|
|
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
By U, o HERE, skuil ek: laat my nie vir altyd beskaamd staan nie! |
2 |
Red my deur u geregtigheid en bevry my; neig u oor tot my en verlos my! |
3 |
Wees vir my 'n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting. |
4 |
My God, red my uit die hand van die goddelose, uit die mag van hom wat onreg doen, en van die geweldenaar. |
5 |
Want U is my verwagting, Here HERE, my vertroue van my jeug af. |
6 |
Op U het ek gesteun van die geboorte af, van die moederskoot af is U my bevryder; oor U is my lof altyddeur. |
7 |
Ek was vir baie soos 'n wonder; maar U is my magtige toevlug. |
8 |
My mond is vol van u lof, die hele dag van u roem. |
9 |
Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie. |
10 |
Want my vyande praat van my, en die wat op my lewe loer, hou saam raad |
11 |
en sê: God het hom verlaat; agtervolg en gryp hom, want daar is geen redder nie! |
12 |
o God, wees nie ver van my af nie; my God, maak tog gou om my te help! |
13 |
Laat hulle wat my as vyand behandel, beskaamd staan, verteer word; laat hulle wat my ongeluk soek, hulleself toedraai in smaad en skande. |
14 |
Maar ,k sal altyddeur hoop en al u lof vermeerder. |
15 |
My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie. |
16 |
Ek sal kom met die magtige dade van die Here HERE; ek sal u geregtigheid vermeld, die van U alleen. |
17 |
o God, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe verkondig ek u wonders. |
18 |
En ook tot die ouderdom en die grysheid toe -- o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag. |
19 |
Ook is u geregtigheid, o God, tot in die hoogte; U wat groot dinge gedoen het, o God, wie is soos U? |
20 |
U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde. |
21 |
Vermeerder my grootheid, en wend U om en troos my. |
22 |
So wil ek U dan ook loof met die instrument van die harp, u trou, my God! Ek wil psalmsing tot u eer op die siter, o Heilige van Israel! |
23 |
My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer, en my siel, wat U verlos het. |
24 |
Ook sal my tong u geregtigheid die hele dag prys, want hulle het beskaamd gestaan, want hulle wat my ongeluk soek, het rooi van skaamte geword. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |