A A A A A
Bybel in een jaar
Maart 8

Getalle 13:1-33
1. En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
2. Stuur vir jou manne uit, dat hulle die land Kana„n wat Ek aan die kinders van Israel sal gee, kan verken. Van elke vaderlike stam moet julle een man stuur, elkeen 'n owerste onder hulle.
3. En Moses het hulle uitgestuur uit die woestyn Paran, volgens die bevel van die HERE -- hulle almal manne wat hoofde was van die kinders van Israel.
4. En dit is hulle name: Van die stam van Ruben: S mmua, die seun van Sakkur.
5. Van die stam van S¡meon: Safat, die seun van Hori.
6. Van die stam van Juda: Kaleb, die seun van Jefunne.
7. Van die stam van Issaskar: J¡geal, die seun van Josef.
8. Van die stam van Efraim: Hos,a, die seun van Nun.
9. Van die stam van Benjamin: Palti, die seun van Rafu.
10. Van die stam van S,bulon: G ddiël, die seun van Sodi.
11. Van die stam van Josef, vir die stam van Manasse: Gaddi, die seun van Susi.
12. Van die stam van Dan: Amm¡ël, die seun van Gem lli.
13. Van die stam van Aser: Setur, die seun van M¡gael.
14. Van die stam van N ftali: Nagbi, die seun van Wofsi.
15. Van die stam van Gad: G,huel, die seun van Magi.
16. Dit is die name van die manne wat Moses gestuur het om die land te verken; En Moses het Hos,a, die seun van Nun, Josua genoem.
17. En Moses het hulle gestuur om die land Kana„n te verken en vir hulle gesê: Trek hier in die Suidland op en beklim die gebergte.
18. En bekyk die land, hoe dit is, en die volk wat daarin woon, of dit sterk of swak, of dit min of baie is;
19. en hoe die land is waar hulle in woon, of dit goed of sleg is; en hoe die stede is waar hulle in woon, laers of vestings;
20. ook hoe die land is, of dit vet of skraal is, of daar bome in is of nie; en wees dapper en bring van die vrugte van die land saam. Dit was toe die tyd van die eerste druiwe.
21. En hulle het opgetrek en die land verken van die woestyn Sin af tot by Rehob, na die ingang van Hammat --
22. hulle het in die Suidland opgetrek en tot by Hebron gekom; en daar was Ah¡man, Sesai en Talmai, die kinders van die Enakiete. En Hebron is sewe jaar voor Soan in Egipte gebou.
23. Daarop het hulle tot by die dal Eskol gekom en daar 'n rank met een tros druiwe afgesny, en twee het dit aan 'n draagstok gedra; ook van die granate en van die vye.
24. Di, plek het hulle die dal Eskol genoem vanweë die tros wat die kinders van Israel daar afgesny het.
25. En nverloop van veertig dae het hulle teruggekom van die land te verken.
26. En hulle het weggegaan en by Moses en A„ron en die hele vergadering van die kinders van Israel gekom in die woestyn Paran, in Kades, en aan hulle berig gebring, en aan die hele vergadering en hulle die vrugte van die land laat sien.
27. En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning, en d¡t is sy vrugte.
28. Maar die volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien.
29. Die Amalekiete woon in die Suidland, maar die Hetiete en Jebusiete en Amoriete woon in die gebergte, en die Kana„niete woon by die see en aan die kant van die Jordaan.
30. Toe het Kaleb die volk stil gemaak teenoor Moses en gesê: Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig.
31. Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het gesê: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons.
32. So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is 'n land wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is groot manne.
33. Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë.

Getalle 14:1-45
1. Toe het die hele vergadering uitgeroep -- hulle het hul stem verhef, en die volk het die nag geween.
2. En al die kinders van Israel het gemurmureer teen Moses en teen A„ron, en die hele vergadering het aan hulle gesê: Ag, as ons maar in Egipteland gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het!
3. En waarom bring die HERE ons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal 'n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie?
4. En hulle sê vir mekaar: Laat ons 'n hoof aanstel en na Egipte teruggaan.
5. Toe het Moses en A„ron op hulle aangesig geval voor die hele vergadering van die gemeente van die kinders van Israel.
6. En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefunne, twee van die wat die land verken het, het hulle klere geskeur
7. en die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is 'n buitengewoon goeie land.
8. As die HERE 'n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning.
9. Wees net nie teen die HERE opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die HERE is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!
10. Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig moet word. Maar die heerlikheid van die HERE het in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel.
11. Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het?
12. Ek sal hulle met die pes tref en hulle uitroei; en Ek sal jou 'n groter en sterker nasie maak as hulle.
13. Toe het Moses aan die HERE gesê: Maar die Egiptenaars het gehoor dat U deur u krag hierdie volk onder hulle uit laat optrek het
14. en dit aan die inwoners van hierdie land gesê. Hulle het gehoor dat U, HERE, in die midde van hierdie volk is; dat U, HERE, duidelik waarneembaar verskyn; dat u wolk oor hulle staan en U in 'n wolkkolom voor hulle uit trek bedags en in 'n vuurkolom by nag.
15. As U nou hierdie volk soos een man ombring, dan sal die nasies wat die tyding aangaande U gehoor het, spreek en sê:
16. Omdat die HERE hierdie volk nie kon inbring in die land wat Hy hulle met 'n eed beloof het nie, het Hy hulle in die woestyn omgebring.
17. Laat dan nou tog die krag van die HERE groot word, soos U gespreek het deur te sê:
18. Die HERE is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag.
19. Vergeef tog die ongeregtigheid van hierdie volk na die grootheid van u goedertierenheid, en soos U hierdie volk van Egipte af tot hiertoe vergewe het.
20. Toe sê die HERE: Ek vergewe, volgens jou woord.
21. Maar so waar as Ek leef en die hele aarde van die HERE se heerlikheid vol sal word,
22. al die manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, en My nou al tien maal versoek het en na my stem nie geluister het nie,
23. hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het nie, ja, almal wat My verag het, sal dit nie sien nie.
24. Maar my kneg Kaleb, omdat 'n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg -- hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.
25. Die Amalekiete en die Kana„niete woon in die laagte -- draai môre weg en trek tog die woestyn in, op pad na die Skelfsee.
26. Daarna het die HERE met Moses en A„ron gespreek en gesê:
27. Hoe lank sal hierdie bose vergadering aanhou dat hulle teen My murmureer? Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen My bly murmureer.
28. Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die HERE, waarlik, soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen.
29. Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het.
30. Waarlik, julle sal nie in die land kom waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefunne, en Josua, die seun van Nun.
31. En julle kinders waarvan julle gesê het: Hulle sal 'n buit word -- die sal Ek inbring en die sal die land leer ken wat julle verwerp het.
32. Maar julle lyke sal in hierdie woestyn lê.
33. En julle kinders sal soos herders rondtrek in die woestyn, veertig jaar lank, en sal so die gevolge van julle hoerery dra totdat julle lyke in die woestyn verteer is.
34. Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul ongeregtighede dra, veertig jaar lank, en my teëstand gewaar word.
35. Ek, die HERE, het dit gespreek; waarlik, dit sal Ek aan hierdie hele bose vergadering doen wat teen My bymekaargekom het. Hulle sal in hierdie woestyn omkom en daar sterwe.
36. En die manne wat Moses gestuur het om die land te verken en wat nhulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat murmureer het deur 'n slegte gerug aangaande die land te versprei,
37. die manne wat 'n slegte gerug aangaande die land versprei het, het gesterwe deur 'n plaag voor die aangesig van die HERE.
38. Maar van die manne wat die land gaan verken het, het Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefunne, in die lewe gebly.
39. En toe Moses hierdie woorde aan al die kinders van Israel gesê het, het die volk baie getreur
40. en die môre vroeg klaargemaak en op die top van die berg geklim en gesê: Hier is ons, en ons wil optrek na die plek wat die HERE gesê het, want ons het gesondig.
41. Maar Moses het gesê: Waarom oortree julle tog die bevel van die HERE, aangesien dit tog nie sal geluk nie?
42. Moenie optrek nie, want die HERE is nie in julle midde nie -- anders word julle verslaan voor julle vyande.
43. Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van die HERE afvallig geword het, daarom sal die HERE nie met julle wees nie.
44. Nogtans het hulle vermetel gehandel om op die top van die berg te klim; maar die verbondsark van die HERE en Moses het nie uit die laer gewyk nie.
45. Toe het die Amalekiete en die Kanaäniete wat in die gebergte woonagtig was, afgekom en hulle verslaan en hulle verstrooi tot by Horma.

Psalms 31:19-24
19. Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige.
20. o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!
21. U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in 'n hut vir die twis van die tonge.
22. Geloofd sy die HERE, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in 'n vaste stad.
23. Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.
24. Julle moet die HERE liefhê, al sy gunsgenote! Die HERE bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel. [ (Psalms 31:25) Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag! ]

Spreuke 11:15-15
15. Baie sleg word iemand behandel as hy vir 'n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig.

Markus 10:32-52
32. En hulle was op die pad terwyl hulle opgaan na Jerusalem, en Jesus het voor hulle uit gegaan, en hulle was verbaas; en terwyl hulle volg, het hulle gevrees. En Hy het weer die twaalf by Hom geneem en aan hulle begin vertel die dinge wat met Hom sou gebeur.
33. Kyk, sê Hy, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en die skrifgeleerdes, en hulle sal Hom tot die dood veroordeel en Hom oorlewer aan die heidene;
34. en hulle sal Hom bespot en Hom g,sel en op Hom spuug en Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.
35. En Jakobus en Johannes, die seuns van Sebed,s, het na Hom gekom en gesê: Meester, ons wil hê dat U vir ons moet doen wat ons U ook al mag vra.
36. En Hy sê vir hulle: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?
37. En hulle antwoord Hom: Gee aan ons dat ons mag sit in u heerlikheid, een aan u regter-- en een aan u linkerhand.
38. Maar Jesus sê vir hulle: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word?
39. En hulle antwoord Hom: Ons kan. Maar Jesus sê vir hulle: Dis waar, die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word;
40. maar om te sit aan my regter-- en aan my linkerhand, berus nie by My om te gee nie, maar dit is vir hulle vir wie dit berei is.
41. En toe die tien dit hoor, begin hulle verontwaardig te word oor Jakobus en Johannes.
42. Maar Jesus het hulle na Hom geroep en vir hulle gesê: Julle weet dat die wat gereken word as owerstes van die nasies, oor hulle heers, en dat hulle groot manne oor hulle gesag uitoefen;
43. maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.
44. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees.
45. Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.
46. En hulle het in J,rigo gekom. En toe Hy en sy dissipels en 'n aansienlike skare uit J,rigo uitgaan, sit die blinde man, Bartim,s, die seun van Tim,s, langs die pad en bedel.
47. En toe hy hoor dat dit Jesus die Nasar,ner was, begin hy om uit te roep en te sê: Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig!
48. En baie het hom bestraf, dat hy moet stilbly; maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!
49. Toe gaan Jesus staan en sê dat hy geroep moes word; en hulle roep die blinde man en sê vir hom: Hou goeie moed, staan op! Hy roep jou.
50. En hy gooi sy oorkleed af, staan op en kom na Jesus toe.
51. En Jesus antwoord en sê vir hom: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En die blinde man sê vir Hom: Rabboni, dat ek mag sien.
52. En Jesus sê vir hom: Gaan, jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.