A A A A A
Bybel in een jaar
April 23

Regters 11:1-40
1. En Jefta, die Gileadiet, was 'n dapper held, maar hy was die seun van 'n hoer; en G¡lead was die vader van Jefta.
2. En toe die vrou van G¡lead vir hom seuns baar, en die seuns van die vrou groot word, het hulle Jefta weggejaag en vir hom gesê: Jy mag in ons familie nie erwe nie, want jy is die seun van 'n ander vrou.
3. Daarop vlug Jefta van sy broers af weg en hy gaan woon in die land Tob; en ligsinnige manne het by Jefta aangesluit en saam met hom uitgetrek.
4. En 'n tyd daarna het die kinders van Ammon oorlog gevoer teen Israel.
5. Maar toe die kinders van Ammon oorlog voer teen Israel, het die oudstes van G¡lead Jefta gaan haal uit die land Tob;
6. en hulle het vir Jefta gesê: Kom en wees ons aanvoerder, dat ons kan veg teen die kinders van Ammon.
7. Maar Jefta antwoord die oudstes van G¡lead: Het julle my nie gehaat en my uit my vader se huis weggejaag nie? Waarom kom julle dan nou na my, nou dat julle in die benoudheid sit?
8. Toe sê die oudstes van G¡lead vir Jefta: Daarom kom ons nou na jou terug, dat jy met ons kan saamtrek en teen die kinders van Ammon veg, en dat jy ons hoof kan wees oor al die inwoners van G¡lead.
9. Daarop antwoord Jefta die oudstes van G¡lead: As julle my laat terugkom om teen die kinders van Ammon te veg en die HERE hulle aan my oorgee, dan moet ek julle hoof word.
10. Toe sê die oudstes van G¡lead vir Jefta: Die HERE sal hoorder wees tussen ons. Waarlik, soos jy gesê het, so sal ons doen.
11. So het Jefta dan met die oudstes van G¡lead saamgegaan, en die volk het hom as hoof en aanvoerder oor hulle aangestel, en Jefta het al sy woorde voor die aangesig van die HERE in Mispa gespreek.
12. Toe stuur Jefta boodskappers na die koning van die kinders van Ammon om te vra: Wat het ek met u te doen, dat u na my kom om teen my land te veg?
13. En die koning van die kinders van Ammon sê aan die boodskappers van Jefta: Israel het my land geneem toe hy opgetrek het uit Egipte, van die Arnon af tot by die Jabbok en tot by die Jordaan; gee dit dan nou in vrede terug.
14. En Jefta het nog weer boodskappers gestuur na die koning van die kinders van Ammon
15. en vir hom gesê: So sê Jefta: Israel het die land Moab en die land van die kinders van Ammon nie geneem nie.
16. Want Israel het toe hy uit Egipte opgetrek het, deur die woestyn gegaan tot by die Skelfsee en het by Kades gekom.
17. En Israel het boodskappers gestuur na die koning van Edom om te sê: Laat my tog deur u land trek; maar die koning van Edom het geen gehoor gegee nie; en na die koning van Moab het hy gestuur, maar hy wou ook nie. Daarom het Israel in Kades gebly.
18. Verder het hy deur die woestyn gegaan en om die land Edom en die land Moab getrek en gekom aan die oostekant van die land Moab; en hulle het laer opgeslaan oorkant die Arnon, maar nie in die gebied van Moab ingekom nie, want die Arnon is die grens van Moab.
19. Daarop het Israel boodskappers gestuur na Sihon, die koning van die Amoriete, die koning van Hesbon, en Israel het vir hom gesê: Laat ons tog deur u land trek na my plek toe.
20. Maar Sihon het Israel nie vertrou om deur sy gebied te trek nie, en Sihon het al sy manskappe versamel, en hulle het laer opgeslaan in Jahas en teen Israel geveg.
21. Maar die HERE, die God van Israel, het Sihon en sy hele volk in die hand van Israel gegee, en die het hulle verslaan; sodat Israel die hele land van die Amoriete, die inwoners van daardie land, in besit geneem het.
22. En hulle het die hele grondgebied van die Amoriete, van die Arnon af tot by die Jabbok en van die woestyn af tot by die Jordaan, in besit geneem.
23. So het die HERE, die God van Israel, dan die Amoriete voor sy volk Israel uit verdrywe, en wil u dit in besit neem?
24. Sal u dit nie in besit neem wat u god Kamos u as 'n besitting gee, en ons alles wat die HERE onse God voor ons uit verdrywe, in besit neem nie?
25. En is u nou soveel beter as Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab? Het hy ooit met Israel getwis, of ooit teen hulle geveg?
26. Terwyl Israel in Hesbon met sy onderhorige plekke en in Aroër met sy onderhorige plekke en in al die stede wat langs die Arnon lê, drie honderd jaar lank gewoon het, waarom het julle dit dan nie in die tyd ontset nie?
27. So het ,k dan nie teen u gesondig nie, maar u handel so sleg met my om teen my oorlog te voer. Mag die HERE, die Regter, vandag oordeel tussen die kinders van Israel en die kinders van Ammon!
28. Maar die koning van die kinders van Ammon het nie geluister na die woorde van Jefta wat hy hom laat weet het nie.
29. Toe het die Gees van die HERE op Jefta gekom, en hy het oorgetrek na G¡lead en Manasse en verder deur na Mispe in G¡lead; en van Mispe in G¡lead het hy deurgetrek na die kinders van Ammon.
30. En Jefta het aan die HERE 'n gelofte gedoen en gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee,
31. dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan die HERE behoort, en ek sal dit as 'n brandoffer bring.
32. Daarop het Jefta deurgetrek na die kinders van Ammon om teen hulle te veg, en die HERE het hulle in sy hand gegee.
33. En hy het hulle verslaan van Aroër af in die rigting na Minnit, twintig stede, en tot by Abel-Ker mim -- 'n baie groot slag; sodat die kinders van Ammon verneder is voor die kinders van Israel.
34. En toe Jefta in Mispa by sy huis kom, gaan sy dogter juis uit hom tegemoet met tamboeryne en koordanse; en sy was die enigste kind: hy het geen seun of dogter buiten haar gehad nie.
35. En net toe hy haar sien, skeur hy sy klere en sê: Ag, my dogter, jy druk my heeltemal neer, en jy stort my in die ongeluk! Want ek het my mond geopen teenoor die HERE, en ek kan nie terugtrek nie.
36. En sy antwoord hom: My vader, as u u mond geopen het teenoor die HERE, maak met my soos uit u mond uitgegaan het nadat die HERE u volkome wraak verskaf het op u vyande, op die kinders van Ammon.
37. Verder het sy vir haar vader gesê: Laat d¡t my toegestaan word: laat my twee maande vry, dat ek kan weggaan en afdaal na die berge en my maagdelike staat beween, ek en my vriendinne.
38. En hy sê: Gaan! En hy het haar vir twee maande laat gaan. Sy het toe weggegaan met haar vriendinne en haar maagdelike staat op die berge beween.
39. En aan die end van twee maande het sy na haar vader teruggekom, en hy het die gelofte wat deur hom gedoen is, aan haar voltrek; en sy het geen man beken nie. En dit het 'n gewoonte geword in Israel
40. dat die dogters van Israel jaar vir jaar heengaan om die dogter van Jefta, die Gileadiet, te besing, vier dae in die jaar.

Regters 12:1-15
1. En die manne van Efraim is saamgeroep en het oorgetrek na Safon toe en vir Jefta gesê: Waarom het u deurgetrek om teen die kinders van Ammon te veg en ons nie geroep om saam met u te trek nie? Ons sal u huis bo u met vuur verbrand.
2. Maar Jefta sê vir hulle: Ek en my volk het 'n hewige twis met die kinders van Ammon gehad, en ek het julle opgeroep, maar julle het my nie uit hulle hand verlos nie.
3. En toe ek sien dat jy nie help nie, het ek my lewe gewaag en deurgetrek na die kinders van Ammon; en die HERE het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my oorlog te voer?
4. Daarop versamel Jefta al die manne van G¡lead om teen Efraim te veg; en die manne van G¡lead het Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: Julle, Gileadiete, is vlugtelinge van Efraim, in die midde van Efraim en Manasse.
5. En G¡lead het die Efraimiete van die Jordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge van Efraim sê: Ek wil deurgaan -- dan vra die manne van G¡lead vir hom: Is jy 'n Efraimiet? As hy sê: Nee,
6. dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in die tyd van Efraim twee en veertig duisend man geval.
7. En Jefta het Israel ses jaar lank gerig; en Jefta, die Gileadiet, het gesterwe en is begrawe in een van die stede van G¡lead.
8. En nhom het Ebsan, uit Betlehem, Israel gerig.
9. En hy het dertig seuns gehad, en dertig dogters het hy uitgehuwelik en van buite af dertig dogters vir sy seuns ingebring; en hy het Israel sewe jaar lank gerig.
10. En Ebsan het gesterwe en is begrawe in Betlehem.
11. En nhom het Elon, die Sebuloniet, Israel gerig; en hy het Israel tien jaar lank gerig.
12. En Elon, die Sebuloniet, het gesterwe en is begrawe in Ajalon, in die land S,bulon.
13. En nhom het Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, Israel gerig.
14. En hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehad wat op sewentig jong esels gery het; en hy het Israel agt jaar lank gerig.
15. En Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, het gesterwe en is begrawe in P¡reaton, in die land Efraim, op die gebergte van die Amalekiete.

Psalms 50:7-17
7. Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God!
8. Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My.
9. Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie;
10. want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende.
11. Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My.
12. As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid.
13. Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink?
14. Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;
15. en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
16. Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond --
17. terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp?

Spreuke 14:28-28
28. In die menigte van die volk lê die heerlikheid van die koning, maar in die gebrek aan mense die ondergang van die vors.

Lukas 17:1-19
1. En Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom.
2. Dit is beter vir hom as 'n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel.
3. Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.
4. En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op 'n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou -- moet jy hom vergewe.
5. Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof.
6. En die Here sê: As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant -- en hy sou julle gehoorsaam wees.
7. En wie is daar van julle wat 'n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?
8. Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink?
9. Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.
10. So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.
11. En op sy reis na Jerusalem het Hy deur Samar¡a en Galil,a gegaan.
12. En toe Hy in 'n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, wat op 'n afstand bly staan het.
13. En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons barmhartig!
14. En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.
15. En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met 'n groot stem verheerlik.
16. En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was 'n Samaritaan.
17. Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?
18. Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?
19. En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.