S lmuna, gevang nadat hy die hele leër uiteengejaag het.
13. En toe G¡deon, die seun van Joas, terugkom uit die geveg, van die nek Heres af,
14. vang hy 'n seun van die mense van Sukkot en vra hom uit; en die het vir hom die vorste van Sukkot en sy oudstes opgeskrywe, sewe en sewentig man.
15. En toe hy by die mense van Sukkot kom, sê hy: Hier is Seba en S lmuna oor wie julle my gesmaad het deur te sê: Is die handpalm van Seba en van S lmuna nou al in u hand, dat ons aan u vermoeide manskappe brood moet gee?
16. Daarop neem hy die oudstes van die stad saam met die woestyndorings en die distels, en hy het die manne van Sukkot daarmee 'n les geleer.
17. En die toring van Pnuel het hy omgegooi en die manne van die stad gedood.
18. En hy het Seba en S lmuna gevra: Wat vir manne was dit wat julle by Tabor gedood het? En hulle antwoord: Soos u, so was hulle: elkeen van gestalte koninklike seuns.
19. Daarop sê hy: Dit was my broers, seuns van my moeder. So waar as die HERE leef, as julle hulle laat leef het, sou ek julle nie doodmaak nie.
20. En hy sê aan Jeter, sy eersgeborene: Staan op, maak hulle dood! Maar die seun het sy swaard nie uitgetrek nie, omdat hy bang was; want hy was nog 'n seun.
21. Toe sê Seba en S lmuna: Staan u self op en val op ons aan, want soos die man is, is sy krag. G¡deon het toe opgestaan en Seba en S lmuna gedood, en die maantjies wat aan die nekke van hulle kamele was, het hy geneem.
22. Daarop sê die manne van Israel vir G¡deon: Heers oor ons, u sowel as u seun en u kleinseun, want u het ons verlos uit die hand van die Midianiete.
23. Maar G¡deon antwoord hulle: Ek wil nie oor julle heers nie, en ook my seun mag nie oor julle heers nie: die HERE sal oor julle heers.
24. Verder het G¡deon vir hulle gesê: Ek wil aan julle 'n versoek doen: Gee nou elkeen vir my die ring uit sy buit! Want hulle het goue ringe gedra, omdat hulle Ismaeliete was.
25. Toe sê hulle: Ons wil dit graag gee; en hulle het 'n mantel uitgesprei en elkeen 'n ring van sy buit daarop gegooi.
26. En die gewig van die goue ringe wat hy gevra het, was sewentien honderd sikkels goud, behalwe die maantjies en die oorversiersels en purper klere wat die konings van M¡dian gedra het, en behalwe die kettings wat aan die nekke van hulle kamele was.
27. En G¡deon het daar 'n skouerkleed van gemaak en dit in sy stad, in Ofra, opgestel; en die hele Israel het dit daar agternagehoereer, en dit het vir G¡deon en sy huis 'n strik geword.
28. So moes die Midianiete dan buig voor die kinders van Israel, en hulle het hul hoof nie meer opgetel nie; en die land het in G¡deon se dae veertig jaar lank gerus.
29. En Jerubba„l, die seun van Joas, het in sy huis gaan woon.
30. En G¡deon het sewentig seuns gehad wat uit sy lende voortgekom het, want hy het baie vroue gehad.
31. En sy byvrou wat in Sigem was, het ook vir hom 'n seun gebaar, en hy het hom die naam Abim,leg gegee.
32. En G¡deon, die seun van Joas, het gesterf in goeie ouderdom en is begrawe in die graf van sy vader Joas, in Ofra van die Abiësriete.
33. Maar net toe G¡deon dood was, het die kinders van Israel weer die Ba„ls agternagehoereer en van Ba„l-Ber¡t vir hulle 'n god gemaak.
34. En die kinders van Israel het nie gedink aan die HERE hulle God wat hulle uit die hand van al hul vyande rondom gered het nie.
35. En hulle het geen guns bewys aan die huis van Jerubba„l, dit is G¡deon, vir al die goed wat hy aan Israel gedoen het nie.

Psalms 49:10-20
10. dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.
11. Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.
12. Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.
13. Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.
14. Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde 'n behae het. Sela.
15. Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre ; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.
16. Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.
17. Wees nie bevrees as 'n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;
18. want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.
19. Al ag hy homself gelukkig in sy lewe -- en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen --
20. tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie. [ (Psalms 49:21) Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan. ]

Spreuke 14:22-24
22. Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde en trou is vir die wat die goeie bewerk.
23. In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.
24. Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid.

Lukas 15:11-32
11. Hy het ook gesê: 'n Man het twee seuns gehad.
12. En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel.
13. En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na 'n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe.
14. En toe hy alles deurgebring het, kom daar 'n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly.
15. Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En die het hom in sy veld gestuur om varke op te pas.
16. En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.
17. Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger!
18. Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,
19. en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.
20. En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.
21. En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.
22. Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee 'n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.
23. En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees.
24. Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.
25. En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange.
26. En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken.
27. Di, sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het.
28. En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom.
29. Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit 'n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie.
30. Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.
31. Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue.
32. Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.