Bybelkeuse
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
'n Bedevaartslied. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom. |
2 |
Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen. |
3 |
Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly! |
4 |
o HERE, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland. |
5 |
Die wat met trane saai, sal met gejubel maai. |
6 |
Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |