|
|
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
Vir die musiekleier. 'n Onderwysing van Dawid. |
2 |
toe Doëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahim,leg ingegaan. |
3 |
Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige? Die goedertierenheid van God duur die hele dag! |
4 |
Jou tong beraam onheil, soos 'n geslypte skeermes, o werker van bedrog! |
5 |
Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela. |
6 |
Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong! |
7 |
So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela. |
8 |
En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê: |
9 |
Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid! [ (Psalms 52:10) Maar ek sal wees soos 'n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd. ] [ (Psalms 52:11) Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want die is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote. ] |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |