Ou Testament
Nuwe Testament
Afrikaans Bible 1933/1953
← 98

Psalms 99

100 →
1

Die HERE is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die g,rubs; laat die aarde sidder!

2

Die HERE is groot in Sion, en verhewe is Hy bo al die volke.

3

Laat hulle u grote en gedugte Naam loof! Heilig is Hy!

4

Ook die sterkte van die Koning wat die reg liefhet. U het bevestig wat regverdig is; U het reg en geregtigheid gedoen in Jakob.

5

Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy!

6

Moses en A„ron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die HERE aangeroep, en Hy het hulle verhoor.

7

In die wolkkolom het Hy met hulle gespreek. Hulle het sy getuienisse onderhou en die insetting wat Hy hulle gegee het.

8

o HERE onse God, U het hulle verhoor, U was vir hulle 'n vergewende God en Een wat wraak oefen oor hulle dade.

9

Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor sy heilige berg. Want heilig is die HERE onse God.

Afrikaans Bible 1933/1953
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou