|
|
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. |
2 |
Hy was in die begin by God. |
3 |
Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. |
4 |
In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. |
5 |
En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. |
6 |
Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. |
7 |
Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo. |
8 |
Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. |
9 |
Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. |
10 |
Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. |
11 |
Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. |
12 |
Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; |
13 |
wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is. |
14 |
En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon -- en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom -- vol van genade en waarheid. |
15 |
Johannes getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat n my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek. |
16 |
En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. |
17 |
Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. |
18 |
Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, die het Hom verklaar. |
19 |
En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u? |
20 |
En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie. |
21 |
Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u El¡a? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee. |
22 |
Toe sê hulle vir hom: Wie is u? -- dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself? |
23 |
Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het. |
24 |
En die wat gestuur was, was uit die Fariseërs. |
25 |
En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of El¡a of die profeet is nie? |
26 |
Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie -- |
27 |
dit is Hy wat n my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie. |
28 |
Dit het gebeur in Bet bara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop. |
29 |
Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: D r is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! |
30 |
Dit is Hy van wie ek gesê het: N my kom 'n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek. |
31 |
En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop. |
32 |
En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos 'n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly. |
33 |
En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop. |
34 |
En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is. |
35 |
Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels; |
36 |
en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: D r is die Lam van God! |
37 |
En die twee dissipels het hom dit hoor sê en Jesus gevolg. |
38 |
En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle: |
39 |
Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi -- dit wil sê, as dit vertaal word, Meester -- waar is U tuis? |
40 |
Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en die dag by Hom gebly. En dit was omtrent die tiende uur. |
41 |
Andr,as, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het. |
42 |
Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Mess¡as gevind -- dit is, as dit vertaal word, die Christus. |
43 |
En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word C,fas, wat vertaal word Petrus. |
44 |
Die volgende dag wou Jesus na Galil,a vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My. |
45 |
En Filippus was van Bets ida, uit die stad van Andr,as en Petrus. |
46 |
Filippus het Nat nael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van N saret. |
47 |
En Nat nael sê vir hom: Kan daar uit N saret iets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk. |
48 |
Daarop sien Jesus Nat nael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie. |
49 |
Nat nael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien. |
50 |
Nat nael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel! |
51 |
Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit. [ (John 1:52) En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens. ] |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |