|
|
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
'n Bedevaartslied. Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af -- laat Israel dit sê -- |
2 |
alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; tog het hulle my nie oorwin nie. |
3 |
Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek. |
4 |
Die HERE is regverdig: Hy het die toue van die goddelose afgekap. |
5 |
Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat. |
6 |
Laat hulle word soos gras op die dakke wat verdor voordat 'n mens dit uittrek, |
7 |
waarmee die maaier sy hand en die gerwebinder sy arm nie vul nie. |
8 |
Sodat die wat verbygaan, nie sê nie: Die seën van die HERE oor julle! Ons seën julle in die Naam van die HERE. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |