|
|
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
Vir die musiekleier. 'n Lied. 'n Psalm. Juig tot eer van God, o ganse aarde! |
2 |
Besing die eer van sy Naam, maak heerlik sy lofsang! |
3 |
Sê tot God: Hoe vreeslik is u werke! Deur die grootheid van u sterkte sal u vyande kruipende na U toe kom. |
4 |
Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela. |
5 |
Kom en aanskou die dade van God, Hy wat gedug is in werking oor die mensekinders. |
6 |
Hy het die see verander in droë land; hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar was ons bly in Hom. |
7 |
Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela. |
8 |
Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem -- |
9 |
wat aan ons siel die lewe gee en nie toelaat dat ons voet wankel nie. |
10 |
Want U het ons getoets, o God, U het ons gelouter soos 'n mens silwer louter. |
11 |
U het ons in die net gebring, 'n swaar las op ons heupe gelê. |
12 |
U het mense oor ons hoof laat ry; ons het in die vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed. |
13 |
Ek sal met brandoffers in u huis ingaan; ek sal U my geloftes betaal, |
14 |
wat my lippe geuit en my mond uitgespreek het toe ek benoud was. |
15 |
Brandoffers van vet diere sal ek U bring saam met offerrook van ramme; ek sal beeste saam met bokke berei. Sela. |
16 |
Kom luister, en laat my vertel, julle almal wat God vrees, wat Hy aan my siel gedoen het. |
17 |
Ek het Hom aangeroep met my mond, en lofgesang was onder my tong. |
18 |
As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie. |
19 |
Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed. |
20 |
Geloofd sy God wat my gebed nie afgewys en sy goedertierenheid aan my nie onttrek het nie! |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |