|
|
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel! |
2 |
Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed! |
3 |
Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel. |
4 |
Kyk, so sal sekerlik geseënword die man wat die HERE vrees. |
5 |
Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe! |
6 |
En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel! |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |