Bybelkeuse
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! |
2 |
Dit moet die verlostes van die HERE sê, wat Hy uit die nood verlos het |
3 |
en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af. |
4 |
Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; 'n stad om in te woon het hulle nie gevind nie. |
5 |
Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag. |
6 |
Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered. |
7 |
En Hy het hulle gelei op 'n regte pad om te gaan na 'n stad om in te woon. |
8 |
Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; |
9 |
want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul. |
10 |
Die wat in duisternis en doodskaduwee gesit het, gevang in ellende en ysters -- |
11 |
omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het, |
12 |
het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie. |
13 |
Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos. |
14 |
Hy het hulle uit duisternis en doodskaduwee laat uitgaan en hulle bande verbreek. |
15 |
Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; |
16 |
want Hy het koperdeure verbreek en ystergrendels stukkend geslaan. |
17 |
Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is -- |
18 |
hulle siel het 'n afsku gehad van elke soort voedsel, en hulle het tot by die poorte van die dood gekom. |
19 |
Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos. |
20 |
Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red. |
21 |
Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; |
22 |
en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel. |
23 |
Die wat na die see toe afdaal in skepe, wat handel drywe op die groot waters -- |
24 |
hulle het die werke van die HERE gesien en sy wonders in die diepte. |
25 |
Want Hy het gespreek en 'n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het. |
26 |
Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes -- hulle siel het vergaan van wee. |
27 |
Hulle het getuimel en gewaggel soos 'n dronk man, en al hulle wysheid is verwar. |
28 |
Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei. |
29 |
Hy het die storm 'n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword. |
30 |
Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte. |
31 |
Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders. |
32 |
En laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom roem in die kring van die oudstes. |
33 |
Hy het riviere 'n woestyn gemaak en waterfonteine 'n dorsland, |
34 |
vrugbare land 'n brak aarde, oor die boosheid van die wat daarin woon. |
35 |
Hy het die woestyn 'n waterplas gemaak en die dor land waterfonteine; |
36 |
en Hy het hongeriges daar laat bly, en hulle het 'n stad gestig om in te woon. |
37 |
En hulle het lande gesaai en wingerde geplant wat vrugte as opbrings verskaf het. |
38 |
En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee het Hy nie min gemaak nie. |
39 |
Toe het hulle min geword en weggesink deur die druk van onheil en kommer -- |
40 |
Hy wat veragting uitstort oor edeles en hulle laat dwaal in 'n woeste wêreld, sonder pad -- |
41 |
Hy het die behoeftige beskerm teen verdrukking en die geslagte soos kuddes gemaak. |
42 |
Die opregtes sien dit en is bly, maar alle ongeregtigheid hou sy mond toe. |
43 |
Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenhede van die HERE. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |