|
|
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê: |
2 |
Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond 'n geweldige wind wees? |
3 |
Sou God die reg verdraai, of die Almagtige die geregtigheid krenk? |
4 |
As jou kinders teen Hom gesondig het, het Hy hulle aan hul oortreding oorgegee. |
5 |
As jy na God soek en die Almagtige om genade smeek, |
6 |
as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid; |
7 |
dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot. |
8 |
Want doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het; |
9 |
sal hulle jou nie leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie? |
10 |
Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water? |
11 |
Nog is dit in sy volle groei -- sonder dat dit afgepluk word -- dan verdor dit voor al die ander gras. |
12 |
So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose; |
13 |
sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is 'n spinnerak. |
14 |
Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie. |
15 |
Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin. |
16 |
Sy wortels is gevleg oor 'n hoop klippe heen, 'n kliphuis deurboor hy. |
17 |
As Hy hom vernietig uit sy plek, sal dit hom verloën en sê: Ek het jou nie gesien nie. |
18 |
Kyk, dit is die vreugde van sy lewensweg, en uit die stof spruit daar ander uit! |
19 |
Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie. |
20 |
Terwyl Hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig, |
21 |
sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose -- weg is dit! |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |