Bybelkeuse
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
'n Bedevaartslied. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my. |
2 |
o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong! |
3 |
Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong? |
4 |
Skerp pyle van 'n held saam met gloeiende kole van besembosse. |
5 |
Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon! |
6 |
Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat. |
7 |
Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |